Die Drie Kruise skildery van Rembrandt word beskou as een van sy mees dramatiese werke. Die skildery het volgens kuns kritici al die elemente van ‘n besondere skildery.
Die skildery wys die dieptepunt van die lyding van die Here Jesus aan die kruis, die oomblik van Sy dood aan die kruis op Golgota.
Dit vra besondere aandag om in die skaduwees rondom die kruis (in besonder links bo) om die buitelyne van ‘n gesig daar raak te sien. Kuns kritici is dit eens dat die buitelyne van daardie persoon Rembrandt self is.
Rembrandt was daarvan oortuig dat hy met sy sonde Jesus aan die kruis help slaan het en dat hy eintlik deel was van die skare wat Jesus aan gekruisig het.
Ek dink ek sien my eie gesig tussen die skare.
(Kyk gerus hier (Ekstra groot weergawe van die skildery). na die groter weergawe van die skildery en kyk of jy die buitelyne van die gesig raaksien.)
Ek kon nie die buitelyne van die gesig raaksien nie, maar wel ook my eie tussen die skare.
eintlik briljant….
Dit is ongelooflik treffend. Miskien het die strak lyne en die afwesigheid van kleur ook deel aan die dramatiese. Ek is seker ek is die vrou wat links voor met haar kop op die grond ween…
wag-‘n-bietjie: Kyk bietjie links net bokant die punt van die linker kruis. Die gesig is duidelik op die kleiner weergawe as die grote. Dit is eintlik treffend om die gesig raak te sien.
platterfuss: Vir my ‘n wonderlike boodskap.
Pikkelik: Ek sien myself ook tussen die skare.
Ek dink altyd aan Maria, wat daar in haar moederhart moes plaasgevind het terwyl sy haar kind so sien ly het. Ek wil mal word as my kinders pyn verduur, daarom is ek die man aan die linkerkant wat sy oë toedruk.
Die ou meesters was lief daarvoor om hulself in skilderye te verf, dit was ‘n modegier.
Die ander mooi kunswerk wat Jesus in die tyd uitbeeld is Leonardo se fresko van die laaste avondmaal.