Wanneer ‘n mens op die punt kom dat jy daarvan oortuig is dat jy alles weet, dan weet jy waarskynlik te min. Ek lees graag en leer by verskillende mense, sonder om een van hulle slaafs na te volg.
Ek lees op hierdie stadium McClaren se boek Finding Our Way Again. The Return of Ancient Practices.” Ek haal ‘n paar paragrawe aan van sy hoofstuk:
“I was talking to a Jewish friend of mine a couple of years ago about the person in question. “What do you think of Jesus?” I asked, feeling that our friendship had progressed to the point where a question like this was not only safe but welcome. “You might be surprised to know,” she replied, “that many of the Jews I know think Jesus was from God, that he was a true prophet, and that our ancestors were wrong to reject him.” But then she added, with more than a little irony, “But after two thousand years of anti-Semitism, you can’t expect us to be too excited about the doctrine of the Trinity or the virgin birth.”
I had a similar experience with another Jewish friend, who asked me, “What’s the big deal about Jesus to you Christians? I just don’t get it.” I did my best to answer him, speaking of Jesus in the context of the Jewish people under Roman occupation, with his message of the kingdom of God and his call to a new way of life first for his fellow Jews and then for all peoples. I knew that my friend was an agnostic, even though he was very committed to practicing Judaism, so I tried to emphasize Jesus’ role in relation to the Judaism he loved and in which he found meaning and life. I referred him to the call of Abraham in Genesis 12, which we considered in the previous chapter, and in particular to God telling Abraham that his descendants will become a great nation and will be blessed so they can be a blessing to all other nations. My friend was, of course, more familiar with this passage than I.
“I understand Jesus,” I ended by saying, “to be the one God chose to open up the doors to Gentiles like me, to bring blessing to all nations. You might think of Jesus as the global marketing department for the God of Abraham, Isaac, and Jacob. He says, ‘It’s time to welcome people of every ethnic group and religion to know the one true and living God we Jews have been getting to know for centuries.'” We talked a bit more, and then my friend said good-bye. As he left, he told me, “Thanks. This conversation helped me. You know, if I believed in God, I think I could believe in that Jesus.”
Later in die hoofstuk maak McClaren hierdie opmerkings:
“Jesus didn’t come te start a new religion; He came to proclaim a new kingdom.” (p. 34)
“Jesus never makes ‘Christians’ or ‘converts’ but he calls disciples and sends them out to continue the process.” (p. 36)
“What would happen if we were willing to risk everything so that people could be… formed and transformed by spiritual practices?”
Wat dink jy van hierdie opmerking?
“It’s time to welcome people of every ethnic group and religion to know the one true and living God we Jews have been getting to know for centuries.”
Wat dink jy van hierdie opmerking?
“Jesus never makes ‘Christians’ or ‘converts’ but he calls disciples and sends them out to continue the process.” (p. 36)
Dit sluit aan by die filosiese vraag “of Jesus ‘n Christen was?”
Ons as mensies dink ons weet alles en ons “mening” kan so seermaak en skade doen as dit nie beheer en gereguleer word deur die Gees nie. Met ander woorde, dit wat ‘n ou jou oor uitspreek onder leiding van die Gees staan dikwels reëlreg teenoor ‘n mening wat jy as mens uitspreek omdat JY dink jy weet alles. Sterkte daarmee om onder leiding van die Gees te sif deur die “mens” menings en die ware “Gees” menings.
costello: Dit is dalk ‘n goeie filsofiese vraag, maar volgens Handelinge 4:12 kan mens maar van gelowiges as Christene praat – die interessante van daardie vers is dat dit ongelowiges was hulle Christene genoem het – dalk moet mens nie na jouself as ‘n Christen verwys nie, maar toelaat dat ander iets in jou lewe sien wat hulle aan Christus herinner.
Elmarie: Dankie vir jou goeie wense.
Doom Attie – ek maak dit dikwels nie. Dit is my hartsbegeerte om ‘n volgeling van Jesus Christus te wees in wie se lewe ander mense Christus sal sien. Gelukkig is daar iets soos vergifnis, maar ek soms bang ons misbruik daardie vergifnis.
“Jesus didn’t come te start a new religion; He came to proclaim a new kingdom.” (p. 34)
Ek mag verkeerd wees, maar die klem op die nuwe godsdiens ontken die wortels van die Christelike geloof – die Ou Testament.
Die klem op bekeerlinge skep individualiste terwyl die klem op volgelinge die mens bewus maak van ‘n beweging.
Stem saam Andre’, Christus het gese dat hy geen afbreek doen aan die wet van Moses nie, en van daai is ” na’s My mag jy geen ander gode dien nie, toe mense vir Hom vra hoe moet ons bid, toe se Hy: ” Onse Vader at in die hemele is…” nie “Onse Jesus” nie.
In Markus se iemand vir Hom: goeie meneer en Jesus ntwoord hom: hoekom noem jy my goed? net God is goed.
In hebreers iewers staan geskrywe, ” God is gister vandag en more altyd die selfde.
Christus het homself nie enkeer God genoem nie.
Waar stan dit die bybel van drie eenheid? nerens!
Ek wonder…
costello, is dit ‘n filosofiese vraag? Ek sou eerder sê dis ‘n historiese vraag, en dan is die antwoord elkgeval baie makliker, Jesus was nie ‘n Christen gewees nie, maar ‘n Jood. Daarmee saam is dit natuurlik ook histories om te sê dat die Jode hoe later hoe meer, en teen as ek reg onthou 86 nC by Jamnia finaal, die Christene ge-ekskommunikeer het (ek glo nie hulle het daai woord gebruik nie). Dus word die Christene ‘n aparte groep gelowiges omdat baie Joodse leiers hulle nie as Jode wou sien nie.
Cobus: NT Wright beklemtoon die punt dat die eerste gelowiges hulle nie as ‘n aparte groep gesien het nie, maar aangesien hulle aanvaar het dat Jesus die Messias was, was hulle daarvan oortuig dat Jesus inderdaad ‘n Jood was en hulle ook Jode en daarom het hulle volgens Handelinge aangehou om tempel toe te gaan en bv. selfs die Joodse gebruike om op spesifieke te bid volgehou het. Ek dink ook Jesus was ‘n Jood ek dink ook die eerste gelowiges het nie anders oor hulleself gedink nie.
Waar staan dit dat Jesus ‘n jood was. of is dit nou ‘n dogma?
Jesus se ma was ‘n Jood en almal aanvaar dat Hy die Messias is wat uit die nageslag van Dawid gebore is. Hy is ook groot gemaak as ‘n Joodse kind wat al die gebruike in die tempel vir Joodse kinders nagekom het. Alles dui daarop dat Hy opgelei as ‘n Rabbi. Sy dissipels sou Hom nie as Rabbi aangespreek het, as hy nie die opleiding van ‘n Rabbi gehad het nie.
MAW Hy was ‘n dominee
Ai ek wens mense wil ophou om oor sulke netelige sake te redekawel. Ek is wedergebore glo dat Jesus aan die kruis gesterf het vir my sonde en dat sy bloed my reinig van alle ongeregtighede. Hy is die Seun van God en nadat hy na die hemel opgevaar het het hy sy Heilige Gees vir ons agter gelaat om ons te lei in die waarheid. Daar staan nie Hy is n drie-enige God nie maar ek glo in God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. Al wat Hy van ons vra is om gehoorsaam te wees Hom te volg en te dien. Sy agape liefde wat Hy in my hart uitgestort het laat my toe om my naaste lief te he soos my self en ander gelowe maar omdat ons sy disipels is is dit ons Godgegewe roeping om diegene wat nie in Hom glo nie te vertel van sy verlossingsgenade. Dit was sy opdrag gaan maak die disipels van al die nasies, doop hulle in die naam van die Vader die Seun en die Heilige Gees en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle geleer het. Vir 2000 jaar het mense tot bekering gekom deur die bybel te bestudeer nou ewe skielik kom n amerikaner te voorskyn met n nuwe beweging en almal buig die knie voor hom. Ewe skielik ontdek die man die geheime lewe van Jesus na 2000 jaar? Die enigste waarheid is Jesus van Nazaret en dit wat Hy sy disipels geleer het. Jood of te nie Hy is God buiten Hom is daar geen ander nie.
Magda: “I understand Jesus,” I ended by saying, “to be the one God chose to open up the doors to Gentiles like me, to bring blessing to all nations.” Dit is mos dissipelskap.Hierdie is op geen manier ‘n nuwe beweging nie.
Magda: Mens, maar jy is aggresief. Niemand stry oor niks nie. Hierdie is ‘n gesprek waar mense wat nog nie al die antwoorde het nie, saam soek na antwoorde en mekaar selfs stimuleer om verder as die eenvoudige en vinnige antwoorde te dink. Hoe dink jy, wie was Jesus toe Hy op aarde was en hoe en waar het Hy ingepas in daardie tyd? Wat dink jy, wat is die verskil tussen ‘n dissipels en ‘n bekeerling? As ek reg lees, is dit naastenby waaroor die gesprek gaan.
As ek aggresief klink vra ek om verskoning maar ek belowe jou dit is nie so nie. Jammer dat jy dit so sien. Ek verstaan nie dat mense nog nie al die antwoorde het nie alles is in die Bybel so mooi uiteengesit. Jy sien voordat ek wedergebore was was ek net n kerkganger Sondae kerktoe ek het nie n verhouding met God gehad nie. Vandat ek wedergebore is my sondes bely het met berou en Jesus aangeneem het as my verlosser en saligmaker het my lewe totaal verander. Sy Heilige Gees het my geleer wanneer ek die Bybel gelees het en so het ek Jesus leer liefkry soos ek die Bybel bestudeer het. Eerlikwaar kan ek se strome van lewende water het uit my siel gevloei. Hierdie wedergeboorte was n gawe van God. n Bekeerling is iemand wat hom van sy sondige lewe bekeer en sy sondes bely en berou het daaroor en God dan in sy lewe innooi en alles vir Hom te gee jou wil aan sy wil gehoorsaam maak. Gehoorsaamheid aan sy leerstellings en dit alles doen Hy vir jou uit genade. Jy gaan baie val maar Jesus is altyd daar om ons op te tel. Sy opdrag dan aan sy dissipels was : Gaan maak dissipels van al die nasies (ek sien dit as volgelinge kan verkeerd wees) doop hulle in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle geleer het. Jesus was n mense mens toe hy op aarde was liefdevol, nedrig, heilig, barmhartig,vergewensgesind, en die lys is lank. Die Bybel is n wonderlike boek en alles is daar vir die mense hoe hy moet lewe. Die probleem met die mens is hy wil sy eie ding doen en as sy leefstyl nie pas by sekere dinge in die bybel nie dan is dit n probleem. Ek verstaan nie as jy se waar het Jesus ingepas nie al wat ek weet is mense het uit gewoonte agter Hom aangeloop om na Hom te luiser en waar jy Hom dan ook kry waar Hy saam met die wat baie gedrink en geeet het sosiaal verkeer het. Dit het hy gedoen om hulle te bereik deur saam met hulle te verkeer. Here seen jou.
“Ek verstaan nie dat mense nog nie al die antwoorde het nie alles is in die Bybel so mooi uiteengesit.” Kan ek een vraag vra: Onthou nou “alles is in die Bybel so mooi uiteengesit” Antwoord asseblief vir my hierdie vraag: Let wel, uit die Bybel uit: Waar het Kain ‘n vrou gekry? (Genesis 4:17)
Magda: Ek gaan nou ook maar ‘n vragie cra soos Attie.
Jy sê: “Die probleem met die mens is hy wil sy eie ding doen en as sy leefstyl nie pas by sekere dinge in die bybel nie dan is dit n probleem.” Daar staan mos ook dat mens nie moet oordeel nie, sodat jy nie geoordeel word nie. Of dan soos jakobus 4:12 dit sê: “Daar is egter maar een Wetgewer en regter, en dit is Hy wat die mag het om te red en te verdelg. Maar jy wie is, jy om regter te speel oor jou naaste?”
As ek praat van “die mens” sluit dit my ook in en ek veroordeel niemand nie want net God kan mense oordeel. Ons almal wil soms sekere dinge doen soos ons wil en soos ons dit sien maar dit is nie altyd soos God wil he ons moet doen nie. Gee jou n voorbeeld: My skoondogter (engelse dame) kon nooit regkom nie het beslis nie langs een vuur gesit nie baie baklei en dit het my baie hartseer gemaak. Dan lees ek die woord wat se die ouer vrou moet die jong vrou n voorbeeld wees en ook vergewe tot 70 maal sewe. Nou kyk dit is iets wat ek net nie kans voor gesien het nie want dit maak nie saak hoe mooi ek met haar is nie sy bly op my case. Toe eendag spreek die Heilige Gees my aan en se ek moet die minste wees en vir haar n mooi brief skryf en om vergifnis vra. Storie verkort ek nou – ek het toe uit my hart vir haar n pragtige brief geskryf en ek belowe jou ons verhouding is iets nuuts dit groei omdat Jesus my genade gee om haar te verstaan. Dit is wat ek bedoek wanneer ek se daar is sekere dinge in die bybel wat ons nie pas nie en ons moet dit afsterf elke dag sodat Jesus deur ons kan werk. Die Here het jou ook baie lief en dit is lekker om dinge met jou te deel.
Attie vir die wedergebore kind van God maak dit nie saak waar Kain n vrou gekry het nie dit gaan oor Jesus Christus se verlossingswerk en sy bloed wat vir ons gestort is. Oor hierdie dinge is alles mooi uiteengesit. Dit gaan oor die ewigheid en om gehoorsaam te wees aan Jesus. Of ek nou weet waar Kain n vrou gekry het of nie dit is nie belangrik nie dit gaan my nie red of in die hemel bring nie. Daar is baie dinge wat opgeteken is in die Bybel wat ons nie verstaan nie maar dit wat nodig is vir ons redding van sonde is alles mooi uiteengesit. Lees self wat Jesus vir Nikodemus gese het.
Magda: Nou kwalifiseer jy op watter vrae die Bybel al die antwoorde het. Jy sou dalk beter doen as jy iets se soos: In die Bybel kry ons alles wat ons nodig het om God as Vader en Jesus Christus as Here en Verlosser te ken.
Attie, ek wil graag daai een van Kain antwoord!!
Kain het sy vrou geken en hulle is saam na die land Nod toe. Verder was Adam 130 toe Set gebore was. Set was 105 toe hy getroud was want… heel moontlik moes hy vir sy sussie wag om groot te word sodat hy met haar kan trou.
Dit was nie bloedskande nie want die wet is mos eers later aan Moses gegee. As dit nie sois nie?..waar kom ons almal vandaan na die vloed?
Jy kan nou maar punte gee? Ek wou altyd graag weet wat ‘n dominee se hieroor.
Magda, glo my ek sien my einste frustrasie in jou ook. Attie is reg… dit is nie regverdig om al wat NG is onder dieselfde kam te skeer nie. God is besig om die skape van die wolwe te skei… en ons sal al hoe meer exposure sien, but here comes wisdom en discernment. Ek het my NG verlaat en my eie kerkie in my erf gebou en daar ontkiem en gegroei, met saad wat in my geplant was terwyl ek in die nG was.
Pretorianer is ook reg in ‘n mate dat ons nie blindelings mag oordeel nie. Daar is wel duidelike bybelse parameters waarvolgens ons MOET oordeel en “blootstel” maar daarvoor het ons die “gees van onderskeiding” nodig. Valse leerders is deur Paulus op die naam genoem. (alexander was een).
Die kuns is “be wise as serpents but gentle as a dove”
Geestelike hoogmoed sit ‘n lelike etiket om Christene se nek en omdat ons mense is, sukkel ons om in ons woede en seerkry verby mense te kyk na Christus.
Natuurlik is daar misleiding en veral in die kerk! God se woord se dat die Satan in die laaste dae hom sal voordoen as GOD EN PLEK SAL INNEEM OP DIE PREEKSTOEL. He wil exhalt himself above the most high! Maar……dit betekien nie God beheer van ons lewens gaan opgee nie.
Satan sou … as dit moontlik was.. selfs die “elect” mislei… maar dit is nie moontlik nie. God se woord se so.
Intussen, as wise as serpent, gentle as doves. ALMAL se siel is ewe belangrik.
Soos goeie Bereans, bestudeer die woord, trek aan die wapenrusting, gordel vas en word ‘n wagter op die muur.
Terloops, Hulle vra my wat ek gaan aantrek op Halloween… en ek antwoord, “my spiritual Armor”
Ai Robbie wie het ek veoordeel niemand nie al wat ek gese het is mense redekawel oor netelige dinge. Dan het ek gese ewe skielik kom amerikaners met n ander evangelie en almal spring op die wa. Ek veroordeel wel dwaalleer maar nie die persoon nie. Ek het ook gese daar is predikante wat nie wedergebore is nie en daar is die wat wedergebore is en die kerk verlaat het om hulle eie bediening te begin. Maar Jesus ken my hart en Hy wil so graag he dat almal gered moet word. Ek het vriende wat in die NG Kerk is baie en ons gesels heerlik saam soms stem hulle saam ander kere nie maar ons lief vir mekaar.
Robbie: “heel moontlik”… wel ek dink dit dui op dat ons ook maar nie heeltemal seker wees nie. DIt gaan hier nie oor berdeneerde antwoorde nie. DIt gaan daaroor dat die gedagte geskep is dat die Bybel al ons vrae antwoord. oor die bloedskande ding, stem ek saam dat die wet later gegee is, selfs in Noag se geval het hy kinders by sy dogters gehad.
Maar onthou ook dat die wet gegee is ter wille van die mense se beskerming. Almal van ons weet watter potensiele gevaar daar is wanneer familielede te naby aan mekaar kinders het. Maar dit is nie eintlik die punt hier nie.
Daar is ook ander verduidelkings wat ook maar met “heel moontlik” gesê sal moet word. Een van hulle is: Adam en Eva was die eerste mense wat God in die begin gemaak het, maar nie die enigste nie. EK verkies om sonder ‘n antwoord op die vraag te lewe.
Magda: Ek dink jy moet weer al jou kommentaar gaan deurlees. Dalk moet jy maar net erken dat jy in die begin dalk ‘n bietjie sterk oorgekom het en ‘n paar dinge te skerp gesê het.
Attie,Magda is reg.Wanneer gaan die skille van julle oe afval?Die oomblik wanneer julle die Heilige Gees gaan toelaat in julle kerke,sal die krag van God daar wees en sal die Heilige Gees die bruid bedien en nie mense wat stories vertel nie.Soveel mense kom leeg by die kerk aan en gaan leer huistoe.Ek moet minder word en H
en Hy moet meer word.Jy pos nooit mmer my opmerkings nie,so daar moet iets fout wees in jou hart.Wat kruip jy voor weg?
Ben: Hoekom los ons nie maar die oordeel (en beoordeling) in God se hande nie. Hierdie sirkelgang van redenasies en interpretasie van woord, gaan nêrens heen nie.
Ben: Oor die basiese dinge stem ons tog saam: Jesus Christus is die Seun van God wat mens geword het en aan die kruis gesterf het sodat die wat in Hom glo die ewige lewe kan he. Ons stry onder mekaar oor interpretasies van terme soos weergeboorte en bekering. Intussen is debatte aan die tussen ateiste ens. aan die gang wat op so ‘n vlak beredenaar word, dat hulle sal lag as hulle hierdie gestryery lees. Ek daag jou uit om by hierdie blog (http://emiljung.co.za/2009/11/10/uiteindelik-dan-mening-oor-godsdiens-die-skole/#comment-10532) kommentaar te gaan lewer. In die eerste plek glo ek nie jy het genoeg kennis of waagmoed nie, en in die tweede plek is ek nuuskierig om te sien hoe daardie mense met jou die vloer gaan vee. Hulle gaan jou nie sleg se nie, hulle gaan jou standpunte beredeneer. Ons roeping is tog om getuies in die wereld te wees. Laat weet maar sommer op hierdie blog as jy (of Magda natuurlik) daar kommentaar gelewer het – tensy julle natuurlik nie genoegsaam oortuig is van julle standpunte dat julle getuies in ‘n sekulere wereld kan wees nie. Kom nou, ek challenge jou!!!!
Iemand:Satan het Jesus Sy hele lewe deur versoek waar Hy altyd moes bewys dat Hy die Seun van God is.Jesus het egter nooit vir sy strikke geval nie,en sodoende het nooit gebuig voor satan nie.Vandag weet ons dat Hy is wie Hy gese het Hy is.Ek het niks om te bewys nie,maar miskien erens ‘n woord wat dalk eendag iemand sal laat omkyk,ensal laat dink.
Onthou een ding:Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie,maar teen die bose geeste,magte,owerhede…………Dit is hoe ek daarna kyk.My stryd is teen bogenoemde,nie die uiterlike gelaatstrekke wat jy kan sien nie.
“by the way”mens kry nie ateiste nie,jy kry net mense wat nog nooit ‘n ondervinding met God gehad het nie.
Dankie Attie dat jy my opmerkings “gepost het.
Iemand,ek kan mense se denkwyse nie verander nie.As ek wel kon,sou Jesus Christus se koms na die aarde verniet gewees het.Net deur die Heilige Gees van God kan dit gedoen word.Not by might,not by power,but by my Spirit says the Lord.Nie met menslike ooredingvermoe en wyse woorde nie,maar slegs deur die krag van die Heilige Gees,sodat ek en jy nie kan roem nie.Darom is ek in Christus,en Hy verdien die roem.Hulle wat debatteer en stry,en dinge self probeer doen en die een dink hy is beter as die ander een oor dat hy die een sleg gemaak het of wat ook al,hy kan roem in sy vlees en sy dwaasheid.Dit dra geen gewig nie en alles wat hy gese het en gedoen het is vir die vuur bedoel om te suiwer en as dit verbrand,lei so ‘n persoon groot skade,dan is dit net die genade,maar hy wat bou met goud en silwer en kosbare edelgesteentes,met die vuur word dit slegs meer gelouter en gesuiwer en kom dit meer suier uit na die toets van vuur.
of wat se jou hart vir jou.
Ben ons lewe daagliks is n ope brief aan die wereld. Wat lees mense in ons. Ek glo ons moet Jesus se liefde uitstraal en sy liefde is n allesomvattende liefde. Ek en Attie mag miskien nie saamstem oor dinge nie maar ek is lief vir hom omdat Jesus vir hom lief is en so is ek ook lief vir jou al verskil ons. Dit klink beter in engels: Let us agree to agree to differ in love.
Ek raak ook soms frustreerd maar ek moet telkens vir Jesus vra vergewe my tog Here. Elke kind van God het n taak om te verrig laat ons die gawe wat Jesus ons gee 100% vir hom uitvoer.
Attie hoop jy en Ben is nog gesond ek sukkel met n aaklige verkoue en hoes hier in Sydney.
Lief vir julle
Magda
Ben: Plaas dat jy maar erken dat jy nie die moed het (Met ander woorde te bangis) om die mense wat nie in die Here glo te probeer oortuig nie. Jy het ‘n wonderlike vermoe om medegelowiges te kritiseer en met hulle fout te vind, maar jy sien nie kans om dit wat jy glo met mense buite die geloofsfamilie te deel nie. Dit is tog waar ons getuies moet wees en die Here gebruik mos woorde om hulle te oortuig.Jy het si pas ‘n reuse geloofwaardigheidstoets gedop.
Iemand:Ek sal maar dat Vader besluit of ek gedop het,of nie.Ek sien jy het al die gawe ontvang om namens Vader te besluit.So dop ons maar almal toetse.Feit is ,ek kan hom oorskryf totdat ek deurkom en dan beweeg ek weer aan na die volgende.Dankie dat alles uit genade is.Die woord van God is ‘n tweesnydende swaard.As jy dit gebruik om eenkant toe sny,oppas,hy sny na jou toe terug as jy dieselfde Probleem het.Gelukkig kan ons vergifnis ontvang,as ons bely.
Ek kan die woord vir ongelowiges bring,maar uit my eie krag gaan dit niemand oorreed nie.Slegs as die Heilige Gees my woorde salf,sal dit gebeur.Dooie woorde uit my mond kan niks doen nie,maar as die salwing daarop is,maak dit harte sag en gebeur dinge.Nie uit my eie krag nie,sodat ek nie kan roem nie,maar deur die krag van die Heilige Gees,sodat God al die eer kry,want dit is Christus in my wat die werk doen,deur my.Hoop jy verstaan my so bietjie beter nou.Ek hou van gehoorsaamheid.Jesus se hele lewe was ‘n lewe van gehoorsaamheid.Hy het net gedoen wat Vader vir Hom gese het om te doen,nooit enigiets uit Sy eie nie.Ek sal eerder Doen wat Vader my se om te doen,as wat ‘n mens vir my sal se om te doen.Dan dop ek rerig ‘n toets.
Toets van gehoorsaamheid,nie ‘n toets van uitdagings nie.Groete in Christus.
Haal maar eers die balkie uit jou eie oog. Met wie het ek fout gevind. Almal het n tekort aan God se glorie ek inkluis. Ek is afhanklik van Jesus se genade en ek sien nie kans om te baklei nie. Wanneer ek getuig oor Jesus teenoor ander doen ek dit met liefde onder die leiding van die Heilige Gees en selfs dan is ek nie goed nie. Al die eer aan my verlosser. Here seen jou Ben.