Aanvanklik wou ek die opskrif by hierdie inskrywing gemaak het NORMAN ARENDSE IS ‘N RASSIS. Toe gaan kyk ek bietjie na die definisie van ‘n rassisme by WIKIPEDIA. Wikipedia se definisie van rassisme is: “Racism has many definitions, the most common being that members of one racial group consider themselves intrinsically superior to members of other racial groups.”
Nou is ek nie seker of Norman Arendse ‘n rassis is of nie. Die rede waarom ek hieroor onseker is, is die polemiek die laaste paar weke rondom hierdie groot baas (snaakse term in ‘n rassisme gesprek) van Krieket SA. Uit al die gesprekke die laaste paar weke wil dit vir my voorkom asof Norman Arendse nie dink dat anderskleurige krieketspelers op hulle eie vaardighede en vermoëns of eie meriete in staat is om die nasionale krieketspan te haal nie. Wat maak dat ek onseker is of hy ‘n rassis is of nie, is dat hy nie dink dat mense in ‘n ander rassegroep minderwaardig is nie, maar dat hy dink dat mense van sy eie rasgroep minderwaardig is en daarom het hulle sy politieke ingrype nodig om die nasionale span te haal.
In terme van die “Oxford Dictionary” se definisie van rassisme, kry mens tog weer die indruk dat hy wel ‘n rassis sou kon wees. Volgens die Oxford Dictionary: “… racism is a belief or ideology that all members of each racial group possess characteristics or abilities specific to that race, especially to distinguish it as being either superior or inferior to another racial group or racial groups.” Volgens die Oxford Dictionary kan Norman Arendse ‘n rassis wees as hy daarvan oortuig is dat een rasgroep op een of ander gebied die meerdere is van ‘n ander rasgroep. Weereens Arendse glo dat die transformasiebeleid die enigste manier is waarop anderskleuriges die nasionale span kan haal.
Aangesien Norman Arendse glo dat anderskleuriges nie op eie meriete die nasionale span kan haal nie (selfs 14 jaar nadat apartheid afgeskaf is) , glo hy dus dat blankes op sportgebied anderskleuriges se meerdere is . Die praktyk bewys hom natuurlik verkeerd, hulle kan op eie meriete die nasionale span haal. Dink maar aan manne soos Makhaya Ntini, Ashwill Prince, Hashim Amla en JP Duminy. (Robin Peterson is ook ingesluit in die plek van Botha om raskwota te laat balanseer.) Ek self (soos baie ander van die Suid Afrikaanse krieket publiek) was daarvan oortuig dat hierdie manne op meriete die span gehaal het. Norman Arendse laat mens nou twyfel – en dit is onregverdig en onbillik teenoor hierdie kriekethelde.
Intussen doen Charl Langevldt die dapper ding en weier om deel van die nasionale span te wees indien hy as ‘n kwota-speler gebrandmerk sou word.
En nou is Norman Arendse se woorde oor Langeveldt: “Charl Langeveldt is Charl Langeveldt oor die transformasiebeleid in Suid-Afrikaanse krieket. Hoe durf hy nou skielik sy neus optrek ná dit hom gebring het waar hy vandag is?
“Hoeveel van sy 59 eendag-wedstryde vir die Proteas het hy gespeel bloot as gevolg van die transformasiebeleid?”
Nou weet ek nog steeds nie of Norman Arendse ‘n rassis is of nie. Wat ek wel weet is dat ek baie meer respek het vir Charl Langeveldt as wat ek ooit sou gehad het. Wat ek ook weet is dat Norman Arendse juis die mense benadeel wat hy poog om te bevoordeel. Daar sal vir ‘n hele lang ruk ‘n vraagteken hang oor wie dan nou ‘n kwota-speler is en wie nie.
Ai tog!
Die kwota sisteem dink ek is daarom swartes en kleurlinge slagoffers te maak, veral as hulle met witmense op enige gebied kan kompiteer, hulle het hulself al bewys, maar die staat veroorsaak hierdie rasisme in hul onverantwoordelike toesprake, en laat hulle swartes incompitent lyk.
Die kwotas en regstellende aksies moet ent kry en gou ook, dit doen niks reg nie, in teen deel doen dit baie skade, soos eskom e.a.
Ek werk in die buiteland en glo my, ek sal eerder met ons mense swart en wit en bruin wil werk as saam met diegene met wie ek nou is, ons mense is baie meer intelligent en meer spraaksaam as ie ouens hier.
almal moet net ‘n gelyke kans gegun word en as een groep nie die paal haal nie, moet hul net harder werk of die kans gegun word op meriete
Thinus:
Ek stem saam.
Ag Attie, ek is ‘n krieket-leek. Nou weet ek glad nie meer nie, word die spelers nou gekies omdat hulle anderskleurig is of omdat hulle goed speel of om ‘n kwota vol te kry? En wie was dan so briljant om Norman Arendse aan te stel? Dit lyk dan vir my of hy met een boud op twee stoele wil sit?
Thinus: Die anderskleuriges ly inderdaad self die meeste daaronder. Nou gaan Mondi Zondeki – iemand wat ‘n goeie speler is, maar hy sal onthou word as die derde keuse naas Nel en Langeveldt.
Pikkelik: Nou dat jy dit noem vermoed ek Arendse is nie gekies omdat hy enige vaardighede het nie – ek dink hy is self ‘n “kwota-speler”.