GOOI DIE KLIPPE..

Die gebrek aan vergifnis is dikwels die oorsaak van stukkende verhoudings. Vergifnis is die een saak in die lewe waar ons die meeste van die kere nie kan vergewe soos ons vergewe is nie. Verskille – selfs ernstige verskille – gebeur tussen alle mense, ook tussen Christene. Een voorbeeld van so ‘n ernstig verskil is in Handelinge 15:36-41. Die wonderlike van die gedeelte is dat die uiteinde opbouend positief is.

In die praktyk kry ons dit net eenvoudig nie reg om altyd te vergewe nie. Nie eers die mense die naaste aan ons nie, wat staan die mense met wie ek geen verbintenis het nie. Die ander kant van die munt is dat dit dikwels maklik is om iemand te vergewe met wie ek geen band het nie, as wat dit is om iemand naby aan my te vergewe.

By geleentheid het die mense ‘n vrou wat in owerspel betrap is gebring om met klippe doodgegooi te word. Klippe gooi het te make met vergifnis. In hierdie snit (1.23 Minute) van Forest Gump kom Jenny by die huis aan waar sy groot geword het. In hierdie, nou bouvallige huis, het haar pa haar gemolesteer.

Ek dink dit spreek vanself.

8 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

8 responses to “GOOI DIE KLIPPE..

  1. Andre

    Lewis Smedes het gesê: “Waiting for someone to repent before we forgive, is to surrender our future to the person who wronged us.”

  2. Kiwi

    Hello Ds. Vandag se stukkie is so waar. Vergifnis vir ons as mens is die een saak in die lewe waar ons die meeste van die kere nie kan vergewe soos ons vergewe is nie, ons kniel voor die Here en smeek om vergifnis by Hom vir ons sondes, maar as mens hou ons gereeld boek van ons naaste se skulde en kom vergifnis soms glad nie. Hoe kan ons as Christen verwag Jesus moet altyd net vergewe en vergeet terwyl ons nie dieselfde vir ons medemens wil doen nie? Ek dink ons moet twee keer dink of ons nie ‘n vergifnis aan iemand anders skuldig is voor ons vergifnis by Jesus vir onsself vra nie.

  3. ??????

    Hierdie stukkie oor Jenny is aangrypend. Forest se woorde sê alles.

  4. Ek het ‘n waardevolle les geleer oor vergifnis in die boek genaamd ‘The Hiding Place’ deur Corrie ten Boom. Die boek het regtig my die lewe in ‘n ander lig laat sien- daar is geen grys areas nie. Die wat nog nie die boek gelees het nie, kry dit!

  5. blik

    My klippe het opgeraak.

  6. Attie, dit is so waar, om die naaste aan jou te vergewe is baie moeiliker as vreemdes, maar die ander kant van die munt is ook waar, ons maak die wat die naaste aan ons is makliker/vinniger seer as vreemdes. Ek het ‘n waardevolle les vandag geleer…

  7. Xander

    Morese Doom

    Yep, ja, is nogal die ding met klippe slinger:
    Maak manman moeg;
    Dryf manman reguit af grond toe;
    en as manman gelukkig is en goed slinger,
    breek een ruit miskien.

    Maar ek skat dit hou party mense darem besig, of hoe Doom?
    Al is dit net vir ‘n rukkie.

    Groete
    Jou ou vriend

  8. Xander
    Nou ja toe. wat sal ek nou sê. Dis nou vir my ‘n voorreg dat jy hier kom draai.
    Ek praat vanaand bietjie oor vergifnis – vergifnis is mos nou wanneer die klippe opraak sien.
    Ek sal ‘n paar gedagtes hier op sit… dalk selfs die preek om na te luister.
    Groetnis daardie kant ook.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s