In die tronk, sonder rede in die tronk. Tog is hierdie man se getuienis “want ek weet dat alles op my redding sal uitloop…” In hierdie omstandighede weet Paulus dat hy ondersteuning van twee oorde kan verwag.
(i) DIe ondersteuning van vriende se gebed. (want ek weet dat alles op my redding sal uitloop omdat julle vir my bid…)
Paulus het nooit so belangrik of geestelik so volwasse geword dat hy nie meer aanspraak gemaak het op die gebede van sy vriende nie. Hy het altyd geweet dat nie hy of enige iemand anders enige iets kan doen sonder gebed nie.
In die tyd waarin ons lewe het gebed byna oorbodig geraak. Die indruk wat ek soms by mense kry, is dat hulle nie regtig daarvan oortuig is dat gebed ‘n verskil kan maak nie. Het die mense in ons dag dalk so onafhanklik en selfstandig geraak dat ons nie meer God se ondersteuning wat deur gebed verkry word nodig het nie?
(ii) Ondersteuning van die Heilige Gees. (… want ek weet dat alles op my redding sal uitloop omdat julle vir my bid en die Gees van Jesus Christus my bystaan.)
Die teenwoordigheid van die Heilige Gees is die vervulling van die Here Jesus se belofte dat Hy ons nooit in die steek sal laat nie en dat Hy aan ons ‘n ander Trooster gaan stuur om vir altyd by ons te wees. Lees voort “CARPE DIEM”