PALM SONDAG

christ-crucified.jpg

Vandag staan in die kerklike jaar bekend as Palm Sondag. Dit is die dag wat In Markus 11:1-11 beskryf word. Die laaste keer wat Jesus in Jerusalem sou ingaan. Die Sondag voor sy kruisiging. ‘n Besonder dramatiese week in die lewe van Jesus en die lewe van die mensdom. Hierdie naweek wat voorlê is Paasnaweek. Die kerk oor die wêreld sal Jesus se sterwe en opstanding vier. Elke dag van hierdie lydensweekweek van Jesus was daar ‘n besondere  gebeure in die lewe van Jesus.

Toe hulle naby Jerusalem kom, by Betfage en Betanië op die Olyfberg, stuur Jesus twee van sy dissipels en sê vir hulle: “Gaan na die dorpie daar reg voor julle, en net soos julle inkom, sal julle daar ‘n jong donkie vasgemaak kry. Geen mens het nog op hom gery nie. Maak hom los en bring hom hier. En as iemand vir julle sê: ‘Wat maak julle daar?’ moet julle sê: Die Here het hom nodig, en Hy sal hom gou weer hierheen terugstuur.”

Hulle het toe gegaan en ‘n jong donkie by die ingang, buite langs die pad, vasgemaak gekry en hom losgemaak. Party van die mense wat daar gestaan het, het vir hulle gesê: “Waarom maak julle die donkie los?” Hulle het hulle geantwoord soos Jesus gesê het. Daarna het die mense hulle laat begaan.

Hulle bring toe die donkie na Jesus toe en sit van hulle klere op hom, en Jesus het opgeklim.

Baie mense het van hulle klere op die pad oopgegooi en party weer groen takkies wat hulle langs die pad afgebreek het.

Dié wat voor geloop en dié wat agteraan gekom het, het uitgeroep: “Prys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!

Geseënd is ons voorvader Dawid se koninkryk wat aan die kom is! Prys Hom in die hoogste hemel!”

5 thoughts on “PALM SONDAG

Add yours

  1. “Die Here het hom nodig, en Hy sal hom gou weer hierheen terugstuur.”

    Hierdie woorde kyk mens soms mis: Die Heilige Gees gebruik soms ‘donkies’ soos in die geval van Biliam om sy uitverkorenes van ‘n gewisse ewige dood te red.

  2. Ek wonder soms wat in Jesus se gedagtes omgegaan het terwyl die mense die palmtakke en klere voor sy voete neer gelê het, want hy het geweet dat dit dieselfde mense was wat sou skreeu; “kruisig Hom!”

    Sal ons ooit kan verstaan hoe groot Sy liefde vir die mensdom was en nog steeds is? Dalk het hy toe al gebid; “Vader vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle gaan doen nie.”

  3. Platter: Inderdaad die belangrikste gebeurtenis.
    Justine: Dit is dalk die rede waarom die Here mense soos ek kan gebruik en gebruik. Wat my altyd verbaas is dat Jesus hulle toelaat om hierdie hulde te bring, terwyl hy weet oor ‘n paar dae sal julle skree om My te kruisig.

  4. LOL nee wat Attie, jy is ver van ‘n donkie af…. inteendeel! Dit lyk dalk vir die wêreld of die wat aan Christus behoort dalk is, maar ons weet soms meer as wat ons voorgee……

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: