DIE STRYD TEEN MANIPULERING (3)

DIE INTIMIDEERDER

Die intimideerder is meer aggressief as die “arme ek” en die “wegkruiper” en hy/sy gebruik hoofsaaklik kritiek om ander te beheer.Onthou manipulasie gaan oor beheer oor mense en situasies.

Dit is eintlik baie maklik om te weet wanneer jy in die teenwoordigheid van die intimideerder is. Jy sal skielik die gevoel kry dat gemonitor word, dopgehou word en gekritiseer word of gekritiseer gaan word. Die rede hiervoor is eintlik baie eenvoudig: Die intimideerder glo dat alle ander mense onbekwaam, onbevoeg en onnosel is en nie in staat om van enige iets ‘n sukses te maak sonder sy/haar inset nie.

Moenie toelaat dat die intimideerder jou in sy/haar wêreld intrek nie. Hy/sy funksioneer op sy/haar beste wanneer jy onseker is van jouself, jou oortuigings betwyfel en jy jou persoonlike ruimte en grense oorgee aan aan sy/haar intimiderende taktieke. Die intimideerder se taktieke is primêr daarop ingestel om ander sover te kry om te glo en te dink soos hulle glo en dink. Die intimideerder wil graag hê almal moet glo die wêreld is in algehele chaos en onveilig tensy hulle in beheer is. Die intimideerder is iemand wat beskryf kan word as ‘n self-aangestelde redder op ‘n wit perd. Intimideerders is genadelose perfeksioniste wat alles monitor met ‘n versmorende indruk van omgee en ‘n allesoorheersende, diktatoriale beheer.

Een van die mees effektiewe maniere om intimideerders te hanteer is om enige vorm van verdediging te vermy. Moenie kapituleer nie. Moenie ingee nie. “Name the game” sê hoe jy voel in sy/haar teenwoordigheid. Wanneer die intimideerder gekonfronteer word, verplaas hy met groot gemak en vaardigheid die blaam op die een wat konfronteer en op die manier beskerm die intimideerder sy/haar intimiderende houvas wat hy/sy op die ander het. Verwag hierdie optrede en berei daarvoor. Besluit (sonder om vas te val) of dit wat die intimideerder vir jou en van jou sê waar is of nie, en maak aanpassings indien nodig. Maar moenie toegee of kapituleer nie.

Nadat jy die intimideerder op sy werkswyse gewys het, moenie toelaat dat die intimideerder jou gewete word nie. Dit maak nie saak wat die intimideerder doen nie, bly aan jouself en aan jou eie oortuigings en beginsels getrou. Intimideerders verander nie maklik nie. Wanneer die intimideerder sien dat jou persoonlike grense sterk is en sy/haar tegnieke en taktieke nie ‘n impak op jou het nie, sal hulle eerder die verhouding opoffer as om te verander.

Weereens lê die antwoord in geduld, beskeidenheid maar selfversekerde ferm optrede. Te alle koste moet jy seker maak dat jou eie integriteit nie onder verdenking is nie. Wys jou ware karakter en kontroleer en beheer jou woede. Moenie toelaat dat die intimideerder jou frustreer nie, veral nie in die teenwoordigheid van ander nie.  Maak seker dat jou teenwoordigheid getuig van ‘n rustige ingesteldheid.

Indien nodig, oefen jou reaksies in die teenwoordigheid van ‘n vertroueling. Indien jy dit nie kan regkry ter wille van jouself nie, doen dit ter wille van die koninkryk van God. Jou vertroue op die Here en sy opstandingskrag verseker dat sy krag in jou swakheid volbring word. Indien jy daarin kan slaag om die intimideerder te ontbloot en aan te bande lê, sal dit goed wees vir jou en vir die mense rondom jou en die intimideerder.

9 Kommentaar

Filed under Manipuleerders, Nagedink

9 responses to “DIE STRYD TEEN MANIPULERING (3)

  1. Ek was met een getroud… En so sterk ek is, kon hy my nog steeds ‘onder kry’! As hy nie kon ‘wen’ nie, was geweld sy oplossing. Om weg te kom van so iemand is erg!

  2. 'n Sukker

    Skielik verstaan ek. Ek is ‘n redelik senior persoon in my omgewing. Ek wil graag na die beste van my vermoë funksioneer en ek luister graag as mense my wys op moontlike maniere om myself of my werk te verbeter, maar as ‘n reël luister ek en neem ek kritiek eers ernstig op as dit regtig van toepassing is.
    Behalwe hierdie een mens. Die persoon het die vermoë om my lewe deurmekaar te maak. Hy intimideer my met die vroomste gesig en ek besef skielik dat as ek klaar is met die afspraak wat hy gemaak voel ek soos bollie, soos Worsie sal sê. Ek weet al as die afspraak gemaak word dat ek een of ander tyd ernstig gekritiseer gaan word. Vandag verstaan ek ook hoe hy die hou-vas op my lewe gekry het. Hy het vir ‘n baie lang ruk net mooi dinge oor my gesê. Vandag kan ek nie meer onthou wanneer laas hy iets moois vir my gesê het nie.
    Intussen waarsku hy my dat iemand anders my manipuleer terwyl ek skielik besef dat hy as intimeerder in my lewe funksioneer.
    Ek gaan my voorberei – deeglik voorberei, vir ons volgende gesprek.

  3. Ansie

    Daars net een ding om te doen met ‘n intimideerder: VLUG!!

  4. Thinus

    Yes Doom, ek is hierdie een!! Ek vat dit dag vir dag, om reg te kom is baie moeilik, want as ek myself weer kry dan is weer so, dan moet ek weer vir my vrfou se ek is jammer, dis nou al so drie weke wat dit goed gaan, ek moet erken dat nederigheid en die bewussyn daarvan my baie help, en die feit dat ek weet ek nie my vrou besit selfs nie eers my kinders nie, en dat ek meer kan vermag met nederigheid en liefde as met intimidasie en geweld, ek speel graag die slgoffer ook, maak het nou ‘n afsku daarin en beskou dit as swak en pateties.

    Soos ek se dag vir dag……

  5. Plattertjie: Ek weet van ‘n hele paar vrouens wat uit vrees in die verhouding bly en dan nog die rol van die lojale en goeie vrou met groot oortuiging speel.
    Christen: Die vyfde inskrywing sal nog bietjie praktiese wenke wees. Maar sterkte. Ek dink jy doen die regte ding.
    Ansie: Ek stem saam, maar somtyds is dit net nie moontlik om te vlug nie.
    Thinus: Dankie dat jy jou paadjie met ons deel. Hoe meer ek oor manipuleerders lees, hoe meer besef ek dat “to name their game” is nogal belangrik. Ek weet hoe moeilik dit vir jou moet wees om te verander, maar ek gaan saam met jou bid vir hierdie uitkoms.

  6. Magrietjie

    Ek wil nie veralgemeen nie, maar hierdie ‘gedragsafwykinge’ is voorspelbaar. Ek het nog altyd vooraf geweet wat sy/haar volgende ‘move’ is.

    Dis byna soos ʼn man/vrou met wandelende voetjies; sy/haar verbale en nie-verbale gedrag skreeu dit uit en hulle projekteer dit dan op die slagoffer. Kort daarna skop die skuldigegewete in en dan betree Kersvader’ die arena. Sad, but true!

  7. Magrietjie: Ek dink jy is reg. In ‘n sekere sin is die optrede voorspelbaar, maar as mens weet kan jy voorbereid wees.

  8. kati

    nou wat as ek nou ‘n intemebeerder is??? is ek rerag so bad, dis nie dat ek dit sommer opsetlik doen nie, soms is dit net omat ek rerig dink dat ek reg is, en weet dat die ander verkeerd is. aan die ander kant dink ek, ek het baie eienskappe van ‘n intimudeerder maar is nie soos ‘n volle een nie, as ds. verstaan wat ek meen. maak dit my ‘n vieslike persoon, as ek soms sulke goed doen, want ek sien dit rerag nie as verkeerd nie, maar in die anderkant dalk intemideer ek dalk die vraag??????????????????????????????????????
    of hoe dan nou anders… moet ek verander en wat presies gaan of moet ek dan word?

  9. Kati: Ek dink nie almal wat hulle self handhaaf is intimideerders nie. Dit gaan oor die manier waarop jy jouself handhaaf. Wanneer jy weet dat jy reg is, hoef jy nie skielik verkeerd te wees nie. Ek dink die belangrikste is dat jy ook moet leer om te luister en die saak deur ‘n ander se oë te sien. As die ander persoon beleef dat hy/sy gehoor is, sal hy/sy ook na jou luister.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s