Eintlik weet ons nie wat ons sê wanneer ons sê dat Jesus uit die dood opgestaan het. Hierdie is ‘n unieke gebeurtenis en kan met geen ander gebeure vergelyk word nie. Jesus se opstanding gaan ons ervaring en ons rede te bowe, met ander woorde: Ons het nog nooit so iets beleef nie en weet nie hoe om hierdien gebeurtenis te verklaar nie.
Jesus se opstanding is die wonderlike vreugde van Paasfees, maar as iemand ons vreugde aanskou het en daarna vir ons kom vra om hierdie gebeure te verklaar, dan staan ons telkens weer met ‘n mond vol tande.
Die opstanding van Jesus Christus uit die dood is die kern van die Goeie Nuus van die Bybel. Vir Christene is die opstanding van die Here Jesus die enkel belangrikste gebeurtenis in die geskiedenis. Die evangeliste en die apostels het dit as hulle roeping gesien om getuies te wees en getuienis te lewer van hierdie wonderlike gebeure tussen God en sy skepping. Hierdie is die enigste rede waarom die apostels die wêreld in is – om die opstanding van die Here Jesus te verkondig.
Die boodskap van die opstanding is nie ‘n wetenskaplike feit wat verkondig word nie, maar wel ‘n historiese feit. Daarmee probeer ons sê dat die opstanding nie wetenskaplik verklaar kan word nie, maar die Evangelies en die Nuwe Testamentiese briewe getuig juis dat hier in die geskiedenis iets gebeur het wat die ganse wêreld op sy kop laat staan het: Jesus was dood. Jesus het opgestaan.
Vandag is dit bykans 2000 jaar later en steeds kies mense om die getuienis van die mense wat daar was en dit gesien te aanvaar bo die getuienis van wetenskaplikes wat vandag – 2000 jaar later – wil bewys dat dit wetenskaplik nie moontlik was nie, en daarom kon dit nie gebeur het nie.
Ek glo Jesus het opgestaan. Nie as wetenskaplike feit nie, maar as historiese feit.
Jesus het opgestaan! Jesus leef!
Attie, En ek eer, loof en aanbid die Seun van die Allerhoogste God; Christus Jesus my Heer. Ek glo met my hele hart, siel en verstand dat Hy opgestaan het.
Openbaring 22:13 Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde. In Hom leef ek, gaan ek sterf en ook opstaan uit die dood.
Ek WEET Hy het opgestaan. Ek Weet Hy het opgestaan, Hy is my Verlosser!
Jesus lewe, hy het opgestaan!!! Dankie Attie vir jou boodskap aan ons, jy sal nooit weet hoeveel ek hierdie boodskap waardeer nie, dis Paasfees en my hart sing, Hy leef!!
Hy het opgestaan… En ek glo dit net. Hoekom? Toe ek nou daaroor dink weet ek nie hoekom nie. My ‘kennis’ te beperk om dit te beredeneer.Maar dis nie belangrik nie…. Wat belangrik is, is die ‘glo’… En dis dit wat mens kan laat aangaan, laat leef, en en en.
Dankie Attie, soos altyd!
Ek weet Jesus lee,f want Hy leef in my Hart Ek prys die Here altyd