OM MET HOOP TE LEWE

Ek het onlangs die verhaal gelees van ‘n seuntjie en sy pa wat lank voor die tyd beplan het om ‘n Saterdag te gaan visvang. Aangesien die pa ‘n baie besige program gehad het, het hulle weke voor die tyd op die datum besluit. Die seuntjie was baie opgewonde daaroor om te gaan visvang aangesien dit vir hom die lekkerste ding was om vis te vang en as hy dit nog saam met sy pa kan doen, soveel beter.

Die Vrydag-middag het hulle met baie groot sorg en opgewondenheid alles reggekry. As sy pa bietjie tee drink deur al die gewerskaf dan sit die seuntjie langs sy pa en hy drink ook tee. As sy pa sy vislyn nagaan, dan gaan die seuntjie ook sy vislyn na. Hy en sy pa is ‘n span. Wat die een doen, doen die ander een ook. Met groot opgewondenheid is die visstokke en die katrolle en die aas en die eetgoedjies en die stoele en alles wat jy aan kan dink reggekry en in die kar gepak sodat hulle die volgende oggend sommer baie vroeg die pad kan vat na die viswaters. Die hele middag het die seuntjie opgewonde gebabbel oor die lekker dag wat vir hom en sy pa voorlê. Hy het ook kort-kort vir sy pa verduidelik en gedemonstreer hoe hy gaan maak as daardie groot vis die volgende dag aan sy hoek kom knibbel.

Toe dit slaaptyd word was die seuntjie heeltemal pootuit en kon hy nie sy oë oophou nie. Hy het gebad en sy pa het hom in die bed gaan sit. Toe sy pa hom toemaak en nag sê, gee die seuntjie hom ‘n lekker drukkie en sê: “Pappa, baie dankie vir môre!”

“Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” (Hebreërs 11:1)

“Vader in die hemel, dankie vir môre!.”

16 Kommentaar

Filed under Nagedink

16 responses to “OM MET HOOP TE LEWE

  1. Christen

    Ag, nee. Daar loop die trane. “Ek plaas my more en my oormore in U Vaderhand. Dankie vir my unieke more.”

  2. HeLo

    Dankie Doom !

  3. Zee

    Doom, hier sien ek toe nou ook vir manlief en seun jare terug. As ek net die tyd kon terug draai!

  4. Christen: Die storie vul my hart met dankbaarheid vir more. Omdat ek weet more is in God se hand.
    HeLo: Self dankbaar.
    Zee: “Long time no zee” Laat mens dink ne!

  5. Zee

    Doom, ek sien jou elke dag, maak myself net nie so “visible” nie!

  6. Zee

    Mmm, en ekke sien onse blogs lyk amper dieselfde, lekker uitleg nê! 😉

  7. So, so kosbaar!!
    Dankie Doom!!!

  8. kyker

    Dis vir my een van die mooiste dinge in die lewe: Kinders se onvoorwaardelike vertroue en bewondering teenoor die wat hulle liefhet.

  9. Thinus

    Ek het nou weer hoop, om aan te gaan – ons gaan dit maak

  10. kyker: Ek beny kinders daardie vermoë.
    Thinus: Mense sê graag: Waar daar lewe is, daar is hoop. Christene sê: Waar daar hoop is, daar is lewe. Ons leef in hoop ons leef nie met hoop nie.

  11. Hallo Attie, ek kry sommer hoendervleis toe ek lees jy se vir Thinus “ons leef in hoop, ons leef nie met hoop nie.”

    Faith is confidence in the trustworthiness of God. It is the conviction that what God says is true and that what He promises will come to pass.

  12. Wat ‘n mooi boodskap. Dit laat my met nuwe oë kyk na die dinge wat ek en my seuntjie saamdoen. En dit laat my anders kyk na my lewe ook…

  13. Kiwi

    Dis so ‘n jammerte dat ons nie meer daai kinderlike opgewondenheid het oor more en sommer alles wat in ons lewens gebeur nie en dat ons dit so as vanselfsprekend aanvaar dat die Here wel more vir ons sal voorlê soos ons as mens dit wil hê. Dankie vir die boodskap – ek sien weer met nuwe oë en opgewondenheid uit na more. Dis soos ‘n geskenk, ek kan nie wag om dit oop te maak nie 🙂

  14. eish! Sit en kyk hoe hulle my trek laai… En ek stress! En toe lees ek die…

    Attie, dankie! ‘En Here, dankie vir more!’

  15. Lady:Geloof is vir my dikwels die verklaring van ‘n bereidwilligheid om met misterie te lewe. Mens kan nie sy jy glo sonder om ook soms te kan sê “ek twyfel” nie.
    Da Mario: Ons kinders maak soms ons oë oop die ander, parallelle werklikheid.
    Kiwi: Hoop is tog om soms die toekoms as vanselfsprekend te aanvaar omdat dit in God se hand is. More is ‘n sekerheid omdat my vader dit ‘n werklikheid gaan maak.
    Plattertjie: Sterkte met daardie trekkery, mensie. Laat weet hoe dit gaan. Mag jou more die somtotaal van al jou gisters oortref.

  16. Justine

    Dankie Almagtige Allerhoogste God, dat ek die vermoë besit om te kan hoop; vir dié wat ek in U hart neergelê het asook vir myself.

    Dankie dat U nooit te besig is om U oor ons te ontferm nie
    Dankie dat ons verlede, hede en toekoms in U hande is
    Danie dat U Alwetend is; dat niks vir U verborge is nie en dat U ons veilig bewaar in die Naam van U Seun Christus Jesus.

    Dankie dat U vir Attie seën
    Dankie dat Platt ook deur U beskerm word en spesiaal dankie dat sy ‘n steunpilaar is vir hom wat U liefhet. Mag sy U vrede diep in haar wese ervaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s