Adrie skryf op haar blog – doringsensomsrose onder die opskrif: CHRISTEN WANBEGRIP oor christene met ‘n klein lettertjie. Haar groot frustrasie (en baie ander sin ook) is met mense wat graag getuig dat hulle christene is, maar wie se lewe die teenoorgestelde wys. Wat my onder andere getref het was hoeveel mense daar kommentaar lewer wat sê dat hulle hulleself as gelowiges sien, maar nie deel van die kerk sien nie, juis as gevolg van hierdie teenstrydigheid.
Ek is besig met leeswerk met die oog op ‘n preek Sondag 6 April. Voordat ek op Adrie se “blog” afgekom het, het ek reeds besluit dat ek oor ons roeping om sout en lig te wees gaan preek. Lees voort “CHRISTEN WANBEGRIP – SOUT EN LIG”