NOGEENS LYDING

Charles Colson was een van die manne wat saam met President Nixon gewerk het en wat toe op die ou end tronk toe is as gevolg van die Watergate skandaal. Net voordat hy tronk toe is het Charles Colson ‘n Christen geword deur die getuienis van een van die ander lede van die Amerikaanse Senaat. Terwyl hy in die tronk was, het hy geestelik meer en meer volwasse geword en nadat hy uit die gevangenis ontslaan is, het hy ‘n organisasie met die naam “Christian Prison Fellowship ” begin wat uitreik na mense in gevangenisse dwarsoor die wêreld. Charles Colson vertel van ‘n geleentheid toe hy ‘n tronk met die naam Humaita, in Brasilië besoek het.

Twintig jaar gelede is hierdie tronk in Sao Jose dos Campos oorgegee aan twee Christen vrywilligers. Die tronk het net twee voltydse personeellede, die res van die werk word deur die gevangenisse self gedoen. Elke gevangene het ‘n mede-gevangene aan wie hy verantwoording doen. Daarmee saam het elke gevangene ‘n gesin wat die gevangene vanaf die buitekant ondersteun en wat aanhou om hom te ondersteun nadat hy vrygelaat is. Elke gevangene word deel van ‘n geestelike groei program of doen ‘n kursus in karakter vorming.

Colson sê:

When I visited Humaita, I found the inmates smiling – particularly the murderer who held the keys, opened the gates, and let me in. Wherever I walked I saw men at peace. I saw clean living areas, people working industriously. The walls were decorated with biblical sayings from Psalms and Proverbs. Humaita has an astonishing record. Its inmate’s rate for recidivism [repeated crimes on release] is 4 percent, compared to 75 percent in the rest of Brazil and the United States. How is all this possible?

I saw the answer when my guide escorted me to the notorious punishment cell once used for torture. Today, he told me, that cell houses only a single inmate. As we reached the end of a long concrete corridor and he put the key into the lock, he paused and asked, “Are you sure you want to go in?”

“Of course,” I replied impatiently. “I’ve been in isolation cells all over the world.” Slowly he swung open the massive door, and I saw the prisoner in that punishment cell: a crucifix, beautifully carved by the Humaita inmates – the prisoner Jesus, hanging on the cross. “He’s doing time for all the rest of us,” my guide said softly.

Jesus “did time” vir almal van ons deurdat hy aan die kruis vir ons sondes gesterf het. Die vraag is nie: “Kan jy in God glo?” nie, maar “Kan jy in hierdie God glo?” Dit is nie net moontlik om in Hom te glo nie, dit is in besonder moontlik om in hierdie lewe sy liefde te ken en te ervaar.

Met hierdie God spring ek oor ‘n muur en loop ek ‘n bende storm. Met hierdie God sien ek kans vir enige lyding en swaarkry wat oor my pad kom.

“Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan. Dit is ‘n rots waarop my huisie staan.”

5 thoughts on “NOGEENS LYDING

Add yours

  1. Hierdie is ‘n besonderse inskrywing. Dankie, Attie. Soms weet jy net so presies wat mens nodig het om te lees, dis eintlik verstommend. Maar nie verbasend nie.

  2. Ag vadertjie tog. Wie glo hierdie soetsappige bog? Kan dit wees dat intelligente mense dit lees en nie die ooglopende vrae vra nie?

    1) Daar bestaan geen tronk ter wêreld met meer as een gevangene in, waar al die gevangenis soos een man of vrou saamwerk en soet is nie. Rofweg ten minste 50% van elke liewe tronk ter wêreld se bewoners is aartsmanipuleerders wat enigiets sal doen of sê, en sal smaail, net om iemand ‘n rat voor die oë te draai vir eie voordeel.
    Die wat dit nog nie geweet het nie, weet dit nou.
    Dis algemene kennis dat elke liewe gevangene onskuldig in die tronk is – en die wat buite is en dit glo, kan maar saam met al die onskuldiges in die tronk gaan sit. Die skuldige ou buitewêreld is nie vir julle nie.

    2) Die politikusevangelis het 20!! jaar gelede hierdie merkwaardige tronk besoek met die verbysterende lae 4% heroortreders ( jislaaik, eintlik moes dit mos 0% gewees het, of hoe) en het dit toe die besbewaarde geheim ter wêreld gemaak?
    Enige normale gewone mens sou so iets wonderliks hard en duidelik en aanhoudend uitgeskree het, sodat die hele wêreld se tronke kon omvorm en baat vind.
    En waar, o waar, is die jaarlikse 96% vrygelatenis wat die boodskap met vreugde en dankbaarheid uitdra?
    Daar moet tog 1vrygelate gevangene iewers wees wat vandag die storie kan bevestig?

    3) Hoekom is dit nodig om soetsappige liegstories te vertel om die christelike geloof te bevorder?

    Annette

  3. Annette, ek vermoed jy is regtig iemand wat baie ongelukkig in jouself is. Ek hoop iewers kry jy vrede, maar ek dink regtig jy moet nou ophou om Attie aan te val, dis onnodig en onsmaaklik.

    Attie, ek dink nie jy moet jou verder hieraan steur nie. Dié wat al lank hier lees, gaan nie deur Annette se uitsprake geraak word nie.

    Jou blog gee vir baie van ons ons daaglikse siele brood. Dankie daarvoor en hou asseblief aan.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: