SAAM MET JESUS OPGESTAAN

Op Paassondag was die boodskap in ons gemeente dat Jesus Christus uit die dood uit opgestaan het, en dat elkeen wat in Hom glo saam met Hom opgestaan het. Die tema was: Die opstanding maak ons opstandig en die opwekking maak ons opgewek. Die opstanding van Jesus het egter ook hierdie toekoms boodskap: Omdat Jesus uit die dood opgewek is, kan elkeen wat in Hom glo verwag om ook uit die dood opgewek te word. Ons Almagtige God en Vader het Jesus Christus uit die dood laat opstaan en hierdie waarheid word verwoord in een van ons liedere wat sê: “Jesus leef en ons met Hom, dood wie sou vir jou nog bewe.”

Dr. Charles Hodge het die volgende geskryf na aanleiding van die dood van Laura Bridgman:

“Ek kan my die opstandingsmore voorstel, God sal aan haar oë raak en sê: “Dogter, sien!” En sy sal haar oë oopmaak en die gesigte van haar geliefdes sien. Hy sal aan haar ore raak en sê: “Dogter, hoor!” en sy sal die stemme van die engelekoor hoor soos die klank van duisende waters. Dan sal hy aan haar lippe raak en sy sal die lied sing van Moses en van die Lam, mooier as enige ander persoon.”

Dit is hoe ons toekoms sal wees, dit is wat ‘n verheerlikte liggaam beteken: Elke stukkie van ons menswees sal geraak wees deur die skeppingsmag van die Almagtige God – Ons Vader en ons Koning, en elkeen van ons sal gevul word met die volheid van God.

Weereens: ‘n Geseënde Paastyd van nou tot en met Pinkster.

6 thoughts on “SAAM MET JESUS OPGESTAAN

Add yours

  1. As die Christus nie opgestaan het nie, sou daar nie ‘n Christelike geloof gewees het nie, dan sou ons geloof sonder basis gewes het.

  2. Thinus: Weereens… sonder die kruis geen opstanding nie. Die kruis bring versoening met God, die opstanding bring oorwinning vir nou en vir altyd. Sonder kruis-versoening, geen leë graf oorwinning nie.
    Pikkie: Reg so, ons lewe daarvoor maar ons lewe ook nou reeds deur orals tekens op te rig van die altyd komende Koninkryk van God.

  3. Hy het gesterf dat ek kan lewe. Hy het opgestaan sodat ek ook eendag kan opstaan. Wat ‘n voorreg om Kind van God genoem te word !

  4. Beste Attie,
    Skuus, dis bietjie laat – maar ek wil ook ietsie byvoeg. Dankie vir die mooi boodskap! Die afgelope aantal jare was daar groot en soms onverkwiklike debatte in veral die NG Kerk oor Jesus se opstanding. Was dit die moeite werd? Waaroor het dit regtig gegaan? Dalk is twee van die belangrike vrae wat steeds belangrik is die volgende: 1) Is Jesus se graf regtig leeg omdat God hom uit die dood opgewek het met ‘n verheerlikte liggaam? 2) Kan ‘n ware ontmoeting met God gebeur deur die lee graf van Jesus te ontken en dit slegs metafories te glo?
    Ek wil nie met hierdie vrae ‘n hele debat begin nie maar net getuig dat in my eie lewe sal dit onmoontlik wees om elke dag op te staan en vanuit Jesus se opstanding te leef as Sy graf nie regtig leeg is nie.

    Groete
    Willem

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: