Die “arme ek” manipuleerder het dikwels ‘n redelik passiewe benadering. Die wegkruiper daarteenoor, is minder passief. Die wegkruiper se doel is om ‘n wolk van onsekerheid rondom hom-/haarself te skep. Op die manier word enige iemand wat iets meer wil weet eintlik gedwing om vrae te vra wat dan gewoonlik op ‘n reguit en ontspanne manier beantwoord word. Hierdie reguit en ontspanne manier van vrae antwoord, skep dan dikwels die indruk dat jy hierdie ‘n tipe mens is wat jy presies weet waar jy met hom/haar staan. Intussen kruip die manipuleerder agter hierdie voorkoms van openlikheid en rustigheid weg.
M Scott Peck het hierdie manipuleerders beskryf in sy boekie People of the Lie. Deur hulle ontwykende optrede, takt en oënskynlike bekwaamheid skep hulle op ‘n afstand ‘n besondere indruk. Die probleem ontstaan egter wanneer enige iemand nader probeer kom. Die oomblik wat dit gebeur, onttrek die wegkruiper en word daar weer afstand geskep tussen die wegkruiper en die persoon wat toenadering soek. Die gevolg is dat daar onmiddelik weer ‘n wolk van ontoeganklikheid, onsekerheid en raaiselagtigheid rondom die persoon ontstaan.
Een van die verklarings wat vir hierdie optrede gegee word is dat die persoon bang is sy/haar geheime, vrese en werkswyses word ontbloot. Die oomblik wat hierdie dinge ontbloot word sal jy die wegkruiper se wapens uit sy arsenaal verwyder en sal hy/sy nie meer in staat wees om te manipuleer nie.
Die oorsaak van die optrede word deur sommige wetenskaplikes gegee as iets wat in hierdie mense se kinderjare gebeur het. Hulle is waarskynlik as kinders aangespreek omdat hulle gesê en gewys het wat hulle dink en wat hulle voel, of hulle is geleer of het geleer om hulle ware gevoel en emosie te onderdruk. As gevolg van hierdie gebeure leef die wegkruiper met die oortuiging dat mense nie vertrou kan word nie. Ek kry dikwels die indruk dat die wegkruiper sy eie werkswyse op ander projekteer en glo dat alle mense soos hy/sy dink en voel en optree.
Dit gebeur soms dat die wegkruiper as deel van sy spel vertroue en intimiteit wys en toelaat, maar sonder enige duidelike oorsaak of rede gebeur dit dat hierdie persoon op ‘n dag weer geheel en al toeklap. Dan draai die persoon skielik weer teen die een wat hy/sy so vertrou het en leef onder ‘n wolk van raaiselagtigheid en onsekerheid vir almal rondom hom/haar.
Die mees effektiewe manier om die wegkruiper te hanteer is om te alle koste geen verdedigende of verskonende gedrag te wys nie. Sulke gedrag is vir die wegkruiper olie op die vuur van sy angstigheid, vrees en wantroue.
Die oomblik wat die wegkruiper ook gewys word op die speletjie wat hy/sy speel, sal dit die einde wees van alle kommunikasie met jou en die mense rondom jou. Alhoewel jy op ‘n stadium die wegkruiper se bondgenoot en vertroueling was, sal hy/sy begin om jou te isoleer en die mense rondom jou ook.
Hierdie onttrekking en subtiele vyandigheid sal gebeur ten spyte van die beste pogings om hierdie persoon te help en emosioneel te versorg.
Dit wil voorkom asof niks die wegkruiper kan keer wanneer hy ander mense manipuleer en gebruik om hom te help om sy besluit om sy vyande te isoleer deur te voer nie. Dit word dan gewoonlik ook op so ‘n manier gedoen dat geen vinger na die wegkruiper gewys kan word nie. Inteendeel, aan die einde van die dag sal die geïsoleerde en ander mense daarvan oortuig wees dat die isolasie en afstand wat nou ontstaan het onvermydelik was.
Dit kan egter ook gebeur dat die wegkruiper in sy eie isolasie en ontoeganklikheid, swaarkry. Dit is onvermydelik dat die wegkruiper in sy isolasie van ander mense hom-/haarself al hoe meer gaan isoleer. In sulke gevalle moet ons baie versigtig wees om nie oorweldig te word deur onvanpaste skuld of eindelose selfverwyt nie. Hierdie is die manier waarop die wegkruiper funksioneer. Al waarvoor ons kan hoop is dat die Here op ‘n dag in sy groot genade hierdie mens sal help om sy/haar oorweldigende vrees en onuitspreeklike groot seer te hanteer en te genees.
Met ander woorde:
Moenie verdedigend of verskonend optree teenoor die wegkruiper nie.
Dink baie mooi aan die gevolge wanneer jy die wegkruiper wys op sy speletjie.
Wees bewus van dit waarmee die wegkruiper besig is en moenie toelaat dat hy jou deel maak van sy speletjie nie.
Doom, hierdie is so waar woorde, ek is al van Vrydag so gemanipuleer dat ek partykeer begin dink het, is ek verkeerd. Hulle is baie slim om ons skuldig te laat voel vir hulle dade. Ek het ook in die “trap” geval om verdedigend en verskoned op te tree, en na Maandag as ek n gesprek met M het, praat ek hom dood oor hoe lief ek is en maak asof ek nie die manipulering raak sien nie. Lyk my dit begin nou bietjie inskink by M dat hy dit nie sommer meer gaan regkry met my nie.
mense bly maar die interressantste spesie op die ou aardbol….. En by verre die gevaarlikste!
Eish Zee…. Vasbyt vriendin!
Attie, by the way, I’m like a pig in pooh in my nuwe plek! Dodelik moeg maar happy!
Zee: Hulle slaag daarin om mens skuldig te laat voel oor iets waarmee jy niks te make het nie. Sterkte. Is nie maklik nie.
Plattertjie: Hierdie mense is interessant, maar hulle is ook seermaak “tools”. Ek wens jou alles van die beste toe in jou nuwe plekkie. Geniet jouself gate uit.
(((attie))) En ek het n ketel….
*winks*