BLYE HERINNIRINGE

Paulus noem homself en Timoteus dienaars van Christus Jesus. Uit die ander briewe is dit duidelik dat wanneer Paulus na homself verwys as ‘n dienaar (slaaf) van Christus Jesus, dan bedoel hy drie dinge:

(i) Die Here Jesus is sy eienaar, omdat Hy hom met ‘n prys gekoop het. (1 Korintiërs 6:20)

(ii) Hy beklemtoon daarmee dat hy absolute gehoorsaamheid aan die Here Jesus verskuldig is.

(iii) In die Ou Testament was die titel van die profete dikwels diensknegte van die Here. (Bv. Amos 3:7 asook Moses, Josua, Dawid.) Dit is die mees besondere titel wat aan enige mens gegee kan word.

Paulus noem homself ‘n slaaf en hy noem die Christene die wat deur Christus Jesus aan God behoort.  Die direkte vertaling van die Griekse woord sou heiliges wees. Die woord wil eintlik net die Christen se andersheid beklemtoon. Wat ‘n Christen anders maak is dat hy altyd en oral bewus is van die alles-insluitende teenwoordigheid van die Here Jesus Christus. Hierdie andersheid van die Christen het sy oorsprong in die gelowige se verhouding met die Here Jesus. Hy leef in die teenwoordigheid van die Here Jesus.

In die volgende verse (3-11) word die kenmerke van die Christelike lewe uitgespel.

(i) Die Christelike lewe is ‘n lewe van vreugde. Die verskillende vreugdes in die Christen se lewe is:

  • Die vreugde van gebed. (1:4)
  • Die vreugde van Christus wat bekend gemaak word. (1:18)
  • Die vreugde van geloof. (1:25)
  • Die vreugde van die lyding en swaarkry ter wille van Christus. (2:17)
  • Die vreugde van die unieke Christelike gasvryheid. (2:29)
  • Die vreugde van in die Here te wees. (3:1 en 4:1)
  • Die vreugde van iemand wat iemand anders vir Christus gewen het. (4:1)
  • Die vreugde van  ‘n bewys van liefde wat ontvang is . (4:10)

(ii) Die Christelike lewe is ‘n lewe van voorbereiding vir die dag wanneer elkeen van ons met alles wat ons is aan Christus Jesus sal behoort. Die taalgebruik in vers 6 is die taal wat gebruik word wanneer iets as ‘n offer voorberei word. Die dag wanneer die Here jesus weer kom sal wees soos wanneer ‘n koning in die tyd van die Nuwe Testament ‘n plek besoek. Mense buig met geskenke voor die koning. In Jesus se geval is daar net een geskenk wat Hy van ons verlang: Ons self. Die hele lewe is ‘n tyd waarin ek as Christen myself voorberei om myself as geskenk aan Hom weg te gee wanneer Hy weer kom.

(iii) Die Christelike lewe is ‘n lewe waar ons sekere dinge met ander Christene deel.

  • Ons deel in dieselfde geskenk: Die genade van God. (1:7)
  • Ons deel dieselfde taak of roeping: Die verkondiging van die evangelie. (1:7)
  • Ons deel in dieselfde swaarkry: Die verdediging van die evangelie van Christus.  (1:7)
  • Ons deel dieselfde emosies: Ons het mekaar lief met die liefde van die Here Jesus. Ons het mekaar so lief as wat Jesus elkeen van ons het.  (1:8)

(iv) Die Christen se lewe is ‘n lewe van nimmereindigende groei. (1:9) Groei in ‘n besonder sensitiewe liefde – sensitief vir ander, ‘n sensitiwiteit wat aan ‘n mens daardie besondere wysheid gee om besluite te neem wat ander nie sal laat struikel nie. (Sien vers 9 en 10) In hierdie groeiproses word die Christen se lewenswyse al hoe meer ‘n heilige lewenswyse waardeur mense aangetrek word na die Goeie Nuus oor Jesus en nie weggestoot word nie. Dit is ‘n lewe wat beskryf word as onberispelik en sonder blaam.

(v) Die Christen se lewe het ‘n spesifieke doel: Die lof en die eer van God.

Vrae om oor te dink of met ander oor te gesels of om hier kommentaar op te lewer.

(1) Wie het in jou lewe dieselfde rol gespeel as wat paulus in hierdie mense se lewens gespeel het?

(2) Wie is die persoon wat jou vandag bystaan sodat jy in jou geestelike lewe vordering maak?

(3) Watter een woord beskryf Paulus se gevoel vir hierdie gemeente die beste?

(4) Watter een woord sal jou gevoel vir jou gemeente die beste beskryf? (Hoekom?)

More lees ons Filippense 1:12-26.

Advertisements

7 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe, Filippense

7 responses to “BLYE HERINNIRINGE

  1. Ronel

    Ek vermoed (sterk) die Here probeer met met my praat deur Fillipense. So maand terug het ek opdrag gekry om ‘n studie boekie, “Fillipense vir vandag”, te koop. En nou is daar ‘n bespreking oor dieselfde boek in die Bybel…

    Ek bewonder Paulus se deursettingsvermoee. Al val hy hoe hard, sien hy net die positiewe effek wat die gebeure sal hê. Hy skroom nie een oomblik om op te staan vir dit waarin hy glo nie, en met die wete dat hy nooit alleen is nie en dat God altyd by hom is, kon hy dit doen.

    Vir my is daar nie net 1 persoon in my lewe wat die rol van Paulus speel nie, maar ‘n paar.

  2. Nico

    Hallo, Attie.

    Ek hoop nie jy gee om dat ek vrae vra en ‘n paar opmerkings maak nie.

    1) Wat, indien enige, is die verskil tussen Jesus Christus & Christus Jesus?
    2) By punt iv). Wie is die ander vir wie ons ‘n sensitiewe liefde moet ontwikkel? Is dit die mense om ons, oftewel ons naaste? Is dit onsself? Is dit mense wat ons leed aangedoen het? Of is dit die wat nog met die Evangelie bereik moet word?

  3. en steeds lees en leer ek…

  4. Ronel: Ek hoop die gesprek kan jou ‘n bietjie help.
    Nico: Ek dink nie daar is regtig ‘n verskil tussen die twee gebruike nie. Ek self gebruik die twee sonder enige noemenswaardige verskil. Christus beteken gesalfde en Jesus is ‘n naam wat in die Ou Testament Josua sou gewees het wat verlosser of redder beteken. So dit sou kon wees Verlosser wat die Gesalfde (spesiale gesant) van God is, of Gesalfde van God wat Verlosser is.
    Oor die toeneem in begrip en fyn aanvoeling dink ek dit het te make met wysheid – wysheid wat my besluite laat neem en keuses laat maak wat nie die Here sal teleurstel nie, en oook nie iemand anders skade sal doen nie. Bv. As ek ‘n keuse moet maak oor sekere gewoontes, kan dit dalk wees dat daardie keuse my kinders skade sou kon doen. So bv. is ons lankal by die punt verby om rook as die doosonde te beskou, maar ons weet almal dat die dom is om die gewoonte te begin. Jy doen skade aan jou eie gesondheid, maar ons weet ook dat om in die teenwoordigheid van kinders te rook, die kinders baie skade kan doen. Fyn aanvoeling of sensitiewe liefde sal my help om in sulke omstandighede die regte keuses te maak en besluite te neem. Ek hoor graag verdere gedagtes daaroor.
    plattertjie: Dit is altyd lekker as ek jou naam hier sien. Groete.

  5. attie… Al sien jy my nie altyd nie, ek lees altyd… Is mos maar my daaglikse ‘fix’!

  6. meermin

    plat ek lees gereeld ATTIE se blog, dit is my krag vir die dag! Attie net Saterdag het ek vir my ‘n baie oulik boek gekoop “WOORDGEBED VIR VROUE” deur Bennie Mostert, dit is ‘n wonderlike boek, ek wil amper sè ‘n moet vir elke vrou.

  7. Thinus

    Doom,

    “n Vraag:

    Jesus se: …jy moet die Here jou God lief he met jou hele hart, siel en verstand EN WAT HIERMEE GELYK STAAN jou naaste soos jou self
    Hoekom staan die twee gelyk, God is tog baie belangriker as ons?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s