Vandag is die dag na Jesus se kruisiging. Die Evangelies is duidelik daaroor dat Jesus aan die kruis gesterf het en dat Hy daarna begrawe is en dat die graf verseël is. Die kerk oor die wêreld kom gewoonlik die Vrydag van die kruisiging by mekaar en dan weer die Sondag-oggend met die doel om die opstanding te vier.
Tog word ons ontneem van een van die kardinale waarhede van die Goeie Nuus oor Jesus. Jesus was dood. Vrydag sê ons: Jesus is gekruisig. Sondag sê ons: Jesus het opgestaan. Saterdag behoort ons vir mekaar te sê: Jesus het gesterf.
Jesus se hart het ophou klop. Daar was ‘n tyd toe Jesus se liggaam geen teken van lewe getoon het nie, omdat daar geen lewe in sy liggaam meer oor was nie. ‘n Tyd toe die dissipels vir mekaar moes sê: Jesus is dood. Jesus het gesterf.
Martin Luther het oor hierdie dag gesê dat die duiwel hier oor God die oorhand gekry het; Lees voort “JESUS – DOOD”