SO WERK DIE HERE

Dries Coorevits is ‘n finale jaar Maatskaplike werk student van Arteveldehogeschool in Gent België. Hy het vanaf Maart tot Mei in 2008 by die CMR ( Christelike Maatskaplike Raad) Roodeplaat vir sy praktika ingeskakel.

Tydens sy oriëntering het Dries openlik bely dat hy nie godsdienstig is nie, dat God nie bestaan nie en hy daarom glad nie aan ‘n kerk behoort nie. Binne die konteks van die CMR het hy kennis gemaak met maatskaplike werkers en medestudente, almal Christen- gelowiges, wat indirek ‘n invloed uitgeoefen het op op sy denke oor godsdiens. Dit was veral een student wat nie geskroom het om Dries uit te nooi om saam met haar kerk toe te gaan nie. Aanvanklik was hy huiwerig, maar gou het die geblyk dat hy die kerkbywoning geniet.

Die bestuurder van CMR Roodeplaat, Elsa Nel, kon haar ore nie glo toe Dries een Maangdaggend aan haar die goeie nuus meedeel dat hy vir homself ‘n Bybel gekoop het omdat hy, soos hy dit gestel het “I have met God and this will change my whole life.” Nog later het ‘n Bybelstudie gevolg, waar hy met groot toewyding saam met ander gelowige jongmense die Bybel bestudeer het.

Aan die einde van Mei 2008 sal Dries Suid Afrika verlaat en ons gebed is dat hy met sy nuut ingeslane geloofspad sal volhard. Dit is moeilik om te glo dat God juis Roodeplaat gebruik het om Dries een van Sy kinders te maak. Alles is moontlik deur die Heilige Gees, wat soos die wind waai sonder dat jy die wind kan sien – maar jy hoor sy geluid en jy sien en beleef sy effek.

6 thoughts on “SO WERK DIE HERE

Add yours

  1. Attie,
    My oe skiet vol trane. Ek onthou hoe ek jare gelede ‘n CMR kinderhuis gereeld besoek het. Daar kon ekself ook beleef hoe die Heilige Gees stukkende jongmense red. Dankie vir hierdie nuus.

    Willem

  2. Floral: Dries was from Belgium doing his practical as a social worker in South Africa. He did not believe in God when he started to work at the Social Welfare Organisation of the Church. Through his contact with the other social workers and the fact that they accepted him as he is, he bought a Bible and left the country believing in God.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: