SYPAADJIE DEMOKRASIE

Ongeveer ‘n maand terug kry ek dr. Jan du Plessis van INTERSEARCH se nuusbrief van vir Februaurie. Hy gebruik toe die term SYPAADJIE DEMOKRASIE. Die parragraaf lees soos volg:

Manifestation of pavement democracy
The functional decay of Government will inevitably lead to a loss of sovereignty as people take over traditional government functions as their own responsibility. This will be addressed in every city suburb, small town and farming community where people accept responsibility for their own interests, because their environment has become “governmentally empty”. Emerging here are not new political parties or sinister anti-government forces, but simply new interest groups outside the formal political process. If this is going to be the new dominant trend, democracy in its present from, is unlikely to survive. A direct form of control and management of interests on street level introduce some new kind of political system that could be called: pavement democracy.

Nou lees ek Sondag in RAPPORT hierdie berig.

“Vier jaar gelede het Sannieshof begin stink. Onverwerkte rioolwater het in die strate afgeloop, watertekorte het dae lank aangehou en die kraanwater was ondrinkbaar.

Inwoners het munisipale rekeninge met growwe foute daarop gekry, die slaggate in die paaie het ál groter en dieper geword en die rommel het in die strate opgehoop.

Vandag is die stank van rioolvuil weg, die water is skoon en die mank infrastruktuur is stadig maar seker aan die verbeter.

En dit is alles te danke daaraan dat die inwoners self die stadsraad se werk oorgeneem het.

Ondanks die groot verbetering met die lewering van dienste is die munisipaliteit tjoepstil oor die vordering.

Met die geld wat hulle insamel deur die betaling van ’n deel van hul munisipale rekeninge te boikot, het die plaaslike gemeenskap binne drie maande die dorp se waterkrisis opgelos, toerusting vervang en is hulle op die punt om die haglike padinfrastruktuur te verbeter.”

Nou wonder ek of hierdie dalk ‘n oplossing kan wees vir ouens wat in Suid Afrika gaan bly.

Wat dink jy?

11 thoughts on “SYPAADJIE DEMOKRASIE

Add yours

  1. Mooi so Sannieshof!! Ek dink dis ‘n baie goeie idee! As ons ons land wil red van totale agteruitgang en ondergang, sal ons skouer aan die wiel moét sit. Ek het Sondag van iemand in ons kerk gehoor wat mense soek om haar te help om ons plaaslike polisiekantoor se tuine te gaan help verfraai. Dis vir my positief!!

  2. Ek moet ook se knap gedaan. Tog daar sit idiote op die stadsraad wat groot salarisse trek. Hulle gaan nou nog minder doen en steeds betaal word. Wat daarvan as die sleutelposisies van die stadsraad deur mense gevul word wat die publiek daar stel? Of word dit reeds gedoen?

  3. Kaalvoetkind: Ek het ook gedink dit is ‘n positief.
    Adrie: Dit lyk vir my hierdie optrede is juis die gevolg van onbekwame persone in die stadsraad.
    Alec: Ek dink ook die regering gaan vasskop, maar ek is verbaas oor die feit dat die plaaslike regering in Sannieshof doodstil is daaroor.
    Platterfuss: En baie keer kritiseer ons net en wag dat iemand anders iets doen intussen gaan dinge rondom ons tot niet.

  4. If it is to be, it is up to me. Ons die inwoners van hierdie plek is die enigste mense wat ‘n verskil kan maak. As die raadslede dan onbevoeg is, so be it. Maar moenie dat standaarde agteruitgaan omdat ons te besig is om vingers te wys nie. Doen iets is altyd beter as doen niks

  5. Ek hou ook hiervan. Ons heil is nie in die regering nie (alhoewel ons nie anti-regering is nie). Waar ons kan hande vat moet ons, maar om agteroor te sit en te wag is nie ‘n ‘viable’ opsie nie.

  6. Hoera vir Sannieshof! Wys net wat kan gedoen word. Help nie ons bid vuriglik vir verbetering en ons sit nie self skouer aan die wiel nie. Ons moet leer om saam te staan en saam op te staan vir die dinge waarin ons glo en as ons regte beskou.

  7. Seblief Doom, verstaan dat jy baie besig is en ook n breuk nodig het, maar jou daaglikse stukkies het al baie gehelp as ek wil sink…

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: