SKAKEL DIE LOSSTAANDE PUNTE AAN MEKAAR

Ons het gisteraand laat by die huis gekom. Ons was vir die naweek saam met Scot McKnight en sy vrou in Stellenbosch. Scot het Sondag drie keer by by Stellenbosch gemeente van Theo en WIlma Geyser gepreek en Maandag ‘n drie ure lange lesing gegee oor die “Missional Jesus.” en “Teaching the gospel to a Post-Modern generation.

Scot McKnight is een van die leidende Nuwe Testamentiese denkers in die wêreld en is veral goed ingelig oor die sogenaamde “emergent” beweging wat veral daarop wil fokus om die wonderlike waarheid van die evangelie aan die post-moderne geslag te verkondig. Alheowel Scot baie begrip het vir die “emergent” beweging, is hy ook bereid om krities by hulle betrokke te wees.

Vir my persoonlike het Scot soos ‘n vars briesie gewaai omdat hy bereid was om onomwonde te sê dat Hy in die liggaamlike opstanding van die Here Jesus glo. Natuurlik is hy nie die enigste een nie, NT Wright, die leidende Nuwe Testametiese teoloog in die wêreld huiwer ook die om dit te sê in verskeie van sy skrywes en dan ook in die boek wat ek nou gelees het: Surprised by Hope.”

Donderdagaand het Scot vir ons hierdie video gewys om ons daarvan bewus te maak dat ond die “dots” aan mekaar moet link. Die “dots” wat ons aan mekaar moet skakel is veral in die skrywes van Lukas, wat ons sal laat verstaan hoe belangrik “fellowship” in die kerk is.

Die video snit was vir my goed en ek wil dit graag wys. Kyk bietjie hierna:

2 thoughts on “SKAKEL DIE LOSSTAANDE PUNTE AAN MEKAAR

Add yours

  1. beste attie,
    wens ek kon ook daar by julle gewees het -ek is redelik ver weg maar nouja. Ek sit in Engeland. Onlangs het die BBC hier berig dat slegs 2 persent Britte op ‘n sondag na die Church of England kerk toe gaan. Dit maak mens so hartseer. Ekself het bietjie gaan kyk hoe hierdie denominasie dinge doen en kan tot ‘n mate verstaan oekom soveel jong en ouer mense dit maar los. Eerstens was daar ‘n koue atmosfeer toe ek by die kerk instap; tweedens was die liturgie so dood soos ‘n mossie en derdens kon ek min van die Evangelie in die prediking ervaar. Maar ek se sekerlik niks nuuts nie?
    Mag die Here soos in die dae van Andrew Murray ook hier in Engeland herlewing stuur.
    Groete
    Willem

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: