Ek kon nie self daar wees nie, maar ek sou bitter graag wou. Is hier iets aan die gebeur?
Die reuse tent op ‘n afstand.
Al die motors wat geparkeer was.
Die binnekant – die grootste tent in die wêreld.
Kom loer bietjie in.
Ek kon nie self daar wees nie, maar ek sou bitter graag wou. Is hier iets aan die gebeur?
Die reuse tent op ‘n afstand.
Al die motors wat geparkeer was.
Die binnekant – die grootste tent in die wêreld.
Is dit nie ongelooflik om te aanskou nie. Baie dankie Suid Afikaanse mans, Bly om te sien ons kan darem in geloof saam staan.
Briljante Idee aan die organiseerders.
Riana: Dit was vir my ook ‘n besondere geleentheid alhoewel ek nie daar was nie. Die manne in ons gemeente wat daar was het regtig ‘n besondere ervaring gehad.
‘n Paar aanhalings van oom Angus:
– “God is not your china.” Hy moet gerespekteer word. Daarom dat ’n mens heilig moet lewe voor Hom.
– “Geloof,” is om te glo wat jy nie kan sien nie – en die beloning vir jou geloof is om te sien wat jy glo.”
– “Hulle het my die reënmaker genoem. Ek het gesê ek is nie die reënmaker nie, ek is die Reënmaker se seun!”
– “Moenie te trots wees om dit te doen nie”
– “Ek gee nie om hoe goed jy dié boek(Bybel) ken nie, as jy nie die Outeur daarvan ken nie, weet jy niks.”
– “If your vision doesn’t scare you, it is not big enough!”
– “Vir my is Jesus meer werklik as julle wat hier voor my sit.”
– “Ons verwag nie herlewing nie, ons is in herlewing”
Dit was ongelooflik, daar is definitief ‘n honger in die Afrikaner man. Of dit nou na identiteit in SA is en of dit geestelik is. Ek stem Riana – Daar is nog iets wat ons as SA- kaners bind en dit is ons geloof. Ek dink dit is juis dit dat die mans en vrouens wil saamstaan en meer geleenthede soos die kan geskep word. Die wonderlike ding van die naweek is dat alhoewel ons in die motors lang toue gestaan het, lang toue vir etes en sitplek moes soek het niemand ongeduldig of kwaad geword het vir sy mede christen broer(ook bruin/swart/japenees tot ausies) nie. Die Heilige Gees het deur daardie tent beweeg en ELKE man aangeraak. Met lofprysing het ons “Ons Koning kom” oor en oor gesing en die pasie waarteen dit gesing is getuig ook van die honger om Jesus weer te sien kom eendag maar ook nou in ons lewens.
AMEN !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
HeLo: Wat vir my wonderlik is, is die positiewe kommentaar wat veral van teoloë se kant af kom wat dikwels sulke gebeure met ‘n kritiese oog bekyk. Ek wil saamstem: “Ons verwag nie herlewing nie, ons is in herlewing”
Doom
Toe ek dit lees, het geweet ons gebede van die laaste jaar is beantwoord, geen rock ster, pastoor dominee het nog in die geskiedenis reggekry wat daardie eenvoudige boer reggekry het nie.
Daar was gen fundamentalistiese comments gewees nie, maar ‘n boodskap van vrede en liefde.
My gebede is saam met julle in SA,
God Bless
Tiens
Dit was ongelooflik gewees, het my totaal en ingrypend verander.
Ek glo met my hele hart dat herlewing hier is, en dat die lot van Suid-Afrika aan die verander is.
Exciting times!
Thinus: Hy is baie nederig oor die hele aangeleentheid. Angus gee al die eer aan die Here en so ver my kennis strek verdien hy self geen geld hieruit nie. Die toegangsgelde is gebruik om die boere wat gras op hulle lande geplant het waar die motors kon stop te vergoed.
duskant: Ek beny elke ou wat daar was. Ek dog nog ek kry ‘n kaartjie vir Loftus toe is dit ook klaar uitverkoop.
PRYS GOD!!! Een vd ouens in Danie sel sel groep kom 10 kaartjies vir Loftus kry en ons gaan. Ek kan nie wag nie. Ek is so bly dat die mans weer hulle hoe priesterskap terugvat wat satan by hulle gesteel het. My twee seuns, Danie en Jannie, was DAAR op GReytown, eintlik was hulle hele sel en nog ‘n paar ander manne van TimeOut Miniestries saam gewees. Toe hulle sondag aand terugkom, en ek vra ja hoe was dit? Toe staan geharde manne met trane in hulle oe. Party het na my toe gekom en hulle arms om my gesit en op my skouer gesnik. DIT IS MOS MANNE. Kom ons bid en wag… Loftus.. BEloftes en God se woord kom nooit leeg terug nie.
Groete
Anita du Plooy
Ds. Attie
Ek sou graag wou dat iemand een of ander tyd verduidelik wat presies behels die “priesteskap” van mans wat almal so oor praat. WAt doen ‘n man wat ‘n priester is? Word hy weer tussenganger tussen sy huishouding en God of wat?
Bertus: Ek dink nie enige iemand bedoel daarmee dat mans ‘n tussenganger rol speel nie. Geen mens kan as tussenganger tussen enige ander mens en God optree nie. Wat ek hoor van die mans wat daar was is dat hulle besef het dat hulle saam met hulle vrouens ‘n verantwoordelikheid het vir die geestelike rol wat hulle in die gesin moet speel, en ook dat hulle in die gesin ‘n diens-rol kan vertolk. Hulle het opnuut weer onderneem (sommige van hulle vir die eerste keer om hulle deel by te dra met betrekking tot die geestelike vorming van die gesin. Ons beleef in die gemeentes dat in die meeste gesinne vrouens ten opsigte van die geestelike verantwoordelikheid in die huis ‘n alleenpad stap.
Kobus. Ek het deur die nag verder gedink oor hierdie saak. Ek verstaan my priesterskap (ook in die huis) na aanleiding van 1 Petrus 2:9: “Julle, daarenteen, is ‘n uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.” Om priester ook in my huis en by my werk en op straat te wees, is om iemand te vertel van die groot velossingsdade van God. Ek moet dit aan my kinders vertel en ander mense of instansies, soos die kerk, moet my vertel aanvul. Ek moet saam met my vrou en saam met my gesin die Woord lees en saam met hulle bid. Op die ou end is dit maar een bedelaar wat aan ‘n ander bedelaar sê waar om kos te kry. Op die ou end wil ek graag sien dat elkeen van my kinders (my seun en my dogters) dieselfde rol vervul. Ek hoop dit help.