JESUS – DOOD

Vandag is die dag na Jesus se kruisiging. Die Evangelies is duidelik daaroor dat Jesus aan die kruis gesterf het en dat Hy daarna begrawe is en dat die graf verseël is. Die kerk oor die wêreld kom gewoonlik die Vrydag van die kruisiging by mekaar en dan weer die Sondag-oggend met die doel om die opstanding te vier.

Tog word ons ontneem van een van die kardinale waarhede van die Goeie Nuus oor Jesus. Jesus was dood. Vrydag sê ons: Jesus is gekruisig. Sondag sê ons: Jesus het opgestaan. Saterdag behoort ons vir mekaar te sê: Jesus het gesterf.

Jesus se hart het ophou klop. Daar was ‘n tyd toe Jesus se liggaam geen teken van lewe getoon het nie, omdat daar geen lewe in sy liggaam meer oor was nie. ‘n Tyd toe die dissipels vir mekaar moes sê: Jesus is dood. Jesus het gesterf.
Martin Luther het oor hierdie dag gesê dat die duiwel hier oor God die oorhand gekry het; dat die hemel hier hel geword het; dat die lewe hier doodgegaan het; dat geregtigheid hier moes terugstaan sodat sonde die heerskappy kon voer. Die wêreld – God se wêreld is inderdaad op sy kop gedraai, alles wat onderstebo en agterstevoor.

Dink bietjie hieroor: Die kruis is nie die straf op sonde nie, die dood is. As ons nie heelhartig en omomwonde kan getuig en bely dat Jesus dood was nie, is die skuld vir ons sonde nie betaal nie. Natuurlik was sy lyding onbeskryflik erg, maar die dood is wat Jesus plaasvervangend in ons plek oorgekom het en gedra het. Deur sy dood is ons met God versoen. Omdat Jesus dood was, kan ek lewe selfs al sou ek doodgaan.

Laastens, indien ons nie vashou aan die waarheid dat Jesus inderdaad dood was en dat die graf daardie boodskap ondubbelsinnig aan ons oordra nie, dan hang ons belydenis van Jesus se opstanding aan ‘n baie dun draadjie. Ons moet met alles in ons mosterd-geloof daaraan vashou dat Jesus dood was – dat die mensgeworde Seun van God wat aan die kruis gehang het gesterf het.

Leweloos gehang het; leweloos laat sak is; leweloos gedra is; leweloos in doeke toegedraai is; leweloos in die graf gelê is; leweloos agter ‘n baie swaar klip in die graf verseël is. Jesus het gesterf.

Jesus was dood en Jesus lewe.

Jesus was begrawe en Jesus het uit die graf uitgekom.

Jesus se graf was eers vol en toe was dit leeg.

Jesus het dood in die graf gelê en Jesus het opgestaan en in die strate rondgeloop.

Die klassieke groet op die Sondag opstanding is: Jesus het opgestaan. Dan antwoord die ander persoon: Jesus het waarlik opgestaan.

Dalk kan ons op die Saterdag vir mekaar sê: Jesus het gesterf. Dan kan die ander persoon antwoord: Hy het vir my gesterf.

My groet aan jou op hierdie Saterdag is: Jesus het gesterf!

Ek wonder of jy gaan antwoord?

7 thoughts on “JESUS – DOOD

Add yours

  1. Jinne, vir my ook, geen wonder Hy is so “Awesome God” nie!

    Attie, ‘n baie geseënde Paasfees vir jou en jou gesin.

  2. Lukas 23:42 en 43

    …..”Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom”

    Jesus antwoord hom: “Ek verseker jou; VANDAG sal jy saam met My in die paradys wees.”

    Satan het nooit oorwinning oor sy gees behaal nie, net Sy liggaam het gesterf en weer lewendig geword. NIKS kan ons van Hom en Sy liefde skei nie. Satan kan jou nie eers in die dood steel nie. As jy in Christus Jesus glo is jy veilig.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: