LANDMYNE EN GENADE

Ek het die naweek bietjie by die familie in Pietersburg gekuier en kon nie ‘n inskrywing maak nie. (Net te lekker gekuier.)

In my eie Bybel-studie is ek op hierdie stadium besig met ‘n in diepte studie van die Bergpredikasie (Matteus 5-7)

In ‘n groot mate het Jesus dit in die Bergpredikasie teen die Fariseërs. Die Fariseërs het besluit dat hulle die wet van God sal beskerm deur honderde klein wette te maak om te verseker dat mens nie die wet oortree nie. Tog maak Jesus uitsprake wat mens laat wonder watter rol genade in die lewe van die koninkryksmens speel. Is die pad na die koninkryk van die hemel dan nie op die ou end vol landmyne nie?

In Matteus 5:17-20 staan hierdie woorde:

17. “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry.

18. Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is.

19. “Wie dan ook een van die geringste van hierdie gebooie ongeldig maak en die mense so leer, sal die minste geag word in die koninkryk van die hemel. Maar wie die wet gehoorsaam en ander so leer, sal hoog geag word in die koninkryk van die hemel.

20. Ek sê vir julle: As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as dié van die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie.”

Ek sou graag ‘n paar van julle se gedagtes hieroor wil hoor. Jy hoef nie noodwendig na aanleiding van een van hierdie vrae kommentaar te lewer nie, maar dalk kan ek met die vrae jou gedagtes prikkel:

Wat is die eerste ding wat jou opval wanneer jy hierdie verse lees?

Watter vrae kom by jou op wanneer jy hierdie verse lees?

Het jy dalk al beleef dat een van die gebooie deur dit wat mense verkondig ongeldig gemaak word? (Vers 19)

Hoe kan my en jou getrouheid aan die wet meer inhou as die van die Fariseërs? (Vers 20)

EK hoor graag van julle?

7 thoughts on “LANDMYNE EN GENADE

Add yours

  1. Attie, ek’s bly jy is hier. Nie noodwendig oor die onderwerp, maar tog. In die OT was die Wet al wat die mense gehad het, hulle het daarvolgens gelewe om hul saligheid te kry. Toe kom die Jesus, en deur Sy kruisdood leef ons nou in genade. Ons leer dat ons net deur Sy genade die Nuwe bedeling kan beërwe. Nou is my vraag, wat help dit om dan al die wette te gehoorsaam, (ek’t niks daarteen nie, glo self daaraan en gebruik dit as maatstaf om volgens te lewe.), as dit nie vir jou Saligheid kan bewerk nie?

  2. pikkelik: God skenk aan ons die verlossing sonder enige iets wat ons kan doen om dit te verdien. Nie eers geloof is iets wat ek doen nie, dit is net die omarming van God seg genade in Christus Jesus. Vanuit hierdie genade is ons in staat om die wil van God tot in fynste besonderhede te gehoorsaam. Die doel van die wet was nooit om God se genade te verdien nie, die mens (Fariseërs en Skrifgeleerdes) het die wet verdraai en daarvan iets gemaak waardeur ‘n mens God se genade verdien. Die doen van die wil van God, is die manier waarop ons ons liefde vir God en ons liefde vir ons medemens uitleef. As ek die wil van God doen word ek ‘n vertoonvenster van God se genade. In sy groot genade skenk God aan ons ‘n nuwe lewe waar ons uit liefde doen wat God wil hê ons moet doen.
    Ware geluk lê vir die Christen in die doen van God se wil.
    Skuus vir die lang antwoord.
    meermin:Dit was ‘n lekker tydjie van rus gewees. Sterkte vir jou.

  3. Interessant, ons dominee het gisteraand oor dieselfde deel gepreek. Hy het toe aangesluit by Ex:20 en gesê dis hoekom ons vandag die Sabbat hou. Ek dink toe by myself “maar die Sabbat is op Saterdag en dan doen ons mos nou iets verkeerd?” Geen wonder mense raak verward oor die kerk nie.
    Vir my is die antwoord in vers 20: ‘…As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as dié van die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie…’ Dit beteken juis vir my dat dit nie letterlik is nie (die Fariseërs was goed daarmee), maar dat dit rigting aanwysers is om jou te help om by God uit te kom. Ek sien dit so: As jy Lojaal is teenoor iemand en dan nog lief is vir die persoon ook, (en die iemand voel dieselfde oor jou ook), het jy nie elke dag ‘n prokureur nodig om julle verhouding te reel nie, dit kom uit die hart uit. En dis wat Jesus ons kom leer het.

  4. Jip, is so Alec – ek hou van daardie laaste deel se verduideliking – en dit kom daarop neer dat as jy en Jesus so: || is… (/me hou die wys- en middelvinger so teen mekaar) – dan is daar somehow hierdie ‘ingebore’ (nuutgebore??) ingesteldheid om dié ‘geërfde’ liefde uit te leef – jy kan dit nie help nie, dis daar. En as dit nie daar is nie… wel , dan moet jy seker maar heroorweeg of jy jouself regtig ‘n Christen kan noem 😕

  5. Terloops Ds Attie…. toevallig dalk dat daar vandag 3 blogs is met die tema (of gedeelte daarvan) : “Genade”… dalk het jy vir my ‘n wyse woordjie daar op myne??

  6. Alec: Natuurlik vier ons nie meer die Sabbat nie. Die Sabbat was op die sewende dag van die week. Ons vier Sondag op die eerste dag van die week. Die dag waarop Jesus uit die dood opgestaan het. Die kerk is ‘n opstandings-gemeenskap. Maar, jy is heeltemal reg. Liefde maak dat dit wat ons doen nie plig is nie, maar ‘n liefdesdaad.
    BB: Dankie vir jou inset.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: