NIE MEER ‘N VAKANSIEDAG NIE

More is dit veertig sedert Paasfees. Veertig dae sedert die kerk Jesus se opstanding gevier het. More vier die kerk oor die hele wêreld die hemelvaart van ons Here Jesus. Tot 1994 was hemelvaartdag ‘n openbare vakansiedag in Suid Afrika, nou nie meer nie. Verskeie Christen-sakemanne hanteer die dag nog steeds soos ‘n vakansiedag. Ek weet ook van ‘n hele paar van ons lidmate wat elke jaar op hierdie dag verlof vat.

In ons eie gemeente was dit vir ons ‘n nuwe uitdaging om die belangrike dag in die kerk te bly vier. Op een of ander manier het ons by ‘n stil nagmaal uitgekom. Op die Donderdag is die kerk van 06:00-08:00 en 18:00-20:00 oop. Elke persoon kan op sy eie tyd inkom aan die hand van ‘n handleiding stil word en wanneer hy/sy reg is vorentoe stap en dan sal een van die leraars vir hom/haar nagmaal bedien.

Die wonderlike daarvan is dat ons konstant meer mense het wat op so ‘n Donderdag stil nagmaal gebruik as wat ons ander tye mense tydens ‘n hemelvaartdiens in die kerk gekry het. More doen ons dit weer anders. More hou ons ‘n aanddiens. Ons sluit die veertig dae na Paasfees met die erediens af.

Vir veertig dae lank het Jesus op verskillende tye en verskillende plekke aan die dissipels en aan ander gelowiges verskyn om hulle te oortuig dat hy werklik uit die dood opgestaan het. Naby Betanië is hy in die hemel opgeneem terwyl die dissipels vir Hom gestaan en kyk het.

Die hemelvaart is die einde van Jesus se werk op aarde. Deur die kruis en die opstanding van Jesus Christus is mense met God en met mekaar en met die kosmos versoen. Tussen hemelvaart en Pinkster is daar tien dae. Tien dae van wag vir die dissipels. Tien dae van wag vir die belofte van die Heilige Gees om vervul te word. Wag op die vervulling van die belofte van die vervulling met die Heilige Gees. Wag sodat die kerk onder die leiding van die Gees van Christus die werk van Christus kan voortsit.

Die uitstorting van die Heilige Gees is ‘n unieke eenmalige gebeurtenis en kan nooit weer so herhaal word nie. Die Bybel is baie duidelik daaroor dat die Heilige Gees nou in sy volheid in elke een woon wat in Jesus Christus glo. Ek kan nie meer van die Heilige Gees kry nie, die Heilige Gees kan net meer van my kry. Wanneer die Heilige Gees meer en meer van my kry, is ek al hoe meer bruikbaar in die voortsit van die werk van Christus deur die kerk.

Ons gemeente gaan ook hierdie tien dae gebruik om te wag. Ons gaan fokus op die dele van ons lewens waar ons vir een of ander rede die Heilige Gees nie wil toelaat om in beheer te wees nie. Daardie terrein van my lewe waar ek kies om nie die regte te ding te doen nie, selfs al weet ek wat die regte ding is om te doen. Ek gaan getrou wees in hierdie wagtyd. Ek gaan soveel as moontlik kontak met die Here hê. Ek gaan tiend dae met ‘n verwagting leef dat die Here my ‘n meer bruikbare instrument sal maak.

As gebarste erdekruike sal ons wag en beskikbaar wees sodat die wonderlike lig van die werkende Gees van God helder deur die barste skyn.

Kom ons wag op die Here.

5 thoughts on “NIE MEER ‘N VAKANSIEDAG NIE

Add yours

  1. God het dit aan ons belowe, ons moet glo, en Hom dank dat ons dit reeds geontvang het.

    Liewe Vader

    Seen asseblief vir Doom, hier op die blog het U deur middel van Doom soveel mense staande gehou insluitende myself, dankie dat U hom koers gee en gevul het met die Heilige Gees, om vir ons selfs in die buiteland ‘n lig te kan wees.

    Here ons het U lief

    Amen

  2. Attie,

    Hiedie is ‘n goeie voorbeeld waar ons gedink het dat afskaffing van hemelvaartdag as vakansiedag ‘n bedreiging is vir ons geloof, dit blyk ‘n geleentheid vir geestelike verdieping te wees.

  3. Thinus: Dankie vir jou mooi woorde:
    Drikltjie: Ek dink aan China waar die kerk onderdruk word, maar die kerk steeds vinniger groei as enige ander land in die wêreld. Godsdiens raak baie keer vir ons vanselfsprekend as dit te maklik is.

  4. Hi Platter: Ek dink darem daar is nog sulke gemeentes, maar dankie in elk geval vir jou mooi woorde. Ons het ook maar ons aftye en kopstamp tye, maar ek kan met groot oortuiging sê dat ons hele personeel (12 Mense in totaal) dieselfde passie deel. Ons stem net nie altyd saam oor hoe die passie uitgeleef moet word nie. Meeste van die tye werk ons dit egter uit – Scot McKnight wat ons nou besoek was een reuse spanpoging en gisteraand was van die ouens tot laat besig en hulle sal vandag en more ook nog ‘n hele paar ure insit om dinge gereed te kry.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: