Die laaste paar weke is ek baie besig om na te dink oor die gedagte dat God besig is om alles nuut te maak en dat die kerk in hierdie nuutmaakproses ‘n baie belangrike instrument in God se hand is.
As bv. Handelinge 3:1-26 lees, dan is dit duidelik dat God ‘n mate van kontinuïteit tussen die Ou Testament en die Nuwe Testament ingebou – of kontinuïteit tussen tussen Israel en die kerk (Die Nuwe Israel). ! Kor. 5:18 stel dit dan ook dat God die bediening van die versoening aan ons (Die wat reeds ‘n nuwe skepping is omdat hulle in die Here Jesus glo) toevertrou het. Die kerk bedien die versoening aan die wêreld.
Hierdie nuutmaakproses begin op Pinskterdag wnneer die Heilige Gees uitgestort word. Lees voort “‘N NUWE SKEPPING IN WORDING”