IN TRANSITO

Die  twee grootste godsdiens-groepe in die wêreld is die Christene (2.1 Biljoen – 33%) en Islam (1.5 Biljoen – 21%). Die nie-godsdienstiges is die derde grootste groep (1.1 Biljoen – 16%). Die Jode is ‘n baie kleiner groep (14 Miljoen -0.22%) Die drie godsdienste (Christene; Islam en Jode) het al drie hulle oorsprong in Abraham, terwyl ‘n mens kan sê dat beide die Christene en Islam uitvloeisels is van die Joodse Godsdiens.  Tesame vorm die drie ongeveer 54% van die wêrelds se bevolking. (Ek probeer nie ‘n getalle oorwig redenasie opbou nie.)

In sy boek “Finding our Way Again” skryf Brian McClaren: “And of course they wield an influence that affects 100 percent of the planet’s six plus billion living human beings, not to mention the uncounted trillions of human beings who will someday exist unless aggresive and suicidal elements in these three religions drive us to extinction. No doubt, much of the influende of these religions is positive, but these days, many of us are worried that any two of the three of them could get us all nuked.”

Hy skryf verder: “How appropriate that the three Abrahamic religions begin with a journey into the unknown.”

Ek het my Christelike en selfs teologiese tande geslyp op die beginsel van geloofsekerheid. ‘n Tyd toe apologetiek (Ek sou dit noem die verdediging van die Christelike geloof.) een van die belangriker onder afdelings van dogmatiek was.  Vir byna elke enkele argument wat enige iemand kon aanvoer , was daar veronderstel om ‘n teenargument te wees. Meer onlangs het ek egter al hoe meer daarvan bewus geraak dat elke teenargument natuurlik opgevolg kan word met ‘n volgende teenargument van die ander party. So sal ons nêrens kom nie. Kan ons nie maar ooreenkom om van mekaar te verskil en in liefde uit mekaar gaan nie?

Ek wil graag hierdie “apologetiese” aanpak van die Christelike geloof agter my laat. Ek wil veel eerder soos Abraham my reis as ‘n volgeling van Jesus (Soos waarskynlik die eerste volgelinge van Jesus in die eerste gemeentes ook.) wil sien as ‘n “journey into the unknown.” Op hierdie weg sal ek meer en meer moet sê wat John Burke sê: “I can totally see why that makes sense for you, but its just not for me.”

Ek kom uit ‘n era waar die geloofwaardigheid van die boodskap gemeet is aan die kennis van die boodskapper en die oortuigingskrag waarmee hy daardie kennis kan oordra.  Tye het verander. Soos ‘n goeie vriend  en studentemaat van my, onlangs vir my gesê: “Jy kan my aanhaal as jy wil, maar moenie verwag dat ek onder ‘n verpligting staan om more nog dieselfde te dink en te voel nie.”

Op hierdie stadium dink dat ek nie die inhoud van die boodskap en die lewe van die boodskapper kan van mekaar geskei nie. Argumente gaan nie meer mense oortuig nie. Wys ‘n geloof wat aantrek-lik is en mense sal dit oorweeg, anders gaan niemand belangstel nie in die boodskap wat ‘n mens verkondig nie.

Nog eens John Burke: “… anthropology and missiology have both demonstrated that the most effective efforts do not try to change the culture but rather contextualize the message of Christ for each unique culture.”

Dit is waarskynlik die reis na die onbekende – die kontekstualisering van die Christelike boodskap. Die Christelike boodskap kan op baie maniere verwoord word, by hierdie geleentheid verkies ek om te sê dit is die versoening wat God in sy liefde vir elkeen van ons bewerk het deur die sterwe en opstanding van sy Seun Jesus Christus. Hierdie boodskap verkondig ons deurdat … ons met huiwering die evangelie van God se liefde op ‘n gebroke wyse in ‘n gebroke wêreld probeer leef.

In transito.

2 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe, Nagedink

2 responses to “IN TRANSITO

  1. ditto!

    Ek preek more uit 2 Konings 5, die bekende verhaal van Naäman en Elisa. Toe tref dit my nou vir die eerste keer waar Naäman vir Elisa vra dat hy tog maar moet verstaan as hy (Naäman) steeds saam sy koning sy ou geloofsrituele beoefen, en ELISA KLA NIE DAAROOR NIE. As kind is ons geleer dat dit totaal onaanvaarbaar sou wees, maar lyk my ander godsdienste is nie vir God ‘n bedreiging nie, en iewers werk hy ook in mense van ander gelowe, soos hy ook in Naäman se lewe begin werk het nog voor hy die eerste keer met Elisa gepraat het.

  2. Cobus: Sterkte met jou preek. Dit lyk my ons sal moet aanvaar soos, jy daar sê – God is nie bedreig deur ander godsdienste en ander gode nie, waarom moet ons wees. Jesus het selfs vir iemand gesê dat hy baie naby aan die koninkryk gekom het toe hy (Jesus) hom nie kon oortuig dat Hy (Jesus) werklik die weg en die waarheid en die lewe is nie. As Jesus nie ‘n dringendheid beleef het om alle mense te oortuig nie, waarom sal ons. Ons werk is dalk meer en meer om God aan die werk te sien in die Naäman’s rondom ons – en dan aan te sluit by dit waarmee God besig is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s