DAG VAN GEBED VIR VREEMDELINGE HAAT

OPROEP TOT GEBED AAN ALLE CHRISTELIKE KERKE

Transformasie Afrika, Jerigo Mure en die Jesus Projek doen ‘n beroep op alle gemeentes om komende Sondag besondere aandag aan gebed te gee n.a.v. ‘n soortgelyke oproep van die AGS vandeesweek.

Sag 7:9-10 : So het die HERE van die leërskare gespreek en gesê: Spreek ‘n eerlike vonnis uit en bewys liefde en barmhartigheid die een aan die ander. En moet nie die weduwee en die wees, die vreemdeling en die arme verdruk nie en kwaad in julle hart teenoor mekaar bedink nie.”

Die Bybel is duidelik dat ons vreemdelinge onder ons moet liefhê. Tans beleef ons ongekende geweld teen immigrante en vlugtelinge van ander lande in Suider Afrika.

Die volgende dien as gebedsriglyne:

Doen belydenis van vooroordele teenoor vreemdelinge
· Bid vir vlugtelinge in Suid Afrika
· Bid teen moedswillige misdade
· Bid dat die Here mense se geweldadige optrede sal vergewe
· Bid teen armoede, vir werkskepping en sekuriteit.
· Bid vir medemenslikheid en die Gees van Christus
· Bid dat die kerk onbeskaamd haar getuienis sal lewer.
· Bid vir lande vanwaar vlugtelinge kom, vir stabiliteit en uitkoms
· Bid vir ons regering, vir verantwoordbare wetgewing en beleid rakende vlugtelinge.
· Bid vir die veiligheid van wetstoepassers en beskermingsdienste.
· Bid vir God se liefde in die harte en lewens van alle mense.

U kan verwys na die volgende tekste waarin die saak van die vreemdeling aan die orde kom:
1. Ex 22:21: Behandel vreemdelinge met liefde, genade en regverdigheid.
2. Lev 19:33-34: Behandel vreemdelinge soos die eie burgers van die land.
3. Eseg 47:21-22: Wees mededeelsaam teenoor die vreemdeling.
4. Num 15:15-16: Gebruik dieselfde maatstawwe vir almal.
5. Deut 1:16: Vreemdelinge moet toegang tot die reg hê.
6. Deut 26:12-13: Ondersteun vreemdelinge finansieel.
7. Deut 27:19: God veroordeel die wat vreemdelinge verdruk.
8. Eseg 22:6-7, 22: Israel in ballingskap onder andere a.g.v. hulle houding teenoor vreemdelinge.
9. Jer 7:5-7: God se guns rus op hulle wat omsien na vreemdelinge.
10.Mat 25:34-46: Jesus se uitsprake oor vreemdelinge.

VOORBEELD VAN “N GEBED:

“Vader van ons Here Jesus Christus, ons bid dat U deur die werking van U Heilige Gees elke Christen in hierdie land in staat sal stel om ‘n werktuig van U vrede te wees. Ons bid dit vir elke dag van ons lewens, maar in besonder in hierdie tyd van haat teenoor die vreemdelinge in ons land. Wil u deur U kerk dwarsoor Suid Afrika in hierdie tyd U liefde vir alle mense openbaar, deur dit wat ons dink en sê en doen. Genees ons land! In die Naam van Jesus bid ons dit. Amen.

NEEM HIERDIE GEBED SAAM EN BID DIE GEBED SOVEEL KERE AS MOONTLIK DEUR DIE LOOP VAN DIE DAG TOTDAT HIERDIE TYD VAN GEWELD VERBY IS.

4 thoughts on “DAG VAN GEBED VIR VREEMDELINGE HAAT

Add yours

  1. Attie ek voel so jammer vir hierdie mense, hulle het juis gevlug van hulle eie lande omdat dit so gevaarlik daar is, daar nie kos is nie, nie werk is nie, en nou word hulle terug gejaag, my hart ruk elke keer wat ek hoor nog een is vermoor, dit is nie nodig nie!!! Dit is nie menslik wat hierdie mense aan hierdie mense doen nie, om hulle so aan die brand te steek, en te lag terwyl hulle brand, nee kyk ek is vrek bang vir vuur, dit is onmenslik wat nou aan die gebeur is in SA!!

  2. Meermin: Ek stem met jou saam. Na my mening toon hierdie optrede ‘n groter afwesigheid van menswaardige optrede as enige iets wat nog ooit in hierdie land gebeur het. Die ontkenning van die probleem deur die regering (Tot nou toe – ek sien Thabo Mbeki het gisteraand die Weermag in Gauteng ontplooi) grens ook na my mening aan misdadige optrede en stilswyende goedkeuring van wat besig is om te gebeur.

  3. Attie ek wil ook langs hierdie weg voorbidding vra vir alle Suid Afrikaners wat oral oor in Afrika woon en werk. My seun is getroud met ‘n portugese vroutjie en woon in Mozambiek. So ‘n paar jaar gelede is hulle saam met ‘n paar ander Suid Afrikaners wat daar werk, in hegtenis geneem en toegesluit in Xai Xai. Rede was dat hulle nie hulle paspoorte by hulle gehad nie. Die aand hoor hulle hoe die polisie met mekaar praat oor die Moz. burgers wat deur honde aangeval is in SA en hoor hoe hulle wonder waar hulle honde kan kry om dieselfde met die Suid Afrikaners te doen. Kom ons bid dat na aanleiding van wat in SA gebeur, vreemdelingehaat nie in ons buurlande sal ontspring nie. My jongste dogter en haar man werk in Luanda, Angola, dus raak ek maar bietjie senuweeagtig, maar bly glo en vertrou en maak staat op almal se gebede.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: