OM MET HOOP TE LEWE

Ek het onlangs die verhaal gelees van ‘n seuntjie en sy pa wat lank voor die tyd beplan het om ‘n Saterdag te gaan visvang. Aangesien die pa ‘n baie besige program gehad het, het hulle weke voor die tyd op die datum besluit. Die seuntjie was baie opgewonde daaroor om te gaan visvang aangesien dit vir hom die lekkerste ding was om vis te vang en as hy dit nog saam met sy pa kan doen, soveel beter.

Die Vrydag-middag het hulle met baie groot sorg en opgewondenheid alles reggekry. As sy pa bietjie tee drink deur al die gewerskaf dan sit die seuntjie langs sy pa en hy drink ook tee. As sy pa sy vislyn nagaan, dan gaan die seuntjie ook sy vislyn na. Hy en sy pa is ‘n span. Wat die een doen, doen die ander een ook. Met groot opgewondenheid is die visstokke en die katrolle en die aas en die eetgoedjies en die stoele en alles wat jy aan kan dink reggekry en in die kar gepak sodat hulle die volgende oggend sommer baie vroeg die pad kan vat na die viswaters. Lees voort “OM MET HOOP TE LEWE”

Blog at WordPress.com.

Up ↑