‘N ROLMODEL

Iemand vra my onlangs: “Sê nou jy het alles geweet wat jy nou weet, wat sou jy anders gedoen het toe jy jou werk as dominee begin het?”  Ek skuld die persoon nog ‘n antwoord.

Die een ding wat ek anders sou gedoen het, is ek sou baie erns daarmee gemaak het om vir my ‘n geskikte en ‘n waardige rolmodel te kry. Iemand met wie ek openlik kon gesels oor onsekerhede en besluite en oor dinge wat rondom my gebeur en in my eie lewe gebeur. Maar, in besonder sou ek graag wou hê dit moet iemand wees wie se voorbeeld ek sou kon navolg – iemand wat my sou aanspoor tot groter en intenser gehoorsaamheid aan God en na ‘n lewe waar ek tot eer van die Here sou lewe deur net te doen wat Hy verlang. Lees voort “‘N ROLMODEL”

Blog at WordPress.com.

Up ↑