Die “arme ek” manipuleerder het dikwels ‘n redelik passiewe benadering. Die wegkruiper daarteenoor, is minder passief. Die wegkruiper se doel is om ‘n wolk van onsekerheid rondom hom-/haarself te skep. Op die manier word enige iemand wat iets meer wil weet eintlik gedwing om vrae te vra wat dan gewoonlik op ‘n reguit en ontspanne manier beantwoord word. Hierdie reguit en ontspanne manier van vrae antwoord, skep dan dikwels die indruk dat jy hierdie ‘n tipe mens is wat jy presies weet waar jy met hom/haar staan. Intussen kruip die manipuleerder agter hierdie voorkoms van openlikheid en rustigheid weg.
M Scott Peck het hierdie manipuleerders beskryf in sy boekie People of the Lie. Deur hulle ontwykende optrede, takt en oënskynlike bekwaamheid skep hulle op ‘n afstand ‘n besondere indruk. Lees voort “DIE STRYD TEEN MANIPULERING (2)”