SAL JY NA HIERDIE OU GAAN LUISTER?

Kyk bietjie na hierdie snit. Die snit is 5 minute lank, maar kyk net vir een minuut.

Sal jy nie hierdie ou gaan luister?

Sal jy betaal om na hom te gaan luister?

15 thoughts on “SAL JY NA HIERDIE OU GAAN LUISTER?

Add yours

  1. Dalk moes ek by gesê het dat hierdie ou vir getroude pare ‘n tipe van huweliksverrykingsgeleentheid aanbied waar hy hulle help om mekaar te verstaan. Hy is predikant/komediant.

  2. Ek dink dit is baie insiggewend. Vroue se brein skakel nooit af nie…. Ek hou baie van die stukkie oor die “nothing-box” in ‘n man se brein……

  3. Amanda: Ek en Renate het die res van hierdie DVD gekyk en ons was verbaas oor hoe hy hierdie dinge op ‘n manier oordra wat maak dat mans vrouens beter verstaan en dat vrouens mans beter verstaan.

  4. Ek sal definitief na hom gaan luister! Ek dink jy gaan baie beter resultate kry met ‘n bietjie humor as om ‘n ernstige aanslag te gebruik. Beeldspraak (hier is dit letterlik ‘n beeld né) 🙂 , maak dit vir my net altyd makliker om ‘n ding te verstaan.

    Toe my kinders klein was en hulle was kwaad vir mekaar, het ek hulle aangesê om vir mekaar ‘n drukkie te gee. Eers wou hulle nie! Maar die oomblik wat hulle mekaar gedruk het (gehug het klink beter), het hulle begin lag en onmiddellik was die situasie ontlont!

  5. Reisiger: Humor is ‘n (positiewe) emosie en wanneer ‘n (positiewe) emosie aan iets gekoppel word wat ‘n mens behoort te onthou is dit soveel makliker om te onthou. (Hakies beteken dit geld vir enige emosie. Dink net hoe goed onthou ‘n mens gebeure en dinge wat mense gesê het wanneer dit aan ‘n negatiewe emosie gekoppel is.)

  6. Ek sal ook betaal om dit te sien. Of jou huwelik nou wonderlik of ‘n ongeluk is, elkeen kan gerus bietjie meer van mekaar leer en as dit op so ‘n humoristiese manier oorgedra word, leer jy eenvoudig net meer….

  7. Ja, dit is hoogs vermaaklik, en ek sal met graagte vir so ‘n konsert betaal.

    Miskien moet daar ‘n dramakursus ingestel word by die kirikulum vir teologiese studies.

  8. persoonlik vind ek die soort van vergelykings waarlik infantiel
    en hoewel dit seker ‘n sekere hoeveelheid lering kan oordra,
    aan diegene wat nie dieper wil dink nie
    gaan dit regtig nie so ‘n blywende indruk op my maak nie,
    want ek sit die heel tyd vas in die persoon se arrogante aanames
    – snaaks soos dit mag wees – en as dit as ‘n preek bedoel is,
    nou ja! Dit bewys dan eens en vir altyd hoe ondraaglik materiëel
    die hedendaagse teologie geword het: any thing goes, no thing sacred.
    Nee wat, werk nie vir my nie

  9. Ja, ek sal na hom gaan luister, maar nie betaal nie. Die ding is dat ek van kleins af hiperaktief is. En sy gebabbel, alhoewel dit snaaks is, hou my aandag nie baie lank nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: