DIE STRYD TEEN MANIPULEERDERS (4)

Fisiese intimidasie is die vierde groep manipuleerders. Saddam Hoesein en Robert Mugabe en Adolf Hitler is waarskynlik goeie voorbeeld van sulke manipuleerders in die openbare oog.

Niemand hoef vir jou te se dat jy in ‘n fisiese intimideerder se teenwoordigheid is nie. Hierdie mense se teenwoordigheid straal ‘n onmiskenbaar dreigende boodskap uit. Hulle dreigemente, seermaak en afbrekende woorde en onvoorspelbaar teisterende optrede, laat ‘n mens met die verwagting dat onbeheerbare woede en selfs die moontlikheid van geweld nie uitgesluit is nie.

Die fisiese intimideerders sal dikwels in gesprekke spog met hoe hulle in die verlede soortgelyke mense in soortgelyke omstandighede hanteer en uitgeskakel het. Baie mense was al die slagoffers van die fisiese intimideerder, ‘n teen-reaksie is gewoonlik nie moontlik nie, omdat die spel te fyn was en die manier waarop die persoon ander mense deel gemaak het van sy/haar spel laat ‘n mens verslae, omdat jy heel waarskynlik vir verkeerde persoon gaan kwaad wees.

Sommige navorsers noem die optrede van die fisiese intimideerder selfs patologies.

Een van die maniere waarop die fisiese aggressiewe intimideerder ons ontwrig is deur hulle kragtige, genadelose aanvalle en pogings om die opposisie in die openbaar te verneder. Hierdie aanvalle het die doel om allerhande emosies van seerkry in die opposisie wakker te maak. Voorbeelde van die seerkry emosies wat die opposisie mag beleef is: Ongeregverdigde skuldgevoelens; ‘n gevoel van waardeloosheid; ‘n gevoel van onbekwaamheid; en natuurlik vrees. Hierdie is die fisiese intimideerder se valstrik en die geheim van hulle sukses. Wanneer die “prooi” hierdie gevoelens begin beleef, weet die fisiese intimideerder hy/sy het sy/haar prooi verlam. Alles is gereed om finaal toe te slaan en die prooi eens en vir altyd uit die weg te ruim.

Die rede waarom hierdie aanvalle effektief is, is omdat die fisiese intimideerder besonder vaardig is met hierdie tegnieke tot op die punt dat die slagoffers onwillig of nie in staat is om terug te reageer nie en dus is die moontlikheid dat die persoon gekonfronteer gaan word hoogs onwaarskynlik.

‘n Effektiewe reaksie teen die fisiese manipuleerder sou kon wees:

(i) Identifiseer die spel.

(ii) Luister na enige beskuldigings wat na jou kan toe kom, besluit of dit waar is, en maak ‘n regstelling indien nodig.

(iii) Moenie toelaat dat jy ontwrig word nie.

Belangrikste van alles: Kry afstand tussen jou en die fisiese intimideerder. Bly naby genoeg sodat jy kan weet wat aangaan, maar ver genoeg om seker te maak dat jy onder sy/haar beheer uit is en waar hy/sy jou nie die hele tyd kan dophou nie. Doen alles in jou vermoë om te verseker dat dinge so normaal as moontlik verloop – selfs en veral in sy teenwoordigheid.

Bitter min mense sal die waagmoed hê om na vore te kom en die fisiese intimideerder te konfronteer, maar daar is baie wat op die kantlyn staan en kyk en wag dat ‘n Dawid na vore tree om die Goliat uit te daag. Wanneer die fisiese intimideerder agterkom dat sy/haar dreigemente en kragtoertjies nie jou rustige ferm optrede kan ontwrig nie en nie gaan veroorsaak dat jy in vrees eenkant in ‘n hoekie gaan sit nie, gaan hy/sy die groot aanslag begin beplan. Wees geduldig, bly in beheer, moenie oor-reageer nie. Meeste van alles, moenie wraak neem nie. Dit is presies wat die fisiese intimideerder wil hê. Indien jy dit doen, sal jy elke keer verloor. Laat die wraak aan die Here oor. Hy sal op Sy tyd en op Sy manier.

Ek dink aan Jesus wat gesê het dat as iemand van ons ons bokleed vra, dan moet ons ook die onderkleed gee. En op ‘n ander plek dat ons so versigtig soos slange moet wees, maar so opreg soos die duiwe.

Elke keer wat jy in aanraking kom met die fisiese intimideerder se vrees-opwekkende tegnieke en taktieke, moenie toegee nie! Moenie weghardloop nie! Dit mag selfs wees dat jy onder die fisiese intimideerder se skerp en giftige tong deurloop en dat hy jou dinge toesnou wat bitter seer maak. In sommige gevalle mag daar selfs fisiese geweld by betrokke wees. Maar, wees geduldig. Vir elke aksie is daar ‘n reaksie.  Net soos jy moeg word, gaan hy/sy ook moeg word.  Net soos jy in die versoeking gaan wees om iets vinnig terug te sê, gaan hy/sy die selfde versoeking hê. Laat hom toe om die eerste skuif te maak. Al wat hy/sy nodig het is genoeg tyd en genoeg ruimte. Die fisiese intimideerder is ‘n ongeluk wat ‘n plek soek om te gebeur.

Onthou ook dat elke keer in die Bybel as God se volk bang was, bedreig was, of in groot gevaar was, omdat hulle vyand baie groter en sterker as hulle was, het God of een van die engele gereageer met die woorde: “Moenie bang wees nie!” Daarna het Hy voortgegaan om met sy onbeskryflike almag teen die oorsaak van sy mense se vrees op te tree en die vyand te verneder en magteloos en kragteloos ten toon te stel. In die meeste gevalle is die opposisie vernietig. Die Here doen dit vandag nog!

5 Kommentaar

Filed under Manipuleerders, Nagedink

5 responses to “DIE STRYD TEEN MANIPULEERDERS (4)

  1. Hi! Net n vraag. Hoekom publiseer jy nie die tipe goed in boekvorm nie? Daar is soveel mense wat nodig het om dit te lees…

  2. Plattertjie: Ek gaan eers nog ‘n bietjie meer navorsing doen oor die saak. EK is regtig verbaas oor die reaksie wat ek hierop gekry het. Dit lyk my dit is ‘n baie groter probleem as wat ek gedink het. Maar, dankie vir die wenk.

  3. Was n wenk en groot KOMPLIMENT! 🙂

    Is waar, baie mense ly hieronder en hieraan…. Sad and scary!

    En laat weet my seblief hoe dit met die wors-kind gaan?

  4. Die wors-kind was by die dokter en het goeie medikasie gekry. Hy het nog ‘n weeklank gestruikel-val, maar nou is hy weer piekfyn. Dankie vir jou belangstelling.

  5. Blommie

    Waar sluit ek aan om meer leesstukke of emails te kry van Attie se koffietafel, ek vind dit baie intressant veral die manupileerde stukke. Dit gaan my help.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s