DIE GAPING TUSSEN LEER EN LEWE

Daar is ‘n groot gaping tussen leer en lewe; tussen geloof en gedrag; tussen dit wat Sondag bely word en dit wat Maandag beleef word.
Christene se Sondae is eintlik vol rituele. Dink maar net wat in eredienste gebeur. Daar is verskeie rituele wat plaasvind. gebeure wat ‘n ryk en mooi simboliese waarde het. Rituele wat heenwys na iets groters en mooiers as dit wat nou daar gebeur. Daar is inherent niks verkeerd met rituele nie, ek dink die probleem ontstaan wanneer rituele outomaties gedoen word sonder dat ‘n mens met jou emosies (hart) en jou keuses (krag) en jou denkpatrone (verstand) daarby betrokke is.

So het die profeet Jesaja die Here God se gevoel hieroor opgesom: “As julle kom om voor My te verskyn, wie het julle gevra om my voorhowe te kom vertrap?” (Jesaja 1:12)

Ontstellende woorde.  Later gebruik Jesaja nog sterker woorde om God se emosie oor die inhoudlose rituele te verwoord. Woorde soos: nutteloos; afsku; verdra nie; haat; ‘n las; moeg. Dan hierdie woorde in vers 15: “As julle julle hande in gebed uitstrek, sal Ek my oë vir julle toemaak. Selfs al bid julle hoe baie, sal Ek nie luister nie…” (Ek wonder soms of dit nie ewe veel van ‘n belofte is as die beloftes wat verseker dat God al ons gebede verhoor nie.)
Die  rede vir God se gevoel oor al die godsdienstige rituele blyk duidelik: Die gaping tussen leer en lewe en godsdiens en gedrag staan God nie aan nie. God soek nie aanbiddende “puppets” wat reageer wanneer die regte toutjies getrek word nie. God soek opregte toewyding – Let wel: Nie volmaaktheid nie.

God se profeet gee ook die oplossing: “Leer om weer goed te doen, sorg dat daar reg geskied, gaan die verdrukker teë. Laat reg geskied aan die weeskinders, behartig die regsake van die weduwees.” (Jesaja 1:17) Ek wonder hoe sou hierdie vers in ons omstandighede in Suid Afrika in 2008 geskryf word?  Wat sou die Here wou gehad het moet ons doen as ons wil goed doen?

Vers 18 is oorbekend. Dit is een van die tekste wat ‘n sleutelrol gespeel het in my persoonlike bekering in ‘n koffiekroeg op Oudtshoorn. “Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.”

Ek het ‘n vraag wat ek aan die teks vra, waarop ek nie ‘n duidelike antwoord het nie. My vraag is: In hoe ‘n mate is vers 17 ‘n wesenlike deel van vers 18. Met ander woorde is dit dalk moontlik dat ek deur die doen van die regte dinge, my intensies met my verhouding met God in so ‘n mate bekend maak, dat God weer kans sien om vergifnis te skenk en sy intensies met die verhouding wys? Ek vra omdat ek nie die antwoord ken nie.

Gelukkig het ek in Oudtshoorn in daardie koffiekroeg gereageer en die saak met die Here uitgemaak, maar ek moes ook al ‘n hele paar kere daarna teruggaan en weer die saak uitmaak wanneer ek ontdek dat my hande vuil is en my hart ver is en my gedagtes besig is en my optrede nie van God se barmhartigheid getuig nie.

“Dankie Vader dat U ‘n genadige God is. Ons is mense wat nie sonder U genade kan bestaan nie. U is onder geen verpligting om ons te versoen nie, maar U vergewe ons en herstel ons en versoen ons met Uself, omdat U wil. Leer ons hoe om U troon van genade met waardigheid te nader. Leer ons om in ons lewens ons bedoeling met U te wys. Leer ons om die gaping tussen leer en lewe uit die weg te ruim. Help ons dat daar ooreenstemming sal wees tussen die mense wat ons Sondag is en die mense wat ons Maandag is. Amen.”  

9 Kommentaar

Filed under BYBELLEESPROGRAM

9 responses to “DIE GAPING TUSSEN LEER EN LEWE

  1. HeLo

    Ds. Ek het ook al baie gewonder oor die een. Die vraag wat ek altyd vra is as ons sê dat 80% van SA is “Christene” hoekom gaan dit so sleg in ons land. Dit kan tog nie die ander 20% wees nie. Ons beleef sulke wonderlike eredienste en voel reg om die week aan te pak maar as ons by die hek van die kerk uit ry wil niemand jou ‘n kans gun nie of ry jou uit die pad uit by die stop straat WAAR JY veronderstel is om te S-T-O-P. Kom jy dan in die week in die wêreld voel jy so alleen. Al wat jy het is jou vriende wat ook jou selgroep is. My vraag weer: Is dit DIT? Is dit al wat ons het in hierdie dorp,land en wêreld om op staat te maak?

  2. Alec

    Die groot gaping tussen leer en lewe pla my ook baie. Nes ek dink ek kry dit reg om die twee nader aan mekaar te bring dan se myself vir my: Jy is nie ‘n katoliek wat jou saligheid moet verdien nie maar ai.

  3. HeLo: Ek dink ons moet daardie 80% Christene vergeet. Ons weet dit is nie waar nie. As ek kyk na die hoeveelheid mense rondom my wat sou “ja” antwoord in so ‘n sensus maar nie bereid sou wees om dieselfde te erken as hulle op straat gevra word nie, dan dink ek werk ons waarskynlik met iets nader aan 40%. Maar, ons belydende Christene sal meer kere moet erken dat die gaping bestaan en dat ons harder aan die oorbrugging van die gaping sal moet werk.

  4. Alec: Die Rooms Katolieke het ‘n waarheid gevat en daarmee te ver gaan. Ons oor-reaksie was om werke geheel en al buite rekening te laat en nou sit ons met nominale Christene. Dalk moet ons sê: Glo asof jou verlossing 100% van God se genade afhanklik is en dan gaan leef jy asof jou verlossing 100% van jou werke afhanklik is. Wat dink jy daarvan?

  5. Alec

    Dis die beste omskrywing wat ek nog gehoor het.

  6. When I say… “I am a Christian” I’m not shouting “I’m clean living”
    I’m whispering “I was lost, Now I’m found and forgiven.”

    When I say… “I am a Christian” I don’t speak of this with pride.
    I’m confessing that I stumble and need Christ to be my guide.

    When I say… “I am a Christian” I’m not trying to be strong.
    I’m professing that I’m weak and need His strength to carry on.

    When I say… “I am a Christian” I’m not bragging of success.
    I’m admitting I have failed and need God to clean my mess.

    When I say… “I am a Christian” I’m not claiming to be perfect,
    My flaws are far too visible but, God believes I am worth it.

    When I say… “I am a Christian” I still feel the sting of pain..
    I have my share of heartaches, so I call upon His name.

    When I say… “I am a Christian” I’m not holier than thou,
    I’m just a simple sinner Who received God’s good grace, somehow!

  7. en so kom kry ek weer my boost vir die dag! ((attie))

  8. Sammi: Dankie.
    Platter: Ons plesier.

  9. Ek dink God het deur Jesus, ontslae geraak van baie niksseggênge rituele en net ‘n paar vernaamstes oor gehou sodat ons eerder kan fokus, op dienswerke, tot opbouing van die gemeente(liggaam van Christus).

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s