MURE WORD AFGEBREEK

Ons lees vandag Filippense 1:12-18.

Twee dinge trek vanoggend my aandag in hierdie gedeelte.

Die eerste is die gedagte dat Paulus nie sy beperkinge of sy omstandighede – die feit dat hy in boeie was -as ‘n inperking beleef het nie.

Paulus was in die tronk. Die hoof van die Romeinse wag het goedgunstiglik vir Paulus toegelaat om vir hom ‘n huis in te rig waar hy mense kon ontvang en met hulle kon praat. Die enigste voorwaarde was dat Paulus altyd aan een van die wagte geboei moes wees. Hierdie wagte het natuurlik ook op gereelde ure gewissel. In hierdie huis en in die teenwoordigheid van die wagte, het Paulus dan verskillende gaste ontvang met wie hy oor sy werk en oor die boodskap wat hy verkondig het, gesels het. In die teenwoordigheid van hierrdie wagte het hy ook verskeie briewe aan gemeentes en individue geskryf. Lees voort “MURE WORD AFGEBREEK”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑