OPROEP TOT GEBED AAN ALLE CHRISTELIKE KERKE
Transformasie Afrika, Jerigo Mure en die Jesus Projek doen ‘n beroep op alle gemeentes om komende Sondag besondere aandag aan gebed te gee n.a.v. ‘n soortgelyke oproep van die AGS vandeesweek.
Sag 7:9-10 : So het die HERE van die leërskare gespreek en gesê: Spreek ‘n eerlike vonnis uit en bewys liefde en barmhartigheid die een aan die ander. En moet nie die weduwee en die wees, die vreemdeling en die arme verdruk nie en kwaad in julle hart teenoor mekaar bedink nie.”
Die Bybel is duidelik dat ons vreemdelinge onder ons moet liefhê. Tans beleef ons ongekende geweld teen immigrante en vlugtelinge van ander lande in Suider Afrika. Lees voort “DAG VAN GEBED VIR VREEMDELINGE HAAT”