REMBRANDT – DRIE KRUISE

Rembrandt Drie KruiseDie Drie Kruise skildery van Rembrandt word beskou as een van sy mees dramatiese werke. Die skildery het volgens kuns kritici al die elemente van ‘n besondere skildery.

Die skildery wys die dieptepunt van die lyding van die Here Jesus aan die kruis, die oomblik van Sy dood aan die kruis op Golgota.

Reuse strome van lig sny deur die duisternis wat volgens die Evangelies die ganse land gevul het. Die lig fokus op die Here Jesus en die twee moordenaars wat weerskante van Hom gekruisig is, asook die skare rondom die kruis. In die skare is dit moontlik om die emosies van die mense te identifiseer asook dit waarmee elkeen besig is.

Dit vra besondere aandag om in die skaduwees rondom die kruis (in besonder links bo) om die buitelyne van ‘n gesig daar raak te sien. Lees voort “REMBRANDT – DRIE KRUISE”

‘N DAG VOL GROOT GEBEURE

Ek wonder hoveel keer gebruik ons die woorde “‘n vol dag”. Soms is dit aan die begin van die dag wanneer daar ‘n vol program voorlê. Ander kere is dit aan die einde van die dag wanneer mens tot rus kom en jy besef, dat jy hierdie hele dag nie een oomblik kans gehad het om bietjie asem te skep nie.

My program is vandag redelik vol. Ag-uur moet ek by die kerkkantoor wees om die kennisgewings vir Sondag na te gaan; half nege moet ek by die skool wees om saam met een van my kollegas ‘n saak met die hoof te bespreek; daarna moet ek voorberei vir ‘n begrafnis een-uur; half drie begin my spreekkamer met drie afsprake en half ses oefen die musiekgroep met die oog op die naweek se eredienste. As ek vanaand by die huis kom sal ek sê: “Wat ‘n vol dag!”

Ek sal egter vandag die hele dag ook dink aan die volste dag in Jesus se lewe. Lees voort “‘N DAG VOL GROOT GEBEURE”

GESEËNDE PAASFEES

Dit was twee dae voor Paasfees. Jesus en sy geselskap was in Betanië in die huis van Simon die melaatse aan tafel. In die Ou  Nabye Ooste het mense nie aan tafel gesit nie, hulle het op hulle linker sy by die tafel gelê, sodat hulle met die regterhand kon eet.  Enige iemand wat na iemand aan  tafel aangestap kom sou heelwat hoër as die persoon wees.

Op hierdie dag het daar ‘n vrou na Jesus toe aangestap gekom. In haar hande was ‘n glasfles met baie duur nardusolie. Die waarde van die olie was 300 silwer muntstukke – ongeveer ‘n jaar se salaris vir ‘n werkende man.

Die vrou het die glasfles met die baie duur nardusolie gebreek en die inhoud daarvan op Jesus se kop uitgegooi. In daardie tyd was die gebruik om ‘n paar druppels lekkerruik olie op ‘n gas te drup wanneer hy by die huis inkom of wanneer die gas aansit om te eet. Hierdie vrou het egter nie net ‘n paar druppels van hierdie baie duur nardusolie op Jesus uitgegooi nie, sy het die albastefles gebreek, met ander woorde, sy was nie van plan om die albastefles weer te gebruik nie. Sy het die hele fles op Jesus se kop uitgegooi. Lees voort “GESEËNDE PAASFEES”

TWEEDE HUWELIKKE

Omtrent die helfte van die paartjies wat ek trou is tweede huwelike waar beide die man en die vrou voorheen getroud was of ten minste een van die twee voorheen getroud was. Dit is ‘n redelik bekende feit dat die egskeidingsyfer vir tweede huwelike ‘n skokkende 60% is. Na tien jaar het 37% van tweede huwelike reeds geëindig teenoor 30% van eerste huwelike. Met ander woorde wanneer een of beide van die partye voorheen getroud was, skei mense meer en gouer.

Ek doen gewoonlik huweliks-voorbereiding met elke paartjie wat ek trou in die vorm van ‘n paar gesprekke. Ek het gister weer ‘n paartjie gesien wat wil trou. Altwee was voorheen getroud en altwee het kinders uit die vorige huwelik.

As ‘n reël sal ek aan die volgende sake aandag gee tydens sulke voorbereidingsgesprekke: Lees voort “TWEEDE HUWELIKKE”

DIE REINIGING VAN DIE TEMPEL

Ons is in die laaste week voor Paasnaweek. Die belangrikste naweek in die kerklike jaar. Vrydag dink ons terug aan Jesus se kruisiging; Saterdag was Jesus in die graf; Sondag het Hy opgestaan. Beide die kruis en die leë graf is kritiese simbole in die kerk. Die kruis is die simbool van ons skuld wat betaal is. Die graf is die simbool van die oorwinning wat behaal is. Jesus het opgestaan. Ek sal ook opstaan om die ewige lewe saam met God deur te bring.

“Jesus het na die tempel toe gegaan en die mense wat op die tempelplein besig was om te koop en te verkoop, daar begin uitjaag. Die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers het Hy omgegooi. En Hy het niemand toegelaat om goed oor die tempelplein te dra nie. Lees voort “DIE REINIGING VAN DIE TEMPEL”

PALM SONDAG

christ-crucified.jpg

Vandag staan in die kerklike jaar bekend as Palm Sondag. Dit is die dag wat In Markus 11:1-11 beskryf word. Die laaste keer wat Jesus in Jerusalem sou ingaan. Die Sondag voor sy kruisiging. ‘n Besonder dramatiese week in die lewe van Jesus en die lewe van die mensdom. Hierdie naweek wat voorlê is Paasnaweek. Die kerk oor die wêreld sal Jesus se sterwe en opstanding vier. Elke dag van hierdie lydensweekweek van Jesus was daar ‘n besondere  gebeure in die lewe van Jesus. Lees voort “PALM SONDAG”

DIE STRYD TEEN MANIPULEERDERS (4)

Fisiese intimidasie is die vierde groep manipuleerders. Saddam Hoesein en Robert Mugabe en Adolf Hitler is waarskynlik goeie voorbeeld van sulke manipuleerders in die openbare oog.

Niemand hoef vir jou te se dat jy in ‘n fisiese intimideerder se teenwoordigheid is nie. Hierdie mense se teenwoordigheid straal ‘n onmiskenbaar dreigende boodskap uit. Hulle dreigemente, seermaak en afbrekende woorde en onvoorspelbaar teisterende optrede, laat ‘n mens met die verwagting dat onbeheerbare woede en selfs die moontlikheid van geweld nie uitgesluit is nie.

Die fisiese intimideerders sal dikwels in gesprekke spog met hoe hulle in die verlede soortgelyke mense in soortgelyke omstandighede hanteer en uitgeskakel het. Baie mense was al die slagoffers van die fisiese intimideerder, ‘n teen-reaksie is gewoonlik nie moontlik nie, omdat die spel te fyn was en die manier waarop die persoon ander mense deel gemaak het van sy/haar spel laat ‘n mens verslae, omdat jy heel waarskynlik vir verkeerde persoon gaan kwaad wees. Lees voort “DIE STRYD TEEN MANIPULEERDERS (4)”

DIE STRYD TEEN MANIPULERING (3)

DIE INTIMIDEERDER

Die intimideerder is meer aggressief as die “arme ek” en die “wegkruiper” en hy/sy gebruik hoofsaaklik kritiek om ander te beheer.Onthou manipulasie gaan oor beheer oor mense en situasies.

Dit is eintlik baie maklik om te weet wanneer jy in die teenwoordigheid van die intimideerder is. Jy sal skielik die gevoel kry dat gemonitor word, dopgehou word en gekritiseer word of gekritiseer gaan word. Die rede hiervoor is eintlik baie eenvoudig: Die intimideerder glo dat alle ander mense onbekwaam, onbevoeg en onnosel is en nie in staat om van enige iets ‘n sukses te maak sonder sy/haar inset nie.

Moenie toelaat dat die intimideerder jou in sy/haar wêreld intrek nie. Lees voort “DIE STRYD TEEN MANIPULERING (3)”

DIE STRYD TEEN MANIPULERING (2)

Die “arme ek” manipuleerder het dikwels ‘n redelik passiewe benadering. Die wegkruiper daarteenoor, is minder passief. Die wegkruiper se doel is om ‘n wolk van onsekerheid rondom hom-/haarself te skep. Op die manier word enige iemand wat iets meer wil weet eintlik gedwing om vrae te vra wat dan gewoonlik op ‘n reguit en ontspanne manier beantwoord word. Hierdie reguit en ontspanne manier van vrae antwoord, skep dan dikwels die indruk dat jy hierdie ‘n tipe mens is wat jy presies weet waar jy met hom/haar staan. Intussen kruip die manipuleerder agter hierdie voorkoms van openlikheid en rustigheid weg.

M Scott Peck het hierdie manipuleerders beskryf in sy boekie People of the Lie. Deur hulle ontwykende optrede, takt en oënskynlike bekwaamheid skep hulle op ‘n afstand ‘n besondere indruk. Lees voort “DIE STRYD TEEN MANIPULERING (2)”

DIE STRYD TEEN MANIPULERING

‘n Man maak ‘n afspraak om my te kom sien. Ek ken die persoon redelik goed en was nogal nuuskierig oor die rede vir sy besoek. Nadat ons al die koeitjies en kalfies gesprekke uit die weg ruim en ek die gesprek in die rigting stuur van die doel van sy besoek, kom die hele kwessie van manipulasie na vore.

Deur die loop van die gesprek kom die volgende opmerkings: “Ek weet ek word gemanipuleer om dinge te doen wat ek nie wil doen nie, maar wanneer ek agterkom ek is gemanipuleer, dan is dit te laat en ek kan my self skop.”

‘n Ander opmerking: “Ek voel misbruik. Ek word gebruik om ‘n ander persoon se agenda te dryf. Hy doen dit op so ‘n manier dat ek dit nie besef voordat dit nie te laat is nie.” Die gevolgtrekking wat ek vir myself uit daardie gesprek gemaak het was dat manipuleerders daarin slaag om hulle sin te kry ten koste van ander.
Die gesprek het my baie nuuskierig gemaak en ek het besluit om ‘n bietjie meer uit te vind oor manipulering en hoe mense ander manipuleer. Ek dink almal van ons word van tyd tot tyd gemanipuleer en daar is verskillende tegnieke wat manipuleerders gebruik. Lees voort “DIE STRYD TEEN MANIPULERING”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑