Twee dinge het hierdie week oor my pad gekom wat weereens ‘n klomp vrae by my laat ontstaan het. Daarmee saam wil ek graag Sondagaand met tieners praat oor die Christen en lyding. Kom ek vertel gou van die twee dinge.
‘n Familielid van Renate , ‘n getroude jong vrou met ‘n klein kindjie, is ‘n paar jaar gelede met ‘n ernstige gewas op die brein gediagnoseer. Die gewas was blykbaar al so verstrengel dat dit nie sin sou maak om die gewas te probeer verwyder nie. Dinsdagmiddag kry Renate die nuus dat die vroutjie geval het en dat die gewas gebars het en dat sy nou in intensiewe sorg is. Niemand is seker wat verder gaan gebeur nie.
Gistermiddag bel ‘n vrou in die gemeente ons en maak verskoning vir gisteraand se beraders-opleiding. Sy is oppad Potchefstroom om hulle beste vriende se dogter te gaan haal. Haar broer wat nou in Graag 9 is het gister gehoor dat hy ook ‘n gewas op die brein het en volgens die dokters het hy tussen 5-7 maande om te leef. Hulle kan ‘n operasie doen, maar die operasie is lewensgevaarlik.
Ek sal waarskynlik binne die volgende week met elkeen van hierdie gesinne te doen kry. Die probleem is ek het nie antwoorde nie. Ek kan nie hierdie dinge verklaar nie. Ek het nie minder vrae as enige iemand anders nie. Ek vermoed selfs ek het meer vrae as mense wat nie in God sou glo nie.
Wat sê ‘n mens vir ‘n groep tieners hieroor?
Wat sou jy graag wou hoor indien jy deel was van enige een van hierdie twee gesinne?
Hoe sou jy die saak van lyding verduidelik (Let wel nie verklaar nie) aan sulke mense?
Attie:
Ek “copy” en “paste” bietjie van hierdie blad af. Dalk help dit.
Where was God in all of this?
From someone in NY State:
As I, like most other Americans and people World-Wide, was watching and listening to the horror that took place on the East Coast, I heard many people ask the question posed in the subject line. I was reminded of an interview with a Holocaust survivor that was asked the same question.
Her response inspired the following words.
Where was God in all of this?
God was in the rescue workers who were running into the buildings as most people were running out.
God was in the flight attendant who called her husband as her plane was being hijacked to tell him that she loved him.
God was in the two men who carried a wheelchair bound woman down 70 flights of stairs to safety.
God was in the people who stood bleeding, in line to give blood.
God was in the strangers in cars, picking up strangers stranded in the city and taking them home to their families.
God is in the people who are begging to volunteer, to do anything to help.
God is in the thousands, if not millions who are flooding blood banks thousands of miles away to help people they have never met.
God is in the people who are comforting someone even when they don’t know what to say.
God is in the people who watched and cried for people who may remain anonymous in name, but never in their sacrifice.
God is in my neighborhood where I see flags waving from every home.
God is in the men and women, looking at 110 stories of rubble, and seeing only the opportunity to find survivors.
God is with the heroes, most of whom will never be on the news, whose stories will only be told to their closest friends and family; but who saved someone’s mother, father, sister, brother, daughter, son, husband, wife, grandmother, grandfather, aunt, uncle, cousin, lover, colleague, acquaintance, teacher, mentor or friend with a single act of kindness, compassion and bravery.
God is indeed here…… Author unknown…..
And God is grieving with the mothers and fathers, family members and friends who have lost loved ones…. after all, He knows what it’s like to let his only beloved son die a horrible death that He did not deserve, to give life to people who would have died if He hadn’t.
Gebroke mense in ‘n gebroke wêreld, maar eendag gaan ons heel mense in ‘n heel wêreld wees. Iets om na uit te sien.
Ons het dalk meer vrae as die wat nie in God glo nie, maar ek wonder waaraan hou hulle vas en staande as hulle nie die Hoop van die Evangelie het in sulke tye nie?
Was daar: Dankie. Lyk vir my na ‘n waardevolle skakel.
Pikkelik: Stukkende mense in ‘n stukkende wêreld. Baie waar. Dink jy ons kan in hierdie lewe en op hierdie aarde dit anders maak?
Oorlewing: Baie waar: Ons geloof in die Skepper van die hemel en die aarde bring hoop.
Ai, ek voel opreg jammer vir albei hierdie gesinne. Op die oomblik moet hulle met geweldig baie hoekom-vrae worstel (waarop niemand die antwoord ken nie). Sjoe, dis nie maklik om sterk te staan in jou geloof en te bly hoop wanneer die feite op die tafel is nie.
My boet het begin Januarie siek geword. Eers na die vierde biopsie is hy gediagnoseer met Limfoom, ongelukkig die T-sel ene wat ongeneesbaar is. Dis ‘n baie aggresiewe kanker waarvan die gemiddelde verwagte leeftyd maar 7 mde. Ons moes toekyk hoe hy elke dag agteruitgaan, hoe die kanker orgaan vir orgaan aanval.
Wat ek nie in hierdie tyd wou hoor nie, was opmerkings soos:
‘Dit kon erger gewees het’
‘Glo net en hy sal gesond word’
‘Jy is tog ‘n Christen, hoe kan jy praat van as hy dit dalk nie sou maak nie’
‘Het jy seker gemaak sy saak is reg met die Here’
‘Wees sterk vir jou ma en skoonsus, hulle het jou meer nodig’
‘Gelukkig het hy nie ‘n lang siekbed gehad nie’
‘Jammer ons het nie kom besoek, ons wou hom eerder onthou soos hy was’
Sulke opmerkings getuig van gebrek aan sensitiwiteit en begrip. Hierdie mense verstaan maar min van hierdie soort lyding. Al is daar hoeveel versies van troos in die Bybel, is dit nog lank nie lekker nie. Sy vrou sou wat wou gee om weer sy liggaam te versorg. Hoe vergeet jy ‘n leeftyd se herinneringe en onthou net een siekebesoek?
Wat ook erg is, is mense wat wegbly of die wat jou vermy. Hulle weet kamstig nie wat om te sê nie. Hulle hoef niks te sê nie. Geen woorde gaan hierdie seer in elk geval kan wegneem nie. Hou net vas of gee ‘n drukkie. Wees verder net jouself. Luister net. Vra uit oor hom en dinge wat jy onthou. Verstaan dat die persoon met God en homself kan worstel, moenie oordeel nie, aanvaar en respekteer dit net. Luister net. En laastens, moenie hulle aanjaag dat hulle hulself moet regruk nie, gee hulle kans om seer te hê en ordentlik te treur.
Attie, al lewer ek nie kommentaar, lees ek gereeld hier (darem nie altyd 2uur in die oggend nie), ek het hierdie inskrywing nodig gehad. Baie dankie.
Sterkte.
wag-‘n-bietjie: Dankie vir jou bydrae. Mense wat self deur so ‘n tyd is dink anders daaroor. Ek dink nogal die gedagte dat ‘n mens niks hoef te sê nie, maar net daar moet wees, kan dalk die tieners baie help met die maat van hulle wat so ernstig siek is.
Ek het ook in die tyd waar ek geliefdes aan die dood afgestaan het kwaad geword en hoekom? en waarom? vrae gevra. Ons mag die vrae vra maar God mag ook en Hy het ook nie my vrae geantwoord nie. Ek dink die antwoord vir die tieners is dalk net dat ons nie weet hoekom en waarom dit gebeur nie, net God weet en dit so in Sy plan met ons(wat agter bly) se lewens. Baie jare later weet ek(al wil ek dit nie erken nie) dat dit vir hulle “beter” was en kon ek nou sien hoe God se plan in my lewe werk.
Wag n’ bietjie: Ek het ook die selfde ervarings gehad met die opmerkings wat jy genoem het – en dit het my hartseer net groter en my woede net erger gemaak! Baie mense het my vermy en meer gedink hoe my ouers gevoel het omdat ek toe nog net ‘n tiener was – dus was die ondersteuning in die tydafwesig – omdat ek ‘n tiener was! Elkeen het ewe seer soms hoe jonger hoe erger.
Attie, die slaap het my vanoggend ingehaal, wou nog die volgende byvoeg of eerder beklemtoon.
Wat sê mens vir ‘n groep tieners hieroor of hoe leer ek my tiener meisiekind om so iemand of ‘n treurende by te staan?
1. MOENIE NOU WEGBLY NIE !
Hierdie persoon worstel reeds met geweldig baie: Sy lewe het verander in ‘n warboel van onbeantwoorde vrae, emosies, pyn, smart, woede, oneindige moegheid, depressie, spanning, slaaploosheid en selfs disoriëntasie. Sy lewe speel voor hom af en dit wat hy sien is nie alles goed nie. Skuldgevoelens, selfverwyt en as-ek-maar-net-dit-of-dat-anders-gedoen-het, oorskry alle grense van redelikheid. Hy ervaar ‘n paar uur van relatiewe vrede, maar net die volgende oomblik is alles weer pikdonker om hom. Iemand het dit eendag mooi beskryf, hulle het gesê: dis amper soos wanneer jy in ‘n brander in die see vasgevang is, hy gooi jou rond, jy word plat gegooi en hy oorweldig jou amper… totdat dit stiller word en daar ‘n kort oomblik van rus aanbreek… om maar net weer rondgegooi en platgeslaan te word…
En dan die ongelooflike eensaamheid ten spyte van honderde mense om jou. Hierdie persoon is baie, baie eensaam (onthou hierdie is sý seer, niemand verstaan dit regtig nie, niemand kan troos bring nie, al is hy of sy hoe opreg). Hy wens en verlang soos wat hy nog nooit gewens en verlang het nie – al wat jy moet doen is – gaan kuier so gereeld jy kan, ek praat nie van ‘n oorlas maak nie, 5 minute op ‘n slag is ook genoeg. Dit sê: Ek gee om, jy beteken vir my baie en ek weet jy kry swaar. Elke kuiertjie word waardeer. Dis baie beter om eensaam te wees tussen mense as om alleen op jou eie, eensaam te wees.
2. JY HOEF NIKS TE Sê NIE, LUISTER NET!
Wees net jouself. Huil as jy wil huil, lag as jy wil lag, wees ernstig of maak grappies, maar wees asseblief net jouself. Hou vas en gee drukkies. Laat hom praat. Hy wil nie nou sit en luister nie, hý wil praat. Nog minder wil hy nou na ‘n lang preek luister, los dit maar vir oom Doom. Iemand in hierdie posisie het gewoonlik ‘n groot behoefte om juis te praat oor die seer en die waaroms. Hulle verwag nie oplossings of antwoorde nie, hulle weet dat geen woorde die seer kan regmaak nie. Hulle wil maar net eintlik hul vol gemoed bietjie aflaai. En as daardie persoon worstel met woede of met God, weet dat hierdie gevoelens net menslik is en respekteer dit so. Vertel hom dat jy dit ook nie verstaan nie, dat jy ook oor die antwoorde wonder. En as hy nie vandag wil praat nie: Vra uit na dinge oor die algemeen, praat oor goed wat jy onthou, vertel hom wat hy vir jou beteken, hou hom op hoogte met die nuutste skindernuus… enigiets, maar wees net daar en opreg jouself.
3. BID VIR HIERDIE PERSOON !
In hierdie tyd kan dit maklik gebeur dat hierdie persoon weg van God draai om sy seer alleen en sonder hulp te dra, dit lei tot wanhoop die skep verwydering tussen hom en God. Natuurlik gebeur dit nie oor hy nie meer glo nie, maar oor die feit dat sy uitgebaande pad (wat ons almal as vanselfsprekend aanvaar) verdwyn het, en hy nie weet hoe God sy seer weer in lag gaan verander nie en ook, oor dit vir hom moet voel, of hy uitsig op die lewe verloor, alles word net erger. Nie een van ons is verkenners om vooruit te stuur nie. Hierdie persoon moet self voetjie vir voetjie vorentoe gaan – Die feit dat al hierdie goed gebeur, beteken nie dat hy en ons nie op die Here kan vertrou nie. Die Here maak nie ‘n fout nie. Dit wat gebeur voltooi net ‘n stukkie van sy lewe se legkaart – Al wat ons kan doen is om vir hom te bid:
“Here gee dat hy nie bang sal wees nie,
Help hom om deur hierdie uitdaging, wat vir hom bedoel is, te kom.
Here gee vir hom die krag, insig en kennis om die feite van hierdie uitdaging vas te stel, wys hom waar hy verkeerd stap, help hom om terug te gaan.
Here herbevestig sy lewensdoel!”
Attie, dis dan ook my gebed vir hierdie mense.
As jy nie omgee nie sal ek op ‘n latere stadium ook hier by jou wil ‘copy and paste’, ek sal graag ‘n eie inskrywing hiervan wil maak.
Ek groet eers weer.
Lekker naweek vir jou en jou gesin.