George Maru het nog altyd op ‘n besondere manier aan die gesprekke op my “blog” deelgeneem.George het verlede week hierdie kommentaar gelewer op Lidmaat se kommentaar op een van my inskrywings:
Betreffende jou opmerking oor die Bergpredikasie, spesifiek hierdie opmerking: “Die ouens op George se blad wys egter ook niks van iets soortgelyks nie, maar hulle verwag van ander om dit te doen.” Ek verskil nie noodwendig van jou dat dit so is nie. Ek dink wel dat ons (hetsy gelowig of nie) ‘n verantwoordelikheid het om dit uit te leef wat ons verkondig en/of glo.
Iemand anders se onvermoë om te leef wat hulle verkondig, gee my nie ‘n gaping om dieselfde te doen nie. Nog verontskuldig dit my. Ek sal dit ook nie wil gebruik as regverdiging vir my eie gebreke nie (let wel: ek sê nie dit is wat jy bedoel nie, maar mense doen dit wel dikwels), want dan verval ‘n gesprek bloot in moddergooiery wat nêrens heen gaan nie.
Verder dink ek as jy die Bergpredikasie kies as jou morele kode, dat jy baie groot skoene het om vol te staan. Dit is nie maklik nie, en behoort waarskynlik ook nie te wees nie. Weer eens is dit egter nie ‘n goeie verskoning nie.
Ek het baie oor die kommentaar gedink. Lees weer daardeur, daar is verskillende ding wat jou ook sal laat dink, bv.: “Iemand anders se onvermoë om te leef wat hulle verkondig, gee my nie ‘n gaping om dieselfde te doen nie.” Dit is selfregverdiging en verontskuldiging. Ons as Christene behoort te weet dat ons nie ver gaan kom met die gesindheid of benadering nie.
Die opmerking het onder andere daartoe gelei dat ek my kommentaar op George Claasen uitgevee het. Dit beteken nie dat ek nou skielik met George Claassen saamstem nie, ek dink in ‘n baie groot mate nog steeds soos ek gedink het. Dit beteken net dat die manier waarop ek van hom verskil het, nie bevorderlik was vir dit waarvoor ek staan nie. Bv. “Geseënd is die sagmoediges,want hulle sal die nuwe aarde ontvang.” (Bergpredikasie: Matteus 5:5.)
George Maru sê ook: “Verder dink ek as jy die Bergpredikasie kies as jou morele kode, dat jy baie groot skoene het om vol te staan.” Inderdaad roem ons as Christen daarop dat die Bergpredikasie ons “morele kode” is. Derhalwe het ons gemeente hierdie week begin om die Bergpredikasie te lees. Dalk moet ons net weer ‘n bietjie na ons “morele kode” kyk.
Bob Deffinbach noem sy studies oor die Bergpredikasie: “The Fatal Failures of Religion”. Deffinbach skryf in die inleiding tot sy studies so oor die Bergpredikasie:
“Several years ago Joseph Lupo, a Roman Catholic priest, did a market study which resulted in his placing a full-page ad for priests in the East Coast edition of Playboy Magazine. More than 600 young men responded, and at least 28 of these tested out as likely candidates for the priesthood. In previous years, the best he could hope for was as many as 10. The public response to his approach was also enlightening. Compliments outran complaints 7 to 1. But he was not troubled by the critics anyway. The main thing is, he got results.
Lest we be too quick to criticize, let me suggest that we who would be called fundamental, evangelical Protestants are guilty of the same kind of approach to Christian ministry. We package and promote Christianity no differently than Madison Avenue sells toothpaste or deodorant. We run our churches in such a way that if God had died 20 years ago, no one would have yet discovered it.
The evil of which I am speaking is called secularism. Christians are guilty of secularism when they think and act like the world about them. We fall into the evil of secularism when we attempt to go about doing the work of God in the world’s way. We have succumbed to secularism when we adopt the same attitudes, values, and goals as those who do not know Jesus Christ as Savior and Lord. It is to this matter of secularism that our Lord first directs His attention in the Sermon on the Mount.”
Laat mens dink…
Ds se hierbo: “Die opmerking het onder andere daartoe gelei dat ek my kommentaar op George Claasen uitgevee het.”
Ek weet nie wat Ds gese het nie, al wat Ds se is dat u iets uitgevee het op u blog.
Dink Ds regtig dat die uitvee van iets op ‘n blog daardie woorde wat u gese het, sal laat weg gaan?
Wat het geword van 7 X 70 kere omverskoning vra?
Dan sluit Ds af met “LAAT MENS DINK”, maar wat help dit as jy nie toe pas wat jy lees nie?
Hoeveel keer het Ds al gehoor van “Draai die ander wang”, en hoeveel keer het Ds al gehoor dat ons ‘n voorbeeld moet stel aan ander, en hoeveel keer het Ds al gehoor van omverskoning vra?
Ds, ek skryf hierdie met ‘n uiters positiewe gesindheid, en hoewel ons sekerlik op die oppervlak radikaal verskil, kan ek Ds verseker dat ons manier van lewe baie na aan mekaar is.
((((Attie)))) …. sommer net!
Hoekom oordeel ons mekaar tog so? Kom ons wees net lief vir mekaar met Jesus se liefde en los die oordeel vir Hom.
mynameisbotha: Dis 70X7 vergewe. EK het verskoning gevra. Gaan kyk die laaste inskrywing op my daardie inskrywing. Ek sê ook hier: “Dit beteken net dat die manier waarop ek van hom verskil het, nie bevorderlik was vir dit waarvoor ek staan nie.” Ek erken ek was verkeerd.
Platterfuss: Dankie.
Elmarie: Ek probeer ook, maar ek verstaan wat jy sê.
Attie – ek dink dit is “great” ding wat jy hier doen. Ek gaan nie teen enige iemand hier reageer nie, want dit is juis waaroor hierdie “post” van jou gaan. Jy het ‘n paar punte in my boekie bygekry.
Ek het verstaan jy vee daardie post uit omdat jy besef het jy was verkeerd in die manier waarop jy dit gedoen het. Dit is genoeg vir my. Ek gaan hierdie stukkie gebruik om bietjie na die balk in my eie oog te kyk.
Attie
Ek dink dit is onselfsugtig wat jy nou doen, ons vergeet partykeer dominies is ook mense.
Tiens
My pa is ‘n dominee. Ek weet hy’s net ‘n mens 😉
Verskoon tog dat ek iets irrelevant en van die punt af sê, maar ek voel tog ek moet: pasop vir bold en underlined text. Ek weet die bedoeling was om dit te beklemtoon, maar die oomblik toe ek dit sien, het my oë sommer reg oor dit geskip.
Die teks self moet die woorde kan beklemtoon, nie die typesetting nie 🙂