Die NG Kerk het ‘n unieke tradisie. Die gebruik om in die dae tussen Hemelvaart en Pinkster bymekaar te kom het sy oorsprong in die 19de eeu in Wellington in die tyd toe Dr. Andrew Murray die predikant was. Sy gemeente was die eerste gemeente om Pinksterfees op hierdie wyse te vier. Op die Sondag van Pinksterfees waarop die uitstorting van die Heilige Gees normaalweg gevier word, het daar ‘n onverwagse herlewing in die gemeente uitgebreek.
Sedertdien hou die NG kerk in hierdie tyd Pinkster. Oorspronklik was dit tien dae lank wat die gemeentes elke aand by mekaar gekom het en Pinksterbidure gehou het.Met die verloop van jare het dit meer van boodskappe met een of ander spreker geword en het die gewoonte om dit Pinksterbidure te noem verdwyn en is daar net na die tyd verwys as Pinkster. Later het die tien dae ook verminder na vier dae. (Sondag na Hemelvaart tot die Donderdag voor Pinkster-Sondag.)
Ons spreker in Rustenburg hierdie jaar is Scot McKnight van Jesus Creed. (Ek het ‘n skakel na sy blog.) Ek het vanoggend gepreek na aanleiding van Handelinge 1:12-26 oor hoe die eerste gelowiges die tyd tussen Jesus se Hemelvaart en Pinkster-Sondag gewag het.
In breë trekke, het ek die volgende probeer beklemtoon:
1. Hulle het gehoorsaam gewag.
2. Hulle het eensgesind, volhardend en biddend gewag.
3. Hulle het met die Woord oop voor hulle gewag.
Jy kan die preek uit Handelinge 1:12-26 hier lees.
Me as a child of God wants to know and understand the Byble beter.