LYDING EN NOMAALS LYDING

Twee dinge het hierdie week oor my pad gekom wat weereens ‘n klomp vrae by my laat ontstaan het. Daarmee saam wil ek graag Sondagaand met tieners praat oor die Christen en lyding. Kom ek vertel gou van die twee dinge.

‘n Familielid van Renate , ‘n getroude jong vrou met ‘n klein kindjie, is ‘n paar jaar gelede met ‘n ernstige gewas op die brein gediagnoseer. Die gewas was blykbaar al so verstrengel dat dit nie sin sou maak om die gewas te probeer verwyder nie. Dinsdagmiddag kry Renate die nuus dat die vroutjie geval het en dat die gewas gebars het en dat sy nou in intensiewe sorg is. Niemand is seker wat verder gaan gebeur nie. Lees voort “LYDING EN NOMAALS LYDING”

GEWOND VANUIT EIE GELDERE

Ek sou geen ander werk wou doen as dit wat ek nou doen nie. Ek geniet my werk en daar is ontelbaar baie uitdagings en heerlike bevrediging in wat ek doen. Maar die lewe binne die kerk en veral in die binnekring van die kerk is nie altyd maanskyn en rose nie.

Christene is al te dikwels daarop ingestel om die wapens op te neem teenoor mekaar, in plaas daarvan dat hulle behulpsaam sal wees met die uitdra van die evangelie na die al die mense in die wêreld. Menige Christen is al deur “vuur” vanuit eie geledere tot so ‘n mate gewond dat hulle geen ander keuse gehad het as om te onttrek nie. Lees voort “GEWOND VANUIT EIE GELDERE”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑