GEDAGTES OOR FILIPPENSE: AGTERGOND

Filippense is ‘n brief geskryf deur Paulus aan die gemeente in Filippi. (1:1)

DIE DORP/STAD FILIPPI.

(i) In die Filippi omgewing was daar goud en silwer myne wat tot so ver terug as die tyd van Feniciërs bewerk is. In die tyd wat Paulus Filippi besoek het, was die myne reeds uitgewerk, maar die myne het van Filippi ‘n ryk stad en gemeenskap gemaak.

(ii) Filippus, Alexander die Grootte se pa in 368v.C. het die stad begin ontwikkel op die ruïnes van ‘n antieke stad met die naam Krenides. Fillippi was op die hoofroete tussen Europa en Asië en dit is een van die redes waarom Paulus gekies het om in die dorp die Goeie Nuus oor Jesus te gaan verkondig.

Een van die grootste veldslae in die geskiedenis, wat die toekoms van die Romeinse Ryk bepaal het, het by Filippi plaas gevind toe Anthony vir Brutus en Kassius verslaan het.

(iii) Nie lank na die groot veldslag nie, het Filippi ‘n Romeinse kolonie geword waar ten minste 300 oud Romeinse soldate en hulle gesinne hulle gevestig is. Dit het beteken dat die mense van Filippi baie trots was op hulle status as Romeinse burgers.

In Handelinge 16 word Paulus en Silas in die tronk gegooi en en verse 20-21 is die belangrikste beswaar dat Paulus en Silas hulle vreemde gewoontes wil aanleer terwyl hulle trotse Romeinse burgers is – hulle leef volgens Romeinse gebruike en gewoontes, en hulle is baie trots daarop.

Juis daarom beklemtoon hierdie brief dat ons eerste lojaliteit is ons burgerskap van die hemel en nie in enige aardse burgerskap nie.

PAULUS IN FILIPPI

Handelinge 16 vertel die verhaal van Paulus en Silas se verblyf in Filippi in ongeveer 52 n.c.  Die verblyf in Filippi wentel rondom drie mense. In die eerste plek is daar Lidia die purperverkoopster wat die eerste bekeerling en dus Christen in Filippi was. (Handelinge 16:14) Die tweede persoon is die slavin met die waarsêersgees wat deur haar eienaars gebruik is mense se toekoms te voorspel. (Handelinge 16:16) Die derde persoon was die bewaarder wat op die ou end (saam met sy huisgesin) ook tot bekering kom en in God begin glo. (Handelinge 16:31-34)

Lidia was ‘n Asiaat, Die slavin was ‘n Griek en die soldaat was ‘n Romein, daarmee saam het hierdie drie mense ook uit drie verskillende vlakke van die samelewing gekom. Mense uit alle volke en uit al die vlakke van die samelewing (Besigheid; Slaaf; Romeinse middelklas) was besig om in die koninkryk van God ingetrek te word. Geen ander hoofstuk in die Bybel beskryf so mooi die alles- en almal-omvattende genade van die koninkryk van God nie.

VERVOLGING.

Paulus verlaat Filippi as gevolg van vervolging en onwettige arrestasie. Hierdie vervolging het ook die kerk in Filippi te beurt geval. (Fil. 1:7 en 2:28-30)

WARE VRIENDSKAP.

Daar was ‘n besonder unieke intieme virendskapsband tussen Paulus en die gemeente. Bv. Paulus het altyd daarop geroem dat hy sy eie inkomste verdien het deur tente te maak. Die enigste gemeente van wie hy wel ‘n bydra aanvaar het, was hierdie gemeente. Nadat hy Filippi verlaat het en in Tessalonika (4:16) en later in  Korinte  (2 Kor. 11:9) aangekom het die gelowiges in Filippi vir hom geld vir sy behoeftes gestuur.

DIE GELEENTHEID TOE DIE BRIEF GESKRYF IS

Paulus is in die tronk in Rome en dit is ongeveer 63/64 n.C. wanneer hy hierdie brief skryf.

(i) Paulus wil dankie sê vir die ondersteuning wat hy van die Christene in Filippi ontvang het. (4:10 en 11)

(ii) Die Christene in Filippi het Epafroditus na Paulus gestuur om hulle geskenk te bring maar ook om vir Paulus te help. Nou is Epafroditus letterlik siek van verlange na die mense by die huis, en Paulus stuur Epafroditus huistoe met hierdie brief om seker te maak dat die Christene in Filippi nie dink Epafroditus het hom in die steek gelaat nie. (2:29-30)

(iii) Paulus wou deur hierdie brief die Christen in Filippi moed in praat aangesien hulle deur ‘n moeilike tyd gaan en vervolging beleef as gevolg van hulle geloof in die Here Jesus (2:1-11) maar daar was ook vals leraars (3:2) wat gedreig het om die gemeente in twee te skeur.

Filippense is ‘n brief waarin die woorde vreugde en blydskap weer en weer gebruik word. Die noukeurige lees van hierdie brief het die potensiaal om ook ons harte en lewens met vreugde en blydskap te vul.

“Verder, my broers, wees bly in die Here! Om dieselfde dinge aan julle te skrywe, is vir my nie moeite nie, en vir julle gee dit sekerheid.” (Fil. 3:1)

More lees ons: Filippense 1:1-11.

Advertisements

2 Kommentaar

Filed under Filippense, Nagedink

2 responses to “GEDAGTES OOR FILIPPENSE: AGTERGOND

  1. Andries van der Walt

    Dankie vir die agtergrond-inligting Attie.

    Ek is besig met ‘n studie van Fillipense en het nog altyd die standpunt gehuldig dat die omstandighede en kultuur van die dag van die gebeure/skrywe, ‘n groot bydrae lewer om die teks in verband te verstaan.
    Daarom my soektogte op internet om die gedeeltes wat ek nader wil ondersoek, uit verskillende mense se perspektief te lees.

  2. Tiddie Botma

    Ek sal graag hierdie by ons selgroep wil gebruik. Sal u dit asseblief vir mu aanstuur. Baie dankie. Tiddie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s