WERKLOOSHEIDSYFERS IN SUID AFRIKA HET DRASTIES VERMINDER

Ek het ‘n doelbewuste keuse gemaak om in Suid Afrika te bly. Daarmee spreek ek geen vorm van oordeel uit oor enige iemand wat ‘n keuse gemaak het of ‘n keuse maak om te bly nie. Die keuse beteken nie dat ek nie bang is dat ek beroof en selfs doodgemaak kan word nie, die keuse beteken net dat ek hier gaan bly omdat ek in my hart daarvan oortuig is dat die Here my tot hierdie land en selfs hierdie streek geroep het.

Ek is ook in my hart daarvan oortuig dat baie ander mense ook die keuse maak om te bly. Dit is veral die Afrikaanse pers wat ‘n uiters negatiewe prentjie oor die land teken, en daardie negatiewe boodskap maak dit moeilik vir mense wat kies om te bly.

Daar is ook goeie nuus waarvan ons wat gekies het om te bly gerus maar kan kennis neem. Die goeie nuus bevestig aan ons dat ons die regte keuse gemaak het.

Daar is ‘n webwerf met die naam: South Africa: The Good News. Hierdie artikel  is die hoof-artikel op die webwerf vandag. Ek plaas dit net soos dit daar staan:

“South Africa’s unemployment rate sank to 23 percent in September last year, a record low since the inception of the Labour Force Survey in 2001, Statistics SA said on Thursday.

“It is the biggest decline since 2001 which was at 29.4 percent,” said deputy director general for population and social statistics Kefiloe Masiteng in Pretoria

The total of number employed South Africans in September last year was approximately 13.2 million; a net gain of 433,000 jobs.

The most jobs were seen in the formal sector (610,000). Major contributing industries were private households up by 137,000 jobs and community and personal services up by 132,000 jobs.

The country’s economic growth over has been a driving force of job creation. In the six years since the survey was started, the economy has added a net 2.1 million jobs, the StatsSA said.

The construction boom has also fueled growth as government intensified spending on rail, power and stadiums in preparation for hosting the 2010 FIFA World Cup, says Bloomberg.

The biggest decline in unemployment was seen in Gauteng and KwaZulu-Natal while the Western Cape showed the lowest improvement.

The government hopes to slash the unemployment rate to 14 percent by 2014 to help cut poverty.

The Labor Force Survey is based on interviews with 30,000 households and includes people working in the formal and informal economies.”

8 thoughts on “WERKLOOSHEIDSYFERS IN SUID AFRIKA HET DRASTIES VERMINDER

Add yours

  1. Attie ek is hier in SA gebore en sal eendag my kop hier neerlè, hoekom die land verlaat omdat dit sleg gaan? Dalk eendag sal dinge bietjie beter gaan in ons pragtige land. Ons moet net bly glo en bly bid dat dinge sal verander!

  2. Ek gaan ook nêrens heen nie. Ek is sekerlik met ‘n doel in hierdie lang gebore, wat net vir my interessant was in die artikel is dat “Major contributing industries were private households up by 137,000 jobs” Hoekom voel ek nog steeds die rykes word ryker en die armes, wel hulle kry maar ‘n bediende joppie!

  3. Ek dink daar is net te veel mense wat dink hulle staan alleen in hulle keuse om te bly. Dit het tyd geword dat ons wat bly sê hoekom ons bly.

  4. Soms, wil die wat gaan weet wat is fout met jou dat jy nie gaan nie, en hulle soek jou goedkeuring en ondersteuning as hulle gaan. Dit is n keuse wat elkeen self maak en dan moet jy leef met die besluit.
    Ek bly want ek is lief vir die land en sy mense (sou tot sterf vir die land 20 jaar terug).

  5. Attie, jy is reg, definitief te veel van ons wat dink ons is die enigstes wat op die ou einde hier gaan oorbly. Mense se geselsies is deesdae ook so negatief dat hulle mekaar aansteek en bang praat. Dit gaan swaar, dit gaan nog swaarder gaan, maar aan die anderkant maak dit jou ook sterker. As die regering net die misdaad onder beheer kan kry sal dit al baie beter gaan.Op die oomblik hanteer ek dinge nog, maar wie weet hoe ek môre gaan voel, as ek kyk na mense wie se kinders of ouers doodgemaak is, wel hierdie mense is stukkend en bang. As my kind so brutaal vermoor word, Attie kan ek jou verseker gaan ek ook vlug. Mens wil darem net in ‘n land bly waar jou geliefdes veilig is.

    Jou antwoord oor evolusie, dankie, dis presies soos ek dit sien, God bly nog steeds die skepper! Maar ek wil ook nog nie hier verder uitbrei, ek roer nie graag aan by neste nie.

  6. Wipneus: Ek dink nie ons sal verstaan wat sulke mense beleef nie. Ek bid maar dat ek dit nooit sal verstaan nie, want die enigste manier om dit te verstaan, is as jy self daardie paadjie geloop het. Juis daarom is dit vir my so belangrik om nie die wat gaan te veroordeel of sleg te maak nie.
    In ons gemeente is ‘n man en sy ma wie se suster op die dag van die verkiesing in 1994 geskiet is – sonder rede. Ek het saam met hulle hospitaal toe gegaan toe hulle moes besluit om die masjiene af te skakel. Hulle het gebly en hulle het daardeur geworstel. Vandag beteken hulle vir ander wat deur dieselfde seer gaan verskriklik baie.
    In ons gemeente is ook ‘n pa wie se gesin na Engeland toe geemigreer het, twee weke daar toe is sy seun dood in ‘n ongeluk waar ‘n dronk man oor ‘n rooi lig gery het. Vandag is hulle terug, die herinneringe en eensaamheid in die vreemde land, was net te veel.
    Seerkry is nie gereserveer tot Suid Afrika nie.

  7. HeLo: Dis reg ja. Baie van ons bereid om te sterf vir hierdie land. Ander mense verstaan nie waarom ons bly nie. Ons mag ook nie verstaan waarom hulle nie bly nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: