Ek het gisteraand met die tieners gepraat oor eredienste. Nou help dit nie mens praat met tieners oor eredienste as hulle nog nie ‘n besluit geneem het oor kerk toe gaan nie. Ons ervaring is dat ‘n groot groep van die tieners wat aan die einde van die jaar belydenis van geloof aflĂȘ, wegraak en dan soms eers terugkom kerk toe wanneer hulle kinders laerskool toe gaan.
Ek het toe vir die tieners tien redes gegee wat mense gebruik om te verduidelik waarom hulle nie kerk toe gaan nie. Die tien redes was:
1. Ek is as kind gedwing om kerk toe gaan.
2. Mense in die kerk is skynheilig – hulle dink hulle is beter as ander.
3. Daar is soveel verskillende kerke, ek kan nie besluit na watter een toe om te gaan nie.
4. Ek het gegaan, maar ek het gou verveeld geraak en toe besluit om nie weer te gaan nie.
5. Ek gaan met spesiale geleenthede kerk toe.
6. Nie baie van my vriende gaan, so ek gaan ook nie kerk toe nie.
7. Ek sal gaan wanneer ek bietjie ouer is.
8. Ek het net nie tyd nie, my program is te vol.
9. Die kerk is of te warm of te koud.
10. Die kerk is net agter geld aan.
Ek het hulle bietjie hieroor laat gesels, en toe die volgende vergelyking gebruik wat hulle aan die giggel gesit het: Lees voort “KERK TOE GAAN – OF NIE”