Nelson Price was leraar van die Roswell Street Baptist Church in Cobb county Georgia. Hy wou graag ‘n televisie bediening in Amerika begin, maar hy wou dit doen in een van die gebiede waar daar die minste kerke en die meeste mense is. Hy het die navorsings afdeling van die Baptiste kerk geskakel en hulle gevra om hom te help en ‘n lys te maak van die mees kerklose streke in die VSA. Groot was sy verbasing toe hy ontdek dat Cobb County Georgia ook op die lys van gebiede was. Hy kon sy televisie bediening in sy eie agterplaas begin.
Handelinge 1:8 is die klassieke teks wat gebruik word om ons bewus te maak van ons missionĂªre verantwoordelikheid (In die ou dae het ons van ons sendingtaak gepraat.) Die vers lees so: “Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel – in Jerusalem, oor die hele Judea, in Samaria, en tot in die uithoeke van die aarde.”
Ek is so dankbaar vir ons voorvaders wat in die sewentiende eeu na die suidpunt van Afrika gekom het en saam met hulle die Goeie Nuus oor Jesus Christus en God die Vader en God die Heilige Gees gebring het en dat hulle die Goeie Nuus op hulle dikwels gebrekkige manier uitgedra het. Lees voort “EEN TREE TE VER”