NET SOOS JY IS…

EK skryf gewoonlik ‘n stukkie vir die voorblad van ons gemeente se blaadjie wat op Sondae uitgegee word. Hierdie Sondag sal hierdie stukkie op die voorblad wees:

NET SOOS JY IS

Kom net soos jy is…

Jy hoef nie mooi aan te trek nie. Jy hoef ook nie ‘n spesifieke ouderdom te wees nie. Ons gee selfs nie om vir wie jy in die laaste verkiesing gestem het en vir wie jy in die volgende verkiesing gaan stem nie. En… moet asseblief nie die gevoel kry dat jy oor enige iets moet voorgee om iemand anders te wees nie. Ons wil jou graag ken vir wie jy regtig is.

NG Bergsig is ‘n gemeente waar ons graag wil sien dat die Here soekende mense ontmoet wat alles behalwe foutloos en volmaak is. Dit beteken dat jy welkom is in ons gemeente, ongeag waar jy op jou geestelike reis is – selfs al is jy nie op hierdie stadium seker of jy glo en wat jy glo nie. Kom en leer hier teen jou eie pas. Vra vrae. Soek. Ons glo dat jy hier sal vind waarna jy soek. Eintlik nooi ons jou om saam met ons te kom soek. Daar is sekere dinge waaroor ons nie twyfel nie, daar is ander dinge waaroor ons wel twyfel. Daar is dae wat ons op geestelike wolke loop, daar is dae wanneer ons ons knieë nerf af val.

Jy kan hier leer hoe om in ‘n persoonlike verhouding met die Here te leef en ook hoe om in ‘n verhouding met ander mense te leef. En hierdie is die bonus – Jy gaan verander.

Kom net soos jy is.

Veronderstel jy stap vandag in die straat af en jy sien in ‘n vuilgoedsak en daar steek ‘n hoekie uit van iets wat soos ‘n skildery lyk. Jy gaan nader en jy sien dit is inderdaad ‘n skildery, maar ‘n skildery wat vuil en verwaarloos en op plekke selfs vol modder is. Omdat die skildery jou aandag trek haal jy die skildery uit die sak en ‘n rukkie later ontdek jy dat dit een van Rembrandt se meesterstukke is. Skielik besef jy dat as jy die skildery skoon probeer kry, gaan jy baie skade aanrig en aangesien jy die onmeetbare waarde van die meesterstuk besef, neem jy dit na ‘n kunsmeester wat weet wat hy doen en met sorg en respek die werk van die meester sal herstel en restoureer. Waarskynlik sal jy self help om skoon te maak, sodat die skildery weer kan wees wat Rembrandt bedoel het dit moet wees.

Hier in NG Bergsig wil ons jou graag hanteer soos een van die Here se meesterstukke. Ons gaan self nie te veel probeer om jou heel te maak en te herstel en te restoureer nie, ons  gaan by die Meester uitbring, sodat Hy jou kan maak wat Hy bedoel het jy moet wees.

Kom net soos jy is…

13 thoughts on “NET SOOS JY IS…

Add yours

  1. Moresê, Doom!

    Verskoon my – daar MOET ligter oomblikke ook by die tafel wees:
    Daar is dit nou – en Doom vertel ons nooit dat Doom ‘n graad in reklamewese het nie?!

    Ernstig:
    Doom, hierdie hierbo is meesterlik verwoord. Verstaan mooi: die opregtheid; die nederigheid, gits, ek kan skoon liries raak … man, DIS waarvan ek altyd praat en waarna ek altyd verwys wanneer ek sê ek ervaar Doom as opreg en ‘n ordentlike mens!

    Dis kompleet asof God self hierdie uitnodiging rig.

    Terloops Doom, vanmore buig ek die hoof in ‘n oomblik se stilte en dank die Groot Rembrandt vir Sy moeite met die koffietafeldoom en veral vir Sy volharding om sy koffietafeldoom-skildery in stand te hou. Deur na skilderye, meesterstukke, te kyk, leer ons meer van die Skilder – altyd ‘n voorreg om na die koffietafeldoom-meesterstuk te kyk.

    Groete
    jou ou vriend

  2. Kom net soos jy is… …ons gaan jou by die Meester uitbring, sodat Hy jou kan maak wat Hy bedoel het jy moet wees. Wonderlik – dis ‘n baie mooi stukkie/uitnodiging!!

  3. Almal van julle: Dankie… ek leer maar soos ek gaan en die negatiewe en positiewe opmerkings op die blog laat my gedagtes oortyd werk. Hierdie is nou maar een uitvloeisel van wat ek hier leer.

  4. Ek het gekom net soos ek was, maar ek het nie gebly net soos ek was nie. Doom sê baie keer: ‘I ain’t what I ought to be, but thank God I ain’t what I used to be.”

  5. Wie gaan nou nie tuis voel in so ‘n gemeente nie?
    Ek dink nou skielik aan die OUUUUU Haleluja liedjie….”Saggies en teer is die Roepstem van Jesus.” Onthou jy dit Doom? Hierdie is vir my saggies en teer!

  6. Dagsê Doom

    Xander het nodig om te meld dat Saggies en Teer vir vir altyd en ‘n dag vir Xander die mooiste onthou na vore sal bring. Kierts! Doom, daai Saggies en Teer is engelwoorde.

  7. Saggies en teer is die manier waarop God met ons werk. As dit nie meer saggies en teer is nie, is dit die meeste van die kere die gevolge van ons keuse of iemand anders se keuse. Soms – is dit ook maar net omdat ons gebroke mense in ‘n gebroke werklikheid is, op pad na die dag wanneer God alles nuut sal maak.

  8. Attie
    Dankie vir die wyse waarop jy die Kerk ‘n plek maak waar “almal” welkom is, nie net mense wat ” gemaklik en korrek ” in die gemeentes in pas en ‘n persepsie skep dat die Kerk net vir sekeres bedoel is.
    Ons lewe in tyd vlak waar sekere groepe mense verwerp word of “nie-kwalifiseer” word om deel te wees van ‘n werkersmag, samelewing of ekonomie nie.
    Baie mense het die Kerke nou meer as ooit nodig.
    Ek was kwaad vir die Here en het uit frustrasie in die stilte vir Hom hande geklap of in my binneste geskree uit frustrasie, waneer ek gesien het hoe “lekker” godelose mense deur die lewe wandel. Ek is jammer vir my rebelse houding teenoor God en vra om vergifnis daarvoor. Ek verstaan nou eers dat ek ‘n keuse het om dit as ‘n geleentheid te gebruik om geestelik te groei of myself verder van God te dryf.
    Dit is ‘n daaglikse stryd en ek vra ander Christenne om vir mense soos ek ander gelowiges te bid om sterker te wees in tye soos die……….ek hoop die Kerk aanvaar ook mense soos ek…

  9. Marcus: Jy is welkom hier – en sou selfs in ons gemeente gewees het. Ek dink die Here ontmoet elke een van ons waar ons ook al is, en van daar stap Hy met ons aan.

  10. Marcus,
    Sorry my previous comment didnt go through
    apologies, should this be a duplicate.

    You know so many Christians wear a mask
    What i like about you is that you are real with God!!
    You keep on being real with God, Trust me, He hears
    you and He sees you my friend.
    Please remember that its God accepting you and not the church.
    i cannot be bothered if the church accepts me or not,
    God said, there is therefore NO condemnation for those who are in Christ Jesus, and we are. The only thing with me, is I am real with Him. Tell Him when I am upset, sometimes shouts…screams at Him, Yes i do repent, But I am real with Him

    You are in Jesus! And this walk with Him is not easy but we are IN GRACE in His Love!

    Blessings

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: