LUISTER NA PREKE

Scot McKnight besoek Rustenburg volgende week en ons gaan die klank van die dienste ook op internet beskikbaar stel. Ons doen bietjie van ‘n proeflopie met my laaste preek. Jy kan hier daarna luister. Ek hoor graag jou mening en as dit goed gaan, gaan ons op ‘n meer gereelde basis preke hier plaas.

NIE MEER ‘N VAKANSIEDAG NIE

More is dit veertig sedert Paasfees. Veertig dae sedert die kerk Jesus se opstanding gevier het. More vier die kerk oor die hele w√™reld die hemelvaart van ons Here Jesus. Tot 1994 was hemelvaartdag ‘n openbare vakansiedag in Suid Afrika, nou nie meer nie. Verskeie Christen-sakemanne hanteer die dag nog steeds soos ‘n vakansiedag. Ek weet ook van ‘n hele paar van ons lidmate wat elke jaar op hierdie dag verlof vat.

In ons eie gemeente was dit vir ons ‘n nuwe uitdaging om die belangrike dag in die kerk te bly vier. Op een of ander manier het ons by ‘n stil nagmaal uitgekom. Op die Donderdag is die kerk van 06:00-08:00 en 18:00-20:00 oop. Elke persoon kan op sy eie tyd inkom aan die hand van ‘n handleiding stil word en wanneer hy/sy reg is vorentoe stap en dan sal een van die leraars vir hom/haar nagmaal bedien. Lees voort “NIE MEER ‘N VAKANSIEDAG NIE”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑