DIE INTIMIDEERDER
Die intimideerder is meer aggressief as die “arme ek” en die “wegkruiper” en hy/sy gebruik hoofsaaklik kritiek om ander te beheer.Onthou manipulasie gaan oor beheer oor mense en situasies.
Dit is eintlik baie maklik om te weet wanneer jy in die teenwoordigheid van die intimideerder is. Jy sal skielik die gevoel kry dat gemonitor word, dopgehou word en gekritiseer word of gekritiseer gaan word. Die rede hiervoor is eintlik baie eenvoudig: Die intimideerder glo dat alle ander mense onbekwaam, onbevoeg en onnosel is en nie in staat om van enige iets ‘n sukses te maak sonder sy/haar inset nie.
Moenie toelaat dat die intimideerder jou in sy/haar wêreld intrek nie. Lees voort “DIE STRYD TEEN MANIPULERING (3)”