‘N DAG VOL GROOT GEBEURE

Ek wonder hoveel keer gebruik ons die woorde “‘n vol dag”. Soms is dit aan die begin van die dag wanneer daar ‘n vol program voorlê. Ander kere is dit aan die einde van die dag wanneer mens tot rus kom en jy besef, dat jy hierdie hele dag nie een oomblik kans gehad het om bietjie asem te skep nie.

My program is vandag redelik vol. Ag-uur moet ek by die kerkkantoor wees om die kennisgewings vir Sondag na te gaan; half nege moet ek by die skool wees om saam met een van my kollegas ‘n saak met die hoof te bespreek; daarna moet ek voorberei vir ‘n begrafnis een-uur; half drie begin my spreekkamer met drie afsprake en half ses oefen die musiekgroep met die oog op die naweek se eredienste. As ek vanaand by die huis kom sal ek sê: “Wat ‘n vol dag!”

Ek sal egter vandag die hele dag ook dink aan die volste dag in Jesus se lewe. Nie noodwendig die dag waar die belangrikste dinge gebeur het nie, maar sekerlik die dag wat die meeste dinge gebeur het. Volgens die Markus-evangelie, gebeur die volgende dinge op hierdie dag met Jesus:

Judas onderneem om Jesus te verraai.

Die paasmaaltyd word voorberei.

Jesus eet die laaste maaltyd saam met sy dissipels.

Die nagmaal word ingestel.

Jesus voorspel dat Petrus Hom gaan verloën.

Jesus gaan bid in Getsemane. (Drie keer)

Jesus word gevange geneem.

Jesus verskyn voor die Joodse Raad.

Petrus verloën Jesus.

Petrus bars in trane uit.

Ek gaan hierdie dag gebruik om na te dink oor al hierdie gebeure in Jesus se lewe. Ek gaan in besonder nadink oor waar ek sou inpas indien ek self daar was en hoe ek in verskillende situasies sou reageer.

Deur die genade kan ek sê dat ek Hom nie sal verraai deur Hom aan sy vyande uit te lewer nie, net omdat ek Hom te lief het. Ek sal egter wonder of my liefde vir Hom genoeg is in al die ander gebeure. Ek sal wonder oor die eet van die laaste maaltyd. Sou ek verstaan het wat Jesus alles probeer sê? Sou ek die simboliek van die wyn en die gebreekte brood verstaan?

Ek sal wonder oor die gebedstyd in Getsemane. Sou ek een van die drie gewees het wat saam met Hom ‘n bietjie verder gegaan het? EK hoop Hy sou my gekies het om saam met Hom bietjie verder te gaan. Sou ek kon wakker bly en saam met Hom gebid het?

Ek sou wonder oor die soldate wat daar opdaag. Sou ek ook my swaard uitgepluk het om Hom te verdedig? Sou ek stom daar gestaan het terwyl ek nie weet wat nou hier besig is om te gebeur nie? Sou ek saam met almal weggehardloop het?

Sou ek ook  op ‘n afstand gevolg het soos Petrus?

Wat sou ek daar in die binnehof gedoen het terwyl Jesus vals beskuldig word?

Wat sou ek gedoen het as iemand my as een van sy volgelinge herken het? Hoe sou ek gevoel het as Jesus my in die oë moes kyken ek skielik moes besef: “Ek het Jesus verloën”

Op hierdie dag voor die kruisiging van die Here Jesus sal ek oor hierdie vrae dink.

Ek nooi jou om hierdie reis vandag saam met my te onderneem.

Advertisements

5 Kommentaar

Filed under Paastyd

5 responses to “‘N DAG VOL GROOT GEBEURE

  1. Ek reis vandag saam met jou en oordink saam met jou.

  2. Pikkelik: Dankie vir die saamreis.

  3. Sammi

    Dankie, Doom, vir die uitnodiging van saam reis.
    Wanneer jy tyd kry, lees asb my nuutste onderwerp wat ek geplaas het, dit vertel baie.

  4. Thinus

    Liewe Doom

    Jammer dat dit niks met die onderwerp te doen het nie

    Ek lees in die koerant die volgende ding, ek het trane in my oe gekry, nou is my dag vol en dis ‘n antwoord van God dat ons land gesond word:

    Bloemfontein – When they had nowhere else to go, a woman, her daughter and her grandchild found refuge with a domestic worker at an informal settlement near the city.

    Deseree Gouws, her severely disabled daughter, Felicia Prince, 27, and her two-year-old granddaughter, Vicky-Lee Stapelberg, recently went to live with Alina Thulo, 44, when they were homeless.

    Alina, her husband, Frans, and their two daughters live in a small, two-bedroomed house.

    Years ago, Alina had worked at a house in Wilgehof.

    Next to this house, there was an outside room at the back of the property and Gouws rented this and lived there with Felicia and Vicky-Lee.

    Gouws and Alina became friends.

    Later, Gouws, Felicia and Vicky-Lee went to live with her brother-in-law and his wife in Kroonstad.

    Gouws said: “After a while, they started behaving funny towards me and my children.”

    They could not endure it any longer and took a train to Bloemfontein earlier this month.

    “I didn’t have any means of supporting us and we slept at Bloemfontein station for two days,” said Gouws.

    She said the Lord spoke to her and she thought about Alina and phoned her.

    Alina said she immediately had hired a bakkie in her neighbourhood to go and fetch Gouws.

    Hopes to help them one day

    She gave her guests food, bathed Felicia and Vicky-Lee and made place for everyone to sleep.

    “They stayed with me for a week and I didn’t have a problem with it.”

    Gouws, Felicia and Vicky-Lee are now living in a flat in the city.

    Gouws said that she didn’t know what would have become of her and her children if it hadn’t been for Alina.

    “We were very spoiled at Alina’s house. I hope God blesses them for this deed.

    “I want to say thank you very much to Alina and Frans for everything they did for us and I hope to help them one day if I get money.

    Dis die mooi mense van ons land!!!

  5. Thinus, dankie vir die vertel van hierdie mooi gebeurtenis. Dit gee mens weer hoop in hierdie land van ons.

    Attie, vir jou en almal wat hier lees – mag dit ‘n geseënde Paasfees wees en mag ons almal veilig bly oor die naweek.

    Mooi loop.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s