CHRISTEN WANBEGRIP – ‘N NUWE AANSLAG

Ek is baie verbaas oor die baie kommentaar wat ek gekry het op my vorige skrywe oor Christen wanbegrip. Ek is veral verbaas oor die hoeveelheid mense wat reageer en sĂȘ ek gaan nie kerk toe nie, maar ek het wel die behoefte om kerk toe te gaan, of ek gaan nie kerk toe nie, maar dit beteken nie dat ek nie glo nie.

Daar is ‘n hele paar mense wat reken dat die gelowiges buite die kerk ‘n groeiende getal is. Hierdie is een van die redes vir geweldige groei wat “emergent” beweging veral in die VSA beleef. Hulle fokus op daardie mense wat nie meer kans sien om in die huidige kerk-sisteem as gelowiges te funksioneer nie. Een van hulle het bv. ‘n kerk in ‘n ongebruikte kroeg oopgemaak waar mense tydens die erediens by die kroegtoonbank of rondom die tafels gesit het.

Belangrike name in hierdie gesprek is Scot McKnight (Hy kom in Mei-maand Suid Afrika toe) en Brian McClaren.

Die “emergent” beweging is op soek na daardie mense wat die rug op die modernistiese-era gedraai het en nou in ‘n era leef waarvoor hulle nie regtig ‘n naam het nie, en daarom noem hulle dit sommer die post-moderne era.

Die post-moderne mens vra veral met betrekking tot leierskap in die kerk ‘n nuwe aanslag. Lees voort “CHRISTEN WANBEGRIP – ‘N NUWE AANSLAG”

Blog at WordPress.com.

Up ↑