DIE REINIGING VAN DIE TEMPEL

Ons is in die laaste week voor Paasnaweek. Die belangrikste naweek in die kerklike jaar. Vrydag dink ons terug aan Jesus se kruisiging; Saterdag was Jesus in die graf; Sondag het Hy opgestaan. Beide die kruis en die leë graf is kritiese simbole in die kerk. Die kruis is die simbool van ons skuld wat betaal is. Die graf is die simbool van die oorwinning wat behaal is. Jesus het opgestaan. Ek sal ook opstaan om die ewige lewe saam met God deur te bring.

“Jesus het na die tempel toe gegaan en die mense wat op die tempelplein besig was om te koop en te verkoop, daar begin uitjaag. Die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers het Hy omgegooi. En Hy het niemand toegelaat om goed oor die tempelplein te dra nie.

Toe het Hy die mense geleer en vir hulle gesê: “Staan daar nie geskrywe: ‘My huis sal ‘n huis van gebed vir al die nasies wees’

Die priesterhoofde en die skrifgeleerdes het dit gehoor en het na ‘n plan gesoek om Hom om die lewe te bring, want hulle was bang vir Hom, omdat al die mense deur sy leer aangegryp is.

Toe dit aand geword het, het Jesus en sy dissipels uit die stad uit weggegaan.” (Markus 11:15-19)

Vir my is dit treffend dat Jesus die woorde uit Jesaja aanhaal om God se bedoeling met die tempel te verwoord. Hierdie woorde: “My huis sal ‘n huis van gebed vir al die nasies wees.”

Jesus is oppad na die kruis toe. Geen twyfel dat Hy geweet het dat Hy aan die kruis ‘n wrede dood sal moet sterf nie. Hier is Jesus woedend omdat die tempel misbruik is om mense wat van ver af kom om te aanbid, uitgebuit word, maar wil Jesus die mense in die tempel net weereens daarvan bewus maak dat God se liefde al die nasies van die wêreld insluit.

Mag elke Christen hierdie Paasfees weer daaraan herinner word dat God die wêreld so liefgehad het.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: