MURE WORD AFGEBREEK

Ons lees vandag Filippense 1:12-18.

Twee dinge trek vanoggend my aandag in hierdie gedeelte.

Die eerste is die gedagte dat Paulus nie sy beperkinge of sy omstandighede – die feit dat hy in boeie was -as ‘n inperking beleef het nie.

Paulus was in die tronk. Die hoof van die Romeinse wag het goedgunstiglik vir Paulus toegelaat om vir hom ‘n huis in te rig waar hy mense kon ontvang en met hulle kon praat. Die enigste voorwaarde was dat Paulus altyd aan een van die wagte geboei moes wees. Hierdie wagte het natuurlik ook op gereelde ure gewissel. In hierdie huis en in die teenwoordigheid van die wagte, het Paulus dan verskillende gaste ontvang met wie hy oor sy werk en oor die boodskap wat hy verkondig het, gesels het. In die teenwoordigheid van hierrdie wagte het hy ook verskeie briewe aan gemeentes en individue geskryf.

Dink maar self wat gebeur met mense met wie jy bv. jou kantoor of jou werkplek deel, daar ontstaan tog later ‘n verhouding waar mense oor ander dinge as  net die werk praat, dieselfde het blykbaar ook met Paulus gebeur. Paulus  stel dit so:

“Dit het daarop uitgeloop dat die hele keiserlike wag en al die ander nou besef dat dit ter wille van Christus is dat ek ‘n gevangene is.”

Kan jy dink wat sou gebeur as gelowiges nie hulle omstandighede as inperkinge beleef nie, maar hulle omstandighede as geleenthede sien om deur hulle leefstyl en deur hulle woorde ander vir Christus te wen. As die mense rondom ons sou kon besef dat ons bereid is om ter wille van Christus blymoedig in ons omstandighede te leef. (Onthou dat hierdie brief in ‘n groot mate oor blydskap gaan.)

Die tweede ding wat my opval is dat Paulus vertel van twee groepe se reaksie op sy in die tronk wees.

“Daar is wel party wat Christus verkondig omdat hulle jaloers op my is en iets teen my het, maar ander doen dit met opregte bedoelings.”

Sommige is jaloers. Die woord wat hy gebruik is erithea. Hy bedoel dat dit mense is wat die evangelie vir selfverryking (eritheia). Hierdie selfverryking was in sekere gevalle materiele selfverryking, maar dit kan ook wees dat hulle met Paulus uit die pad uit, die geleentheid het om bietjie status te kry en dalk Paulus se plek in die gemeenskap van die gelowiges in te neem.

Die tweede groep het Paulus se gevangeskap gesien as motivering om twee keer so hard te werk aan die verkondiging van die Goeie Nuus, omdat Paulus se afwesigheid ‘n groot leemte gelaat het. Hierdie tweede groep se motiewe was suiwer.

Wat my tref is Paulus se reaksie hierop. Paulus wys nie eers die mense met die verkeerde motiewe tereg nie. Sy reaksie hierop is:

“Maar wat maak dit saak? In elk geval, of dit met bybedoelings is of in opregtheid, op allerhande maniere word Christus bekend gemaak, en daaroor is ek bly. En ek sal my ook verder verbly…”

Hierin vind ek een van die redes waarom die kerk en sy leiers, swaar kry om met geloofwaardigheid en integriteit in die gemeenskap en dikwels selfs in gemeentes te funksioneer: Ons gun mekaar nie ons sukses en prestasie nie, ons sien die ander persoon dikwels as ons vyand omdat die persoon gewaag het om my te kritiseer en met my te verskil. Ons dink dikwels ‘n persoon kan nie die saak van die Jesus Christus so goed soos ek bevorder nie, omdat die persoon se fokus en prioriteite en werskwyse van myne verskil.

Ons sien elke dag rondom ons hoe die persone wat evangelisasie by wyse van keuse beklemtoon deur die wat evangelisasie by wyse van toerusting beklemton as minderwaardig en nie effektief op die langtermyn beskou nie.

Die teenoorgestelde is ook waar in die sin dat die wat evangelisasie van die keuse nie ruimte laat daarvoor dat die evangelisasie van toerusting of opleiding meer op die langtermyn positiewe gevolge kan hê nie.

–> Paulus het die mure van sy omstandighede geïgnoreer en hom nie daardeur laat inperk nie.

–> Paulus het nie toegelaat dat ander se minder suiwer motiewe ‘n muur tussen hom en hulle laat ontstaan nie.

Dalk het die kerk en sy leiers hierin ‘n paar lesse om te leer.

1. Watter van jou omstandighede is ‘n beperking op jou wil om die Goeie Nuus uit te dra?

2. Waar sien jy in die praktyk van die kerk hierdie jaloesie waaraan Paulus hom nie skuldig maak nie.

More lees ons Filippense 1: 18-26.

3 Kommentaar

Filed under BYBELLEESPROGRAM, Die Christelike Lewe, Filippense

3 responses to “MURE WORD AFGEBREEK

  1. Meermin

    Attie hoe breek mens ‘n muur af wat tussen jou en jou man is? Daai muur word net hoèr en dikker!!

  2. Meermin: Ai jong, dit is ‘n baie moeilike vraag. Ek het opgetel dat jy baie swaarkry in jou huwelik.
    Mag ek aanbeveel dat jy jou nie laat inperk nie. Leef voluit al beteken dit soms dat jy sekere dinge sonder jou man moet doen. Maar, sou dit moontlik wees om hom steeds met respek te behandel selfs al verdien hy dit nie? Jy sal weet.

  3. HeLo

    Meermin
    As ek net ietsie kan sê. Jy breek die muur nie af nie, jy laat toe dat hy dit self doen. Leef voluit en bid dat daardie muur verbrokkel. Ek stem saam Doom, hou aan om hom met respek te hanteer. Sterkte

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s