OPRAH WINFREY – A COURSE IN MIRACLES

Ek kry ‘n e-pos met hierdie inhoud:

Be aware and on guard against false teachings. (http://www.crossroad.to/articles2/007/smith-oprah.htm)” or “Oprah and Friends” Barack Obama to teach course on New Age Christ ……… Jesus Christ being reinvented, redefined, and blasphemed and, this false New- Age Christ teaching is about to make huge inroads into the world, with the help of the queen of television talk shows, Oprah Winfrey.

Oprah Winfrey, beginning January 1, 2008, on her daily radio program will offer a year-long course on the New Age Christ, in a lesson a day and completely cover the 365 lessons from the Course in Miracles “Workbook.”

Listeners will be encouraged to buy A Course in Miracles for the year-long course, and an audio version, recited by Richard (John Boy Walton) Thomas will be available on compact disc. Those who finish the Course will have a wholly redefined spiritual mindset-a New Age worldview that include the beliefs that there is no sin, no evil, no devil. A Course in Miracles teaches its students to rethink everything they believe about God and life, and, bluntly states: “This is a course in mind training” and is dedicated to “thought reversal.” The Course in Miracles -in reality-is the truth of the Bible turned upside down. Oprah told her television audience that Williamson’s book, A Course in Miracles was one of her favorite books, and that she had already bought a thousand copies and would be handing them out to everyone in her studio audience. Oprah’s endorsement skyrocketed Williamson’s book to the top of the New York Times bestseller list .

A Course in Miracles is allegedly a “new revelation” from “Jesus” to help humanity work through these troubled times. This “Jesus”-who bears no doctrinal resemblance to the Bible’s Jesus Christ-began delivering channeled teachings in 1965 to a Columbia University Professor of Medical Psychology, Helen Schucman.

One day Schucman heard an “inner voice” stating, “This is a course in miracles. Please take notes.” For seven years she diligently took spiritual dictation from this voice that described himself as “Jesus.”

Here are some quotes from the “Jesus” voice of A Course in Miracles :

“There is no sin . . . ”

A “slain Christ has no meaning.”

“The journey to the cross should be the last ‘ useless journey.”

Do not make the pathetic error of ‘clinging to the old rugged cross.'”

“The Name of Jesus Christ as such is but a symbol… It is a symbol that is safely used as a replacement for the many names of all the gods to which you pray.”

“The recognition of God is the recognition of yourself.”

“The Atonement is the final lesson he [man] need learn, for it teaches him that, never having sinned, he has no need of salvation.”

Popular author Wayne Dyer told his PBS television audience that the “brilliant writing” of A Course in Miracles would produce more peace in the world.

The Course in Miracles-based book, Forgiveness, continues to be sold in Robert Schuller’s Crystal Cathedral bookstore as Schuller prepares to host a January 17-19, 2008, “Rethink Conference” at his Crystal Cathedral.

2 Timothy 3:1-5: “This know also, that in the last days perilous times shall come. For men shall be lovers of their own selves, covetous, boasters, proud, blasphemers, disobedient to parents, unthankful, unholy, Without natural affection, trucebreakers, false accusers, incontinent, fierce, despisers of those that are good, traitors, heady, highminded, lovers of pleasures more than lovers of God; Having a form of godliness, but denying the power thereof: from such turn away.”

It’s not surprising at all that Oprah Winfrey is supporting Barack Obama!!!

Ek sal graag wil weet wat jy daarvan.

Advertisements

27 Kommentaar

Filed under Spirituality

27 responses to “OPRAH WINFREY – A COURSE IN MIRACLES

  1. Ek weet glad nie wat dit met politiek te doen het nie. Dis soos om appels en potlode te vergelyk.
    Ek is altyd skepties oor selektiewe aanhalings, net soos ek is ook anekdotes. (En die lukrake gebruik van teksverse)
    En ek is ook skepties oor ketting-eposse.

    En mense wat stemme hoor? Indien dit waar is, wat nie bewys kan word in ‘n epos nie, maar net deur kliniese evaluasie. Maar indien iemand fisies ‘n stem hoor in sy kop, behoort hy/sy dadelik psigiatriese hulp te kry, want dit is ‘n simptoom van onbehandelde skisofrenie.

  2. Attie, sal ek verskoon word as ek sê dis die grootste klomp snert wat ek in my lewe nog gehoor het. RF jy het darem ‘n manier om die waarheid op so ‘n komiese manier te sê!

  3. RF: Die stemme in die kop maak ook altyd bekommerd. Ek verstaan ook nie die politieke konneksie nie.
    Pikkelik: Ek het gaan kyk by Robert Schuller se konferensie en daar was nogal ‘n paar ouens na wie ek ook graag sou wou luister. Ek weet egter Oprah is nie baie goed gesind teenoor Christene nie.

  4. Ek hoor ook stemme in my kop… Maar is gewoonlik of my gewete of die duiwel wat op my skouer sit…. Hehe!

    Vragie… Wat dink jy van Joyce Meyer?

    Eish @ Oprah!

  5. Dawie

    Ons moenie toelaat dat sukke tipe skryf goed of programme of sê goed ons ontstel nie. Die Woord sê vir ons valse leeringe was nog altyd deel van die wêreld en sal altyd wees, inteendeel dit gaan nog net erger raak. Paulus het 13 boeke geskryf sodat ons mekaar moet bemoedig en ondersteun en so ons geloof te versterk. Bly rustig, weet die goed is geskrywe en gaan daar wees, dit moet eintlik net ons geloof nog sterker maak …… Staan vas, staan sterk en hou ons God se naam hoog!!!!

  6. bertusmelk

    Course in Miracles is die selfde filosofie wat onderliggend is aan Conversations with God. ‘n Stellenbosse sielkundige het dit onlangs in Afrikaans vertaal. Dis redelik mooierig en baie mense vind dit empowering, hoewel daar ook sommige is wat meen dit is New Age. Hang maar af van jou perspektief. Een ou se New Age is die ander ou se doodgewone evangelie. CIM rym egter nie met klassieke gereformeerde teologie nie – dit is meer panenteisties en selfs univeralisties – God is oral, ons almal is God en Jesus is ons broer, so-aan.

  7. Bertus Melk

    O ek wou nog se^, bring saam hulde aan Bertus Melk deur op my naam te klik.

  8. Thinus

    Die stuk lyk vir my soos iemand wat verdeltheid wil skep en nou demonize hulle opera om dit reg te kry, en gebruik die bybel om dit te regverdig, daar is niks fout met die boek nie, ek dink dit is hand aan hand met wat Jesus ons leer, die verdag makery is onnodig

  9. BB

    Ek stem met Dawie – ek is ‘under the blood’ – dus sal die Heilige Gees my lei wat betref valse leeringe (aka daardie ‘stemme’ of gevoelentheid) – ek bid gereeld vir oop oë en ore vir die regte en ware dinge en gló my, Hy lei getrou!!
    Plattstetjie – ek luister elke middag op pad huis toe op Impact na Joyce en saans op TBN is sy 21:00 ook op – sy het my al vreeslik baie ge’help’ en reggeruk – veral betreffende my egoïstiese neigings – op die man af – geen doekies opdraai antie daardie.

  10. Plater: Ek kan nie regtig sê dat ek ‘n probleem het met Joyce Meyer nie. Ek weet daar was in die VSA ‘n ondersoek na haar m.b.t. belastingontduiking, maar sy het baie mooi en baie vinnig met die regering saamegwerk en as ek reg onthou was daar op die ou end niks verkeerd nie.
    Dawie: Ek stem saam dat ons nie moet toelaat dat die dinge ons senuweeagtig maak nie. Ons moet kennis neem daarvan en toelaat dat dit ons weereens daaraan herinner dat ons kinders van God is.
    bertusmelk: Welkom. Ek sal bietjie kom kyk wat gaan op jou “blog” aan. “CIM rym egter nie met klassieke gereformeerde teologie nie – dit is meer panenteisties en selfs univeralisties – God is oral, ons almal is God en Jesus is ons broer, so-aan.” Dit is presies waar ons probleem lê.
    Thinus: Volg bietjie daardie “crossroads” skakel in die artikel. Kyk bietjie wat sê iemand wat self daar was.
    BB: Ek is bly dat Joyce Meyer vir jou iets beteken. Sy het groot skares getrek die tydjie toe sy in Suid Afrika was.

  11. Thinus

    Doom ek het dit gelees, en ek sien steeds niks darmee fout nie, al daai goed het Christus self vir ons gese, ons kan dit uit die bybel aanhaal, die vraag wat ek vra is: wat is werklik de evangelie?

    In respek dink ek as iemand reliegies daarna kyk sal jy dink hulle is Godslasterend, maar kyk daarna van ‘n geestelike oogpunt en dinge val skielik in plek

  12. Thinus

    As ‘n mens mooi daaraan dink is daar geen evil nie, evil is not the opposite of good but the absence of it, so dan moet ek aanhaal, Gal 5:22, Ek is tot alles in staat Fil 3:13, Dus maak dit meer sin….

  13. Thinus: Kyk bietjie weer:
    “There is no sin . . . “ – Hoekom het Jesus nodig gehad om te sterf?
    A “slain Christ has no meaning.” – Watter betekenis het Jesus e kruisdood vir ons?
    “The journey to the cross should be the last ‘ useless journey.” – Waarom sal ons dan aan die kruis waaraan as simbool Jesus ons sondeskuld betaal het bly vashou?
    Ek wil nie neersien op iemand wat kies om hierdie dinge te aanvaar en nie en ek dink ons moet enige iets verwelkom wat van hierdie wêreld ‘n beter plek maak, maar die Goeie Nuus (Evangelie) gaan oor God se Seun wat mens geword het, gesterf het en opgestaan het.
    Gal. 5:22 is die vrug van die Gees ( die Heilige Gees) in ons lewe.
    Fil. 3:13 is juis waar Paulus op die ou end vergeet dat Hy deur enige iets wat Hy gedoen het of sou kon doen en op die verdienste van die Here Jesus alleen staat maak.
    Fil 3:18: “Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe… gaan kyk bietjie wat is die uiteinde van sulke mense.
    My doel hiermee, is weereens: Nie om op hierdie mense neer te sien, maar om Christene te waarsku om nie vyande van die kruis van Jesus Christus te word nie.

  14. Ek dink nie CIM doen noodwendig kwaadnie, dis eintlik ‘nheel vreedsame en geestelik opbouende boodskap. Dis nie Christelik in die tradisionele sin nie, maar daar was nog nooit ‘n wet dat almal Christene hoef te wees as hulle nie wil nie. Christene het ook die volste reg om vir CIM en Oprah versigtig te wees as hulle wil.
    Wat my egter aan bovermelde epos pla, is datiemand nou weer vir Barack Obama bysleep, terwyl hy ‘n politikus is en niks eintlik met die storie te make het nie. Dis eintlik nouweer iemand wat eintlik virObama wil bykom en nou weer hierdie hele veldtog uitgedink hetom hom soos ‘n heiden te laat klink. Godsdiens wat as politieke speelbal ingespan word – niks nuuts nie en beslis niks mooi nie.

  15. boendoe

    Doom Attie, hoekom se jy Oprah is Christene nie goedgesind nie? Ek was nog altyd onder die indruk dat sy ‘n Christen is. Waar het ek wat gemis?!

  16. Bertus: Ek stem 100% met jou saam. Ek dink die e-pos het ‘n Amerikaanse oorsprong en ek stem ook saam dat as Godsdiens ‘n politieke speelbal word, is dit op die ou end die Godsdiens wat daar onder lei en niemand anders nie. Ek stem ook saam dat daar nie ‘n wet is dat almal Christene moet wees nie. Ek wil juis hê Christene moet versigtig wees. Laat ons haar egter nie verhoed om hiermee voort te gaan nie.
    boendoe: Ek herinner my dat ek êrens daaroor gelees. “But I stand to be corrected.” My punt is dat CIM se boodskap in sy wese nie Christelik is nie. Soos Bertus sê dit is pan-enteïsties waar God in alles en almal is.

  17. @ rosalindfranklin – Veelsgeluk! Uiteindelik is daar iemand wat saam met my siening stem. Ek kry honderde eposse met bid vir Koos en bid vir Sarie. Ek stuur net eposse aan van mense wat ek werklik ken of weet dis eg. Dieselfde met ketting sms’e, en kettinggebede.

    Ek was so klompie jare terug eiendomsagent, en waar kry jy nou makliker selfoon nommers as in advertensies. Ons sit eendag almal op kantoor net na ‘n vergadering en die een na die ander kry dieselfde sms met een of ander prys wat gewen is. Eish! Netso kan “vals” sms’e oor kankerlyers en what have you uitgestuur word.

    Ek versamel op my site gebedsversoeke en pos dit dan op ander webwerwe waar gebedsversoeke geplaas word. Die onwelkomes word summier delete asook die wat oor hierdie of daardie hofsaak gaan.

    Het die skool wat Oprah gebou het dan nie ‘n Christelike inslag nie, of sit ek nou die pottie mis? (Verskoon my onkunde, ek kyk bitter min tv)

  18. Oubaas: Welkom hier. Ek gaan bietjie meer besonderhede soek oor daardie skool en kyk wat ek uitvind. Weet jy hoeveel van daardie e-posse en sms’e kry ek. Ek vee hulle summier uit behalwe as dit iemand is wat ek ken.

  19. Baie dankie Attie. Ek kry maar min geleentheid om hier te kom, maar ek het die blog geboekmerk.

    Jy kan asb. gerus ‘n draai gooi by my skakel ook!

  20. Hierdie stuk het my aandag gehad tot ek die laaste sin gelees het.
    Mense, dis verkiesingstyd in die VSA, en die manne neem geen prisoniere nie. In bykans elke vorige presidensiele verkiesing in die State het die “Religion Vote” ultimately die skip gedraai.
    Ek het so spesmaas ons het hier meer met politieke propaganda as met heiligskennis te doen.

  21. @ duskant – Jy het beslis ‘n punt daar beet. Kyk nou maar na die prystaktiek Noord van ons landsgrens . . . . . .

  22. duskant: Mens kan nie die verkiesing ignoreer nie. Die feit is egter dat sy die boek gratis aanbied en die kursus gaan aanbied.
    Oubaas: my hart is seer in Zimbabwe. Ek het vanoggend weer gebid dat iemand anders as Mugabe moet wen en dan hoop ek dat ons iets daar sal kan gaan doen om mense se nood te verlig.

  23. Maar natuurlik is die politiek, ek stem saam met Duskant, soos ek in die begin gesê het godsdiens en politiek is appels en potlode.
    Die kerk en die staat het ons eeue gelede hul mag geskei?
    Dis seker ‘n suur republikein wat vies is dat Oprah geld vir Obama gegee het en saam met haar dalk stemme sleep na hom. Nou word daar op mense se emosie (godsdiens) gespeel.

    @Dawie. Moenie kwel nie, dit neem veeeeeel met as ‘n nonsens-ketting epos om my te ontstel.

  24. Dawie = Gawie 😆

    Lekker naweek!

  25. rosalindfranklin: Ek sien al te veel tekens dat die kerk waarvan ek deel is weer besig is om in die strik te trap om al te gedienstig aan die regering en die regerende party te wees. Die kerk moet na my mening ‘n kritiese afstand van die regering handhaaf sodat sy kan kritiseer wanneer dit nodig is. Desmond Tutu is vir my ‘n wonderlike voorbeeld in hierdie verband.
    Dawie – gawie – lekker naweek vir jou ook.

  26. Attie, absoluut, sodra ons kerk en staat een raak keer ons terug na ‘n baie donker era van denke en regeer, waar demokrasie in gevaar sal wees. Net soos wat die media ook onafhanklik van die kerk en staat moet staan.

    Ek het net soveel respek vir Desmond Tutu, hy is ‘n groot mens! En hy leef liefde waarlik uit.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s